Nou ja, die Springbokspan wat moet speel teen die Franse is bekendgemaak. Daar is baie goeie spelers onder hulle, Warren Whitely is (vir my) 'n waardige en die regte kaptein.
Nou hang dit af van afrigting en wat die spelpatroon gaan wees. Die Bokke kan weer ons almal se ondersteuning verdien. Ek hoop van harte hierdie jaar gaan dit gebeur. Ek wens hulle net die beste toe. Weer so!! Bokke!!
Lolla, ek sal moremiddag 'n…
Lolla, ek sal moremiddag 'n slapie moet inkry sodat ek kan wakker bly om te kyk. Dit is darem wonderlik dat ons vir die eerste keer in baie jare iemand in 'n "grand slam" finaal het. Ek het regtig gemengde gevoelens daaroor, so ek gaan maar van die standpunt uit, "may the best man win".
Die Bokke kon gister se…
Die Bokke kon gister se toets wen maar ai ???
Ons bokkies kon gewen het,…
Ons bokkies kon gewen het, moes gewen het. Is ons tevrede ? glad nie! Hulle is tot beter in staat, en ons en weet dit - hulle weet dit. Dit is seker goed dat ons gelyk op gespeel het, want as hulle met die ontleding van die wedstryd kyk sal hulle sien waar die fout lê. Hopelik sal hulle regmaak. Casiem en Skosaan bly maar problematies. Beast is nou amper reg vir aftrede. Hierdie span is ligjare beter as laasjaar en vroer.
Sien almal stil
Sien almal stil oor bokke dis soos n broer innie tronk jy like hom maar bly maar stil. Ons bokke volgens my kort n senter wat lyn reguit maak n loskakel wat bal uitskop en nie innie ouens se keelgate. N heelagter wat flair het en ja n afrigter wat n plan B het of hoe?
Dit was beter Saterdag maar…
Dit was beter Saterdag maar dit was ook nie beter nie. Als wat jy sê is waar, Shaun. Die Bokke het meer as genoeg balbesit gehad maar kan dit net nie afrond tot punte nie. Elke keer gaan daar iets verkeerd met die hantering. Maak my moedeloos.
Bokke het hulle kanse…
Bokke het hulle kanse verspeel, weereens moes hulle gewen het. Probleem bly maar verkeerde keuses van spelers. Dreyer is 'n goeie speler, nie op bokvlak nie, te veel geval en strafskoppe afgestaan. Heel agter hol soos 'n mal ding na nerens en skop ook na nerens. Casiem het ons 'n guns bewys toe hy af is. Louw se tyd op die vlak is ook al verby. Ons blameer die spelers, maar die groot probleem lê nog steeds by die afrigter en sy helpers. Ons het die keer die bal mooi laat werk, dit lyk beter. Mallet, het dit mooi opgesom! ons speel nie na ons krag nie. Ons was nog altyd sterk in die skrum en baas in die lynstane, ons skopwerk was ook stukke beter as nou. All Blacks het weliswaar die Argentyne geklop, maar hulle kon hulle nie so 'n drag slae gee soos ons gekry het nie. Ons gaan wel verloor teen hulle, maar ek glo nie die marge sal weer so groot wees nie. Sonder Coetzee en grapjaste kan nog beter gewees het.
Ek wonder wat sou Dries…
Ek wonder wat sou Dries Botha gesê het oor deesdae se rugby? Sy geliefde blou span en die bokke kompeteer oor wie kan die swakste wees.
Oom Janwillem, is dit jou span se beurt die jaar?
Belaglik....
Ek lees dat Brendon Venter sê die Bok ondersteuners moet ophou om net wen-rugby te wil sien. In daai geval moet hul eerder ophou rugby kyk!!!! Vir hom gaan dit nie oor wen nie, dit gaan oor "performance". Hul is besig om span te bou!!
Bou hul nie reeds span sedert die vorige Wêreldbeker nie? Hoe lank wil hulle nog bou?
Hy moet oppas dat daar nie 'n "Spur" op hulle getrek word oor sulke uitlatings nie....
Paar keuses ?
Rudi Page, Damen Dalende, Andries Coetzee spelers wat ek by huis so los go bokke go
Ierland, Frankryk, Italië, Wallis
Wel gister is die Bokke weg om die vier lande te gaan speel.
Ek wil hê hulle moet onoorwonne terugkeer. Niks minder as dit sal my tevrede stel nie. Hierdie is hul kans om te bewys daar steek nog iets in hulle.
Voor langs sag maak
As ons voorlangs goed doen behoort ons games oorsee te wen laas jaar as ek reg onthou het ons 3 van vier games verloor ons agterlyn sal moet wakker wees wie kies julle op die is dit Jantjies, of Pollard?
Jantjies of Pollard?
Moeilik om te sê. As Jantjies die dag reg speel is hy 'n aanwins, maar hy het maklik "af" wedstryde. Pollard is beter op verdediging en aanval, Jantjies bietjie lig. Allistair sal seker begin met Jantjies en later met Pollard vervang. Dan sal dit interessant wees om te sien hoe hulle vergelyk. Ons het verbetering nodig by die skakelpaar.
Freda jy praat
Jy praat waar Freda ons skakel paar moet uit haal en wys en ons senters nog nie aan die brand gepeel nie ek mis ook vir Duane Vermeulen
Almal stil
Swak is dit die regte woord vir bokke se agterlyn pateties ja afrigter moet ook skuld kry maar ons vleuls , senters en heelagter swak onder hoe bal wat gaan met hulle verdediging
Bokke
Wat my aanbetref was die hele span net eenvoudig SWAK VERBY! Die voorspelers was pateties en die agterspelers nog patetiessiesher! Al gevoel wat ek gekry het tydens die hele wedstryd was SKAAMTE. Hulle was 'n verleentheid vir SA en vir die Springboktrui.
Ek voorspel hulle gaan verloor teen Frankryk Saterdag, maar as hulle DALK sou wen, sal dit hulle belaglik laat lyk. Hoe kan 'n span 'n maand gelede die All Blacks so te sê van hul voete afspeel, toe so swak teen Ierland en dan wen hul weer die volgende wedstyd? Dit rym eenvoudig net nie.
Die hele afrigtingspan moet gefire word en dan moet hulle 'n kaptein kry wat leiding kan neem op die veld en nie lyk of hy 'n spook sien nie.





Tennis US Open
Freda! Die tennis môre gaan great wees! Wens ek kon daar wees. Lekker aandjie verder vir almal.