Hier was n draad oor Eerbaarheid of so iets, eksoek nou daai draad maar kry dit nerens?
Kan iemand help?
Snaaks, ek sien en of kry…
Snaaks, ek sien en of kry ook nie nou daai draad nie, en is aangeteken.
Len, nee die opskrif was…
Len, nee die opskrif was iets soos eerbaarlikheid, n woord wat ek nog nooit gehoor het nie.
Die skrywer het vir Spekkies vasgevat omdat Spekkies ne die woord geken het nie.
Ek self sal graag daai woord beter wil leer ken
Verbasend...
Verbasend was dit ek en die onderwerp verwyder om onenigheid te voorkom.
Verder wil ek niks meer betrekking tot die forum wees nie, daarom mag admin my maar afskop en blok om aan te teken.
Dankie en Groete
Nou watse nonsens is dit…
Nou watse nonsens is dit hierdie?
Hier sit en worry ek die forum is stukkend. Ek onthou die draad en soek hom toe ook maar kon niks kry nie.
(Sien ek in my geestes oog hoe die hele platform weer oorgebou moet word asgevolg van n wurm wat forum drade eet!)
draad wat weg is
Weet nie wat het gebeur nie Voortrekker maar DK klink baie ongelukkig
Anton, Voortrekker
Wou byvoeg, onthou met my registrasie, het jy vir my ń "password" gekies en daarom verskyn die delete aanwyser daar.
Ek het ondersoek ingestel en…
Ek het ondersoek ingestel en alle lede Mog hulle eie onderwerpe delete.
Nou mag lede net insette edit en delete.
Ek het nie woorde nie.....
DK, wanneer gaan jy leer om jou nie aan Spekkies te steur nie? Hy het nie 'n persoonlike vendetta teen jou nie, my vriend. Dis hoe ons hom ken en meeste van ons het al 'n beurt gehad.
Wie sal jou nou aanvat oor 'n WOORD, van alle dinge? Ek hoop nie jy word nou van vooraf vir my kwaad nie, maar ek het al voorheen vir jou gesê jy is te sensitief en neem dinge te persoonlik op. Daar is niks fout nie, glo my, dit is net in jou verbeelding. Jy het nou die dag hier gekom, nou wil jy alweer loop. Ons het almal 'n reg om hier te wees, of ons nou verkeerde woorde gebruik, verkeerd spel, skewe opinies het, onnosel is en selfs al weet ons niks van kamp nie, maar ons maak of ons alles weet.![]()
![]()
SPEKKIES?…
SPEKKIES?
Ek wou sê ek het hom onlangs hier sien rondsluip. Oom Arie ons soek daai kelner se lepel om vir SPEK oor die vingers te tik.
Ek is nie seker of Spekkies…
Ek is nie seker of Spekkies verkeerd opgetree het nie?
Ek self is ook maar dom en ken glad nie daai woord nie.
Ek wou graag seker maak en dan ook maar my skoolgeld terugvra.
Hehehehe aaaai ja jaaai…
Hehehehe aaaai ja jaaai
Party mense is so voorspelbaar soos die 7uur nuus.
Ek het al van eerlik, eerlikheid, eerbaar en sulke goed gehoor, maar nog nooit van eerbaarlikheid nie. Bestaan die woord dalk net in die DK woordeboek? Toe wonder ek maar sommer. Toe vra ek en nou is daar weer issues? Dalk kan oom Len van die Kaap dalk help. Hy ken moes die goed.
Ou DK, lees bietjie wat het tannie Freda hierbo gese. Lees mooi stadig en dink daar oor.
En dan,
"Verder wil ek niks meer betrekking tot die forum wees nie, daarom mag admin my maar afskop en blok om aan te teken"
Shame man. Hoeveel keer het jy dit al gese? Wil jy he iemand moet jou gatlek om asb nie die forum te verlaat nie? Gaan jy dan beter voel? OK, hier is dit: Moet nie weggaan nie hoor. Die forum gaan nie dieselfde wees sonder jou nie. Tevrede?
Hier is nog so paar senitiewe outjies op hierdie tiepe van forums. As jy jou gat oor so iets wil wip, moet dan liefs nie deelneem aan publieke forums nie en chat maar op jou whatsapp groepie.
baai for now
Ek is nie op Whats Up nie,…
Ek is nie op Whats Up nie, maar drink darem 7Up, sal dit ook werk?
Ons vra dat lede mekaar sal…
Ons vra dat lede mekaar sal respekteer en nie op hierdie forum mekaar tot uiterse sal tart nie. Ons verstaan dat oor en weer grappigheid en ligtelike spottery deel is van die mensdom en vra asseblief dat lede nie te sensitief sal optree nie en dat spotters en narre ekstra sensitief sal wees teenoor ander lede.
Ek het probeer help..............
Spekkies, ek het Arie probeer help met sy soektog na die betrokke draad, maar het hom ongelukkig van die wal af in die sloot gehelp - dit was toe nie die draad wat hy gesoek het nie.
Spekkies, noudat jy my opgehef het as die ou van die Kaap wat dalk kan help, het ek in HAT gaan kyk want ek weet baie, maar nie só baie nie. HAT verduidelik twee soortgelyke woorde, maar nie presies soos die woord ter sprake nie :-
- Eerbaar : agtingswaardig, jy weet, iemand soos jy !
- Eerbaarheid : HAT sê dit is 'n bw . Ek kan ongelukkig nie uit my skooldae onthou waarvoor dit staan nie en raadpleeg toe weer HAT, maar lees toe per ongeluk die lyntjie daaronder : "'n vrou wat buite egtelik met 'n man saamlewe" = bywyf !
Ek hoop dit help .
Nuwe woorde...
Daar bestaan seker plek in die taal vir nuwe woorde. Die persoon wat die woord eerste gebruik moet tog seker nie met klippe bestook worre net omdat hy die woord gebruik het nie.
As ek reg is dan is die doel van enige taal tog seker \kommunikasie. As ek verstaan wat die persoon/ skrywer of verteller vir my wil sê waarom dan nou opgewonde raak.. Ek dink daar is baie belangriker dinge in die lewe as om oor sulke klein goedjies n grasgat gevoel te wil kry.
Nee Grasgat gevoel is nie in die HAT nie.
Woorde
Na lese van al die kommentare voel ek dat ons almal n vakansie dringerd nodig het .Die werk en die land se frustrasies kom duidelik deur ek weet as ek die dag buierig is kom ek glad nie op enige Forms nie .Ek wil n klip in die bos gooi beteken "eerbaarheid " dalk dieselfde as hulle praat van ons 'Honourable Members " in die Parlement ( hardloop en koes)





Dalk is jy uitgeteken?…
Dalk is jy uitgeteken?
Sekere drade is net sigbaar as lede aanlyn is.