Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
11 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -14 minutes ago
10 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -28 minutes ago
9 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -44 minutes ago
GOOGLE Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago
GOOGLE aanteken Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -3 hours ago
Hennie... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -5 hours ago

Springbokke

Port Elizabeth
Submitted by Frieps on

Nou ja, die Springbokspan wat moet speel teen die Franse is bekendgemaak.   Daar is baie goeie spelers onder hulle, Warren Whitely is (vir my) 'n waardige en die regte kaptein.  

Nou hang dit af van afrigting en wat die spelpatroon gaan wees.   Die Bokke kan weer ons almal se ondersteuning verdien.  Ek hoop van harte hierdie jaar gaan dit gebeur.   Ek wens hulle net die beste toe.   Weer so!!  Bokke!!

Middelburg

Noel

Sun, 04/11/2018 - 07:53

Die Bokke se voorspelers was baie sterker as die Rooinekke maar die Bokke het het ons teleurgesteld. Bokke het die goeie spelers maar moet nog leer om soos kampoeiene te speel en te behou soos All Blacks

0
Port Elizabeth

Frieps

Sun, 04/11/2018 - 10:29

Ons het nou weer gekyk na die skouerloop van Farrell op Esterhuizen aan die einde van die wedstryd.   Dit was so onwettig!!  Mens kan nie glo dat die skeidsregter die eindfluitjie geblaas het, ipv 'n strafskop gee nie.  As Pollard dan kon oorskop, het ons gewen.

0
Port Elizabeth

Frieps

Sat, 10/11/2018 - 17:54

Julle ken my....   Ek moet maar iets sê oor die Bokke vs Frankryk vanaand.  Die Bokke het regtig 'n goeie span en as hul net nie so baie onnodige foute maak nie, kan hulle wen.  Hopelik is Malcolm Marx weer op vorm vanaand.  Sekerlik kan hy nie verlede week se swak spel herhaal nie.  Ek is baie bly Faf de Klerk is weer daar vanaand.   Kom ons hou maar styf duim vas vir hulle.

Ons gaan maar 'n lekker groot vuur maak om bietjie later eers te braai.  Sodoende die aand bietjie rek om op en wakker te bly tot 10 uur en dan nog die hele wedstryd te kan kyk.   Sal dan eers rondom middernag in die bed kom.  Bietjie van 'n moeilike opdrag vir die Antie, maar as die Bokke my kan wakker hou, sal ek dit maak.

0
Port Elizabeth

Frieps

Sun, 11/11/2018 - 06:56

Bokke het 29=26 gewen, Voories.   Die wenpunte in die laaste oomblikke van die wedstryd gekry.  Hulle het maar weer teleurgestel.  Ek sê eerder niks!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus