6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hennie Botha Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -3 hours ago
Privaat boodskap Forum Herstel en terugvoering Geert -5 hours ago
Plaveisel Olifants River Lodge Geert -7 hours ago
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -12 hours ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -13 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -13 hours ago

Bathabile Dlamini

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek glo nie dit wat ek wil sê is politiek nie, maar die volgende interesseer my :-

Hoekom hamer die ondersoekende joernalistiek so daarop dat die bogemelde dame die 17 miljoen ontvangers van welsynstoegiftte in die steek laat deur die onsekerheid wat geskep is met die Sassa-debakel op 1 April 2017 ?  Is dit nie 'n bietjie sensasie-soekend nie ?  Dit is mos vanselfsprekend dat enige organisasie nooit sy gedugste ondersteuners wat hulle in hulle poste hou. in die steek sal laat nie.  (Die beste voorbeeld van hierdie stelling is in Zimbabwe waar Robert Mugabe nie een setel in die twee stede (Harare en Bulawayo) gewen het nie, maar in sy pos behoue bly deur die steun van die oningeligte meerderheid plattelanders waar hulle voor die verkiesing van kunsmis, saad en mieliemeel voorsien word).  Dus, vir my is dit 'n feit dat betaling van toegifte beslis op 1 April 2017 sal plaasvind.

Hoekom konsentreer die ondersoekende joernaliste nie op hierdie dame se grootste skandvlek, naamlik minagting van 'n bevel van die hoogste hof in die land nie ?  Hoekom is dit nodig dat die Black Sash, Cosatu en SAKP daaop moet wys dat  die armstes van aremes as skild gebruik word om die hoogste hof te omseil en dit dan as afpersing gebruik om 'n onwettige kontrak te laat voortleef.  

Ek kry die indruk dat laasgenoemde wat die eintlike growwe oortreding is, tweede fiool in die media speel.

Len Loader
Brackenfell, Wes-Kaap

2013 Nissan Pathfinder CDI & 2005 Jurgens Exclusive

DASSIE: Len Loader jy vat raak my maat en ek wil ook nie in die politiek betrokke raak maar ek dink hier is ander siniese redes vir die vetraging .Dis al in 2014 deur die hof bevind dat huidige verskaffer onwettig is maar so slomp die klomp en nou is die sper datum daar 31 Maart .Daar is te veel " mense " wat kickbacks kry deur die huidige verskaffer en wil nie die goue gans verloor nie .Ook No 1 se onvermoe om die skuldiges voor stok te kry .Kry die 17 miljoen nie hulle toelae einde van April gaan dit chaos wees in hierdie land en duidelik sal die ANC dan n Staat van Wanorde roep .O

FREDA: Ongelukkig het dit al duidelik geword dat elke keer as die sh!t die fan slaan, dan word daar gehamer en klem gelê op iets anders om die aandag af te trek van die eintlike probleem en foute wat gemaak was of ignoreer was.    Almal wat munt geslaan het uit die situasie, skerm en keer vir die eintlike viool om gespeel te word.

LEN LOADER:  Wat ek 'n antwoord voor soek is hoekom die media aanhou tokkel op iets (beweerde wanbetalings op 1 April) wat hulle netsoos ons almal weet dat betaling wel gaan plaasvind, maar die eintlike misdryf, minagting van 'n bevel van die hoogste hof, word maar net in die verbygaan oor gerapporteer.  Selfs JZ sê  kom ons wag om te sien of betaling gaan plaasvind voor ons oordeel, m.a.w. as betaling plaasvind, is niks verkeerd gedoen nie !

As JZ 'n misdryf ignoreer is dit nie 'n verrassing nie, maar as ondersoekende joernaliste 'n misdryf soos blatante miskenning van 'n bevel van die hoogste hof deur 'n dienende minister so "see to see" in die verbygaan rapporteer, dan vind ek dit onbegryplik.

 FREDA:  Ongelukkig is daar joernaliste wat om die vuur ronddans maar te bang is hul trap op 'n kool.  Is dit nie miskien dat die koeranthoof hul nie toelaat om die ware feite te noem nie?   Ek is jammer, maar meeste van wat jy deesdae in koerante lees moet met 'n knippie sout geneem word, almal keer vir hul eie "wickets".   Gelukkig sien ons die ware toedrag van sake op die lewendige TV uitsendings.

LEN LOADER:  Lyk vir my almal is maar skrikkerig vir hierdie afdeling van die forum ! 

Ek sien vanoggend  JM se manne herhaal weer die kanker in ons midde is die bogemelde dame wat die hele land en regstelsel gyselaar hou en nie die 17 miljoen toegif-ontvangers nie, wat beslis op 1 April betaal sal word .

Nou dat die Black Sash se hofsaak ophande is, mag die media dalk afklim van die sensasie-waentjie oor die uitbetaling op 1/4 en meer aandag gee aan die miskenning van 'n hofuitspraak.

0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus