Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Morganbaai en Yellow sands Oos Kaap oorde Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel, Yellowsands is… Oos Kaap oorde Herman Goossens -1 hour ago
Herman G Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago
Johann.... Oos Kaap oorde Wessel Strydom -2 hours ago
VSA Oos Kaap oorde Johann L -2 hours ago
Ja, ons geniet die somerweer… Vakansiebeplanning 2026/27 Herman Goossens -3 hours ago

November saampraat

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Jan Meyer skop die maand af met sy verjaarsdag (wat toe 'n fout is). Vele meer word jou toegewens Jan (wat ek sal herhaal op 19 Nov). Mag jy vinnig volkome herstel na jou operasie.

Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sat, 15/11/2025 - 18:43

Wie het rugby gekyk vanmiddag? Wat n patetiese poging om die stem te sing. Darem bly ons het Italië gewen....al was dit 14 man teen 17 (ref en tv ref)

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 15/11/2025 - 20:04

...is dit dieselfde park waar leeus karre se bande stukkend byt en agterop voertuie spring??

Dis so jammer dat sy nie maar, soos versoek, die venster toegehou het nie. mens onderskat totaal die reaksietyd en versnelling van die groot katte nie.

Ek wonder tog wat het die leeu so laat optree, karmusiek, parfuum reuk ???

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 15/11/2025 - 21:30

Ek het ook die wedstryd gekyk, Geert, maar tot die gevolgtrekking gekom dat ek rugby glad nie meer verstaan nie. Sal 'n ander liefhebbery moet kry in die plek daarvan.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 15/11/2025 - 22:12

Die berig (hier bo) is uiters ontstellend. Mensegedrag verander nie, so kan daar 'n herhaling wees van so iets. Dit is inderdaad dieselfde park waar 'n motor se bande stukkend gebyt is (ten minste een geleentheid waarvan ek bewus is). Ek kry die indruk dat die leeus hoogs gefrustreerd is. Alles omdat hulle in 'n hok moet bly (dit word 'n kamp genoem....)!! Gaan iets verander? Ek glo nie.

En Kevin Richardson, self maar baie omstrede, sê nou al die regte woorde. Ai.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sun, 16/11/2025 - 05:50

Dit moes aaklig gewees het om so n aanval te moes aanskou. Miskien is hierdie ook weer n storie wat 3 kante het. Ons sal nooit die waarheid weet as daar nie beeldnateriaal is nie. Die kans dat leeu sy kop deur die venster druk en passasier aanval is seker daar, maar ek het al baie gevalle gesien hoe mense buite hul karre hang om net n mooier kiekie te kan neem. Al n hele paar gevalle gesien waar hul op die oop vensters sit. Dan bo op dit geluide maak om leeu se aandag te trek sodat hy kyk vir nog mooier fotos. Afgelope besoek toe ons in Satara was, het daar paar leeus plat gelê in gras....gevolglik nie veel om te sien nie. Die mense agter ons het toe iets na die leeu gegooi....ek vermoed dit was n ysblokkie. Daai 2 leeus het so geskrik en opgespring en aanval geluide gemaak...ons het geskrik. Maar dis wat mense doen. Dis hoekom ek sê.. dit klink heel onwaarskynlik dat die leeu net opgestaan het, na die kar geloop het, sy kop deur die venster druk om iemand aan te val of eet. 

Mense moet ook verstaan wat die naam WILDE dier beteken 

....leeu gaan seker ongelukkig weer aan kortste end trek

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 16/11/2025 - 08:43

My ver kinders het in 2004, twee jaar nadat hulle vir die eerste keer Roemenië toe verhuis het, nog nie permanente inwonersregte gehad nie en hul visums was slegs geldig vir 12 maande. Dit het beteken dat hulle jaarliks moes terugkeer Suid-Afrika toe om hul visums te hernu (hulle kon dit nie in Roemenië doen nie). Daardie jaar (2004) ervaar hulle toe groot probleme om hulle visums te bekom. Ek en Ralie het 'n bespreking vir kampering in Mata Mata en Nossob gedurende Augustus gehad - en dit het beteken dat my dogter en skoonseun toe saamgaan omdat hulle nog in Suid-Afrika gestrand was.

Ek en Ralie was toe reeds by twee geleenthede by Unie-end. Vir diegene wat nie bekend is met Kgalagadi nie - dit is die mees-noordelike punt aan die SA-kant van die park. Ons besluit toe om dit ook vir die kinders te gaan wys.

Op pad na Unie-end vlieg daar eenklaps 'n swart kraai langs ons voertuig saam met ons - skaars 'n meter weg van voertuig. My skoonseun, wat agter my gesit het, draai toe sy ruit af en hou 'n aartappelskyfie uit. Die kraai vat dit toe uit sy hand, gaan sit op die grond en eet dit. Toe ons verder ry, vlieg die kraai weer saam, kom sit teen die voorruit en later op die syspieël waar hy lank gesit het en saamgery het.

Ek het nog altyd gewonder oor die mak kraai. Waar sou dit vandaan kom? Was dit 'n kraai wat hans grootgemaak is en op 'n manier in Kgalagadi beland het? Was hy by piekniekplekke deur toeriste gevoer (ons was juis toe naby aan Lijersdraai piekniekplek)?

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 16/11/2025 - 15:54

Ek het vergeet om in my vorige plasing te vra dat Mnr Boucher ophou om my lus te maak vir die spesiale plek. Op ‘n ernstige noot, dankie vir die lekker vertellinge. Doen so voort. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 16/11/2025 - 18:06

Vandat Sanparke die eerste wilderniskampe in Kgalagadi in bedryf gestel het, het ek 'n begeerte gehad om van dié kampe te besoek. Ons is tot op datum nie gerat (lees: beskik nie oor 'n 4x4 nie) vir Gharagab en Bitterpan nie, maar in 2007 was ons bevoorreg om Grootkolk, Urikaruus en Kieliekrankie te besoek. Kalahari Tented Camp (KTC) word nie gereken as 'n wilderniskamp nie, maar tog gee dit aan jou 'n bykans soortgelyke atmosfeer. Gevolglik is laasgenoemde ook ingesluit by ons 13 nagte vakansie gedurende Mei 2007. Die reisplan het bestaan uit 2 nagte in Twee Rivieren, 2 nagte in Nossob, 2 nagte in Grootkolk, nog 2 nagte in Nossob, 2 nagte in KTC, 1 nag in Urikaruus (ek kon nie 'n tweede aand kry nie) en afgesluit met 2 nagte in Kieliekrankie.

Grootkolk is, wat my aanbetref, dié kamp in Kgalagadi. Ons was bevoorreg om die linkerkantste tenthuis te kry. Ek plaas 'n foto of twee van ons "woning" vir die 2 aande.

Let op die braaiplek in die "sandsak" muurtjie om die stoep.

Grootkolk

Grootkolk

Die "kombuisie" op die stoep.

Grootkolk

Die wildsuiping is onder die kameeldoringboom in die agtergrond.

Grootkolk

Die braaiplek van nader gesien.

Grootkolk

Slegs 'n flou solar-stoepliggie verskaf 'n bietjie lig by die braai. Net om 'n idee te gee hoe donker dit anderkant die lae muurtjie is - die enigste skeiding tussen jou en die ongediertes aan die ander kant - sluit ek hierdie foto in (die uwe was toe nog 18 jaar jonger en lyk ongetwyfeld nie meer so nie).

Grootkolk

Maar was die ou donner bang om daar te staan en braai. Ek het maar kort-kort met my sterk flits anderkant die muur in die veld in geskyn. En ek was nie verniet "jittery" nie. Die volgende oggend terwyl ek besig is om die bakkie te pak met ons padkos vir die dag, vestig Ralie my aandag op wat by die suiping aangaan - leeus!!

Grootkolk

Die volgende nag het hulle (die leeus) die kamp op horings geneem. Ons was salig onbewus van hulle teenwoordigheid. My buurman het gewys waar hulle agter sy tent gespeel het en hulle wakker gehou het. Die kamp-opsigter het die volgende oggend gesê dat hy maar sleg geslaap het, want die leeus het teen sy huistent se pale kom skuur.

Dit is net jammer dat dit deesdae 'n bykans onbegonne taak is om 'n bespreking in Grootkolk te kry - veral as jy laat bespreek soos wat ek vir volgende Oktober doen.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 16/11/2025 - 19:47

....Smal. Nou kom die verskuilde verwysings na "voordele van 4x4 voertuie" ook nog herhaaldelik na vore. Hoe moet ek nou die groepsdruk weerstaan!!!!

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 17/11/2025 - 07:25

Ek lees lekker saam, dankie. Jammer dat jy nie hierdie foto's en vertellinge onder 'n eie Kgalagadi-draad begin het nie.

Hierdie week gaan ons seker min hoor.....koekies en beskuit bak - Ralie moet mos 'n ruskansie kry van alledaagse werkelaugh

 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 17/11/2025 - 07:29

Soortvan te bang om te vra, maar wonder tog hoe julle visvang naweek afgeloop het - baie reën het redelik wyd geval....

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 17/11/2025 - 08:02

Hierdie week gaan ons seker min hoor

... binne enkele minute op pad Somerset-Wes toe om die vrieskas se glylaai by 4x4 Megaworld te laat uithaal uit die huidige Hilux. Môre is dit oogafsprake en Woensdag is Ralie gou in die hospitaal vir 'n dagprosedure. Donderdag pak en Vrydag die pad vat Hartenbos toe.

Ek het nog twee dinge wat ek wil deel i.v.m. vorige Kgalagadi-besoeke. Ek kom dalk later vandag daarby uit.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 17/11/2025 - 10:49

Volgens 'n artikel in die Citizen vandag, wil dit blyk dat ek en Grootwind te gou afgetree het. 

Daar word groot verwagtinge geskep van, uraanverryking, brandstofvervaardiging en dan natuurlik wegdoening.

Voeg daarby die konsep van Small Modular Reactors [SMR's] in die vorm van ons plaaslike PBMR program, of dan Pebble Bed modular Reactor.

So hartseer, al die genoemde aspekte was ten volle operasioneel by Necsa en PBMR tot so ongeveer 2012. Die PBMR program was onafhanklik van Necsa, maar die brandstof loodsaanleg was op Necsa terrein, en die PBMR personeel het reeds uitstekende brandstof geproduseer. 

Om die volledige brandstofsiklus  te laat herleef, gaan 'n GROOT personeel en finansiële uitdaging, oor 'n lang periode verg. 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Mon, 17/11/2025 - 11:14

So waar Wessel. NECSA het die vermoeê gehad om van die PBMR brandstof werk te doen, maar het nooit die vermoë of mense gehad om die aanleg se ingenieurswerk te doen nie, en het dit nou ook nie. boonop is daar maar min van die brandstof span oor. Terloops die FDL (brandstof) labs is blykbaar toe onder die stof so ek dink daar is min hoop dat die weer funksioneel kan wees...sal 'n volledige her-ontwikkeling verg. Maar gesien die paar individue wat die nuwe PBMR of dan SMR projek van die grond af wil kry, beginnende vroeg in 2026, hou ek nie my asem op dat die ding sal werk nie...dalk voer hulle 'n klomp Russe en Sjinese in? Ten spyte daarvan sal ek instem tot 'n 15 jaar ooreenkoms! Dan kan ek dalk 'n nuwe karavaan koop!

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 17/11/2025 - 11:22

Hoe gaan ons by werk kom??? Op daardie ouderdom en met ons ervaring sal hulle vir ons twee moet chauffer, soos in ou dae met die swart Chevroletslaugh

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus