Na 'n lang "aanhou" op die telefoon darem deurgekom na Ezibookings, om vir volgende jaar te bespreek. ek vermoed hulle fone lui onophoudelik.
Ons is baie gelukkig, ons bespreking is as volg;
Malelane-------4 Mei
Skukuza -------7 tot 13 Mei
Satara----------13 tot 19 Mei
Tsendze--------19 tot 25 Mei
P. Borwa -------25 Mei Safari park
Deposito betaal en sommer epos na Mopanie gestuur met staanplek voorkeure. Nou hou ons duimvas, gevra in volgorde vir nr 28, 26 en 29.
Skukuza dag 4
Vanoggend die pad gevat Tshokwane toe, eintlik om wild te kry, maar NEE. Almal kla omdat mens nie wild sien nie. As dit nie in die pad is nie, kan jy vergeet om dit te sien.
Gistermiddag en vanoggend se hoogtepunte, of sommer vir die mooi. Klipspringer by Hamilton se koppie.
Soos genoem 'n paar kere die arende raakgesien.
Skukuza vervolg
Die hiënakleintjies watons gister op S114 gekry het.
Vanoggend ou uil raakgeloop oppad Tshokwane toe. Hier was si oge oop, so tussen uiltjie knip deur.
Sabierivier vanaf hoogwater brug
Dankie vir foto's en meer
Ons is nog net twee weke tuis ná ons afgelope kuier maar ek verlang alweer terug soos ek hier lees. Julle was gelukkig om 'n klipspringer te kry. Ons het elke klipkoppie gefynkam maar hulle was net nêrens - miskien ook maar weggekruip vir die koue wind en reën wat ons in die Skukuza omgewing gehad het en verder noord was die hitte seker te erg (soos vir my).
Ek hoop dat julle lekker weer het en dat die diere nou bietjie wil begin rondbeweeg.
Skukuza dag 5
Ons het die wildehonde op Pretoriuskop-pad gaan soek, maar nie gekry nie.
Ons was na 7 dae egter gelukkig o trop leeus te kry by die Transportdam. Ook net betyds gekom om te siene te kry, voor hulle uit die oog gedrentel het.
Wessel in sy element?
Goed om te hoor dat julle die leeus ook raakgeloop het. Ek sien uit na nog baie foto's en vertellinge.
Sandvlooie in Satara enTsendze
Ons vakansie is verby, op 13de sleep ons terug huistoe. Ons het by die huis al gehoor dat genoemde kampe erg besmet is, maar gedink dit kan nie erg wees nie.
In Skukuza het ons egter 2 gesinne ontmoet wat uit Satara kom. Mense dis erg, hulle is gebyt tot by knieë. Die een vrou seg dat hulle beddegoed ook later vol vlooie was. Volgens hulle help niks, nie Dettol, Tabbard, bloekomolie of wat ookal nie. Dit jeuk ook erg, en niks help daarvoor nie.
Ek kon nie 'n verlenging in Skukuza kry nie, ook nie in Malelane of B&D nie. Ek het nie lus vir die kampe Pretoriuskop of Maroela nie. Die pad huistoe vandaar, staan my nie aan nie.
Nou sal ons maar bedink wat is volgende stap, gaan ons nog Augustus Mokala toe, of kanselleer ek dit saam met res van toer na Baviaanskloof. Dalk probeer ek weer plek in Kruger kry, in Malelane, B&D of Skukuza.
GEERT: deel die sandvlooi nuus op ander forum, daar is lede wat saam met my in Tsendze sou wees. Ten minste is hulle dan ingelig oor die vlooie probleem.
Goeie hout: Ons maak deesdae kos by woonwa, baie makliker as om alles saam te piekel.
Ai Wessel,
dis jammer om te hoor dat julle oppak. Ons het wel net twee aande in Satara gekamp maar was gelukkig die vlooiplaag gespaar, selfs al het ons tot laataand om die vuurtjie gekuier. Geniet julle laaste dag môre en veilige terugpad huis toe.
Sandvlooi plaag
Sjoe, ek moes paar keer lees om seker te maak ek lees reg dat jy jou verblyf kort moes knip agv Sandvlooi plaag by Satara en Tsendze. By Satara,,,is dit in die kampeer terein of chalets? My broer se seun het April skool vakansie daar gestaan vir n week en het hom nou gevra of hy so iets ervaar het...hy sê niks nie? is dit iets wat nou onlangs uitgebreek het? Of is dit beperk tot sekere gedeeltes van die kamp? Op die ander forum het n persoon ook terugvoering gegee oor Satara, maar sy klagtes het meer gehandel oor water tekort en elektriese probleme....nie sandvlooie nie
Sal graag wil hoor, want n sandvlooi is nie aangenaam om mee te kampeer nie
Jammer Wessel
Ai dit is nooit lekker om kostes aan te gaan en dan werk daar goed teen jou nie.
Sterkte met die oppak en terugreis huistoe.
Sand vlooi
Ek het nou op facebook die vraag gevra hoeveel mense het ook onlangs die plaag ervaar. Klompie mense sê hulle is glad nie gebyt nie en dan kry jy klomp wat vertel hoe erg hulle gebyt is....sommige Skukuza dr toe. Ek het nie kennis nie, maar van die mense sê dis nie sand vlooie nie, maar sand vliee? Dan was daar al 3 wat gesê het al wat werk is om n lang roek aan te trek....verwys ook na wat Wessel noem dat Tabart en soortgelyk nie werk nie. Die een ou was paas naweek daar....hy sê hy bet nou nog litmerke op sy bene. . Google AI sê mens moet iets soos Jeys Fluid gebruik. So ek sal maar langbroek inpak as ons gaan
Teleurstelling......
Ai Wessel, baie jammer dat 'n moontlike onaangenaamheid in die Wildtuin julle toertjie moes kort knip. Ek het al op 5 Mei die indruk gekry dat jy nie hierdie jaar 'n gelukkige Wildtuinbesoeker is nie, selfs in die aanloop tot die Wildtuin was die ryery nie aangenaam nie en nou sandvlooie !
Waar spuit jy....
Jeyes fluid of miere/vlooie gif, gaan nie volkome werk om net staanplek te spuit nie. Mens loop tog ablusie toe, kookhuisie dalk, of net winkel toe.
Nee wat, ek is lekker bemoerak, want weens verskeie redes het ek baie na die vakansie uitgesien. Veral na Satara en Tsendze.
Gaan nou kyk of daar plek is in Kalaghdi, wat ek met Mokala bespreking kan koppel
Lower Sabie
Ek weet jy hou nie van Lower Sabie nie, maar daar het nou plek oopgegaan vir die volgende 2 weke.
Of as jy plek vir vanaand kan kry, Berg en Dal kan vanaf môre help....miskien oorstaan by Pretoriuskop of selfs Malelane golf club
Ai Wessel
Ai Wessel, dis sleg om oor hierdie rede te moes kanseleer. Kon jy darem jou betaalde besprekings aanskuif na iets anders sonder om geld te verloor?
Hierdie luise het seker uigebroei oor al die baie reen wat daar is? Ek het nou besluit om volgende jaar die Augustus gryskop tyd aan te pak....beter veld vir besigtiging (tov ruig) en uitbroeisels van diertjies na reen seisoen is seker minder?





Skukuza dag 3....
Dit is my grootste vrees. Ek het min.
Want ek kan nie met karavaan reverse. En oom OLI kom van voor. Dit is my ergste vrees. Ek laat altyd my swaer, dirk voor ry so n kilo voor dan weet ek as daar moeilikheid is. MY ARME Swaer. chris B jy weet van hom.
Mooi aand almal. Ek het n heerlike kerrie potjie gemaak.