Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Toe word ons dors Kruger 2026 Rona du Plessis -43 minutes ago
Steeds lekker vooruitsigte - vir Chris Vakansiebeplanning 2026/27 Rona du Plessis -1 hour ago
Meiringspoort status Pad en roete inligting Wessel Strydom -1 hour ago
Sterkte Chris Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -1 hour ago
Chris B Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -2 hours ago
Chris Kanselleer Vakansiebeplanning 2026/27 Chris Boucher -2 hours ago

November saampraat

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Jan Meyer skop die maand af met sy verjaarsdag (wat toe 'n fout is). Vele meer word jou toegewens Jan (wat ek sal herhaal op 19 Nov). Mag jy vinnig volkome herstel na jou operasie.

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 03/11/2025 - 15:04

Ek het chalet no 7 bespreek vir die naweek in Bontebokpark. Dit is die chalet met die mees onbelemmerde uitsig oor die Breederivier. Die vriendelike dame by Ontvangs het my verseker dat no 7 op ons sal wag. Hieronder volg 'n paar foto's van toe ons laas in Augustus 2020 in no 7 gebly het.

Bontebokpark

Bontebokpark

Bontebokpark

Bontebokpark

Bontebokpark

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 03/11/2025 - 16:06

Chris B, ek sien veral uit na jou verslag met fotos oor Ebb & Flow. Ek bedink nog ons kusoorde vir volgende jaar, na die Baviaanskloof besoek.   

... jy hoef nie verder as Ebb & Flow te soek nie. Dit is ongetwyfeld een van die beter Sanparke. Die park word netjies onderhou. Ek plaas sommer nou 'n paar foto's.

Ons bly hierdie keer weer in een van onderstaande Log Chalets. Netjies!!! Daardie vuurkantige kontrepsie regs voor op die balkon is jou braaiplek.

Ebb & Flow Die lieflike kampeerterrein (uitstekende gras-staanplekke) op die oewer van die Touwrivier.

Ebb & Flow

Ebb & Flow

Ebb & Flow

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 03/11/2025 - 16:33

Dankie vir fotos en bevestiging. Dit lyk voorwaar geheel netjieslaugh

0
Kaap

Goeie Hout

Mon, 03/11/2025 - 16:51

Chris B ek geniet Bontebok.  Heerlik.  My binnelandse toer 2027 gaan weer daarom ry.

Geert die naweek gaan ons kamp.  Ons gaan RUSTIG by Onrus rivier wees vir die naweek dan sal ek die awning vir jou wys.  Daar in grabouw is n outdoor uitstalling so ek wil dit ook bywoon.  

Geniet die duitsers.  Goeie mense.  Ek weet want ek is self een.

Daai vuurtjie in een van jou fotos is seker buite...

 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 03/11/2025 - 16:52

Nounet ou Grompie gaan haal, na sy 40 000km diens. Gelukkig was  daar niks abnormaal wat moes aandag kry nie. 

Inspeksie diens, olie vervang en al die filters, tot kajuitfilter is vervang. Dit sonder dat ek gevra het daarvoor.

Wel die gemoedsrus kos my R2940 in totaal, waarvan R1150 die arbeid uitmaak.

Interessant, die Duitser het my afgeraai van 'n DeGraaff vryvloeistelsel. Blykbaar kan ek 'n beter stelsel elders vind. Die uithaal, of blok van die EGR stelsel moet deur kundiges gedoen word, daar is gepaardgaande herprogramering betrokke.

Dit wil blyk dat hierdie ou konserwatiewe Hilux drywer maar weer eendag 'n standaard roesvrye stelsel sal opsit. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 03/11/2025 - 17:28

...dankie, dit lyk baie mooi en netjies.

Wat is daai rondawels in agtergrond, in 2de foto??

Ek sien jy het jou gansies mooi opgelynlaugh

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Tue, 04/11/2025 - 06:50

Verskooon asseblief my afwesigheid (-:    Ek was bietjie Ethiopië en Saudi toe gewees.

Jonika gaan vandag in Kloof hospitaal toe om haar stoma te "reverse" sodat sy weer normaal kan funksioneer.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 04/11/2025 - 06:54

....ek sal aan julle dink. Ek glo dat ons Almagtige God met Jonika al wees, en dat alles voorspoedig sal afloop.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 05/11/2025 - 17:52

Hoop Jonika is al amper by die huis. 

Karoo N Park se onlangse fotos wys dat dit droog lyk, en dit is toe bevestig as " horingdroog". So ons sal nie gaan besoek nie. Hier by my raak dit ook al ernstig, ons sit voer uitvir die bokke, so spaar ek die veld bietjie.

November is ņ groot maand hier. 3de was ons 47 jaar getroud en volgende week is ek alweer ń jaar ouer, en deesdae dommer. Verbasend die simpel foute wat ek maak.  Gelukkig is die nagevolge nie ernstig nie, eintlik komies. laugh

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Thu, 06/11/2025 - 08:54

Jonika se operasie het goed afgeloop.  Dokter het gesê sy sal 4-5 ure in teater wees, maar sy was na 1&1/2 uur klaar omdat die dokter met die stoma operasie alles alreeds in plek gesit het vir die omkeer operasie.   Sy moet nog so 'n paar dae in die hospitaal wees waar sy gemonitor word met die dat haar duk derm weer moet begin werk doen.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 06/11/2025 - 11:32

....lekker om goeie nuus te hoor. Onthou daar is deesdae beter hulpmiddels op die mark as kasterolie.laugh

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sat, 08/11/2025 - 21:40

Hulle 1ste SA YouTube video is gelaai. Ek gelp hulle nasr idees gee waar om te gaan. Hulle wou Drakensberg sien....ek het paar opsies gegee, hulle het toe Mahai gekies omdat hul hou van mooi natuur eerder as oord fasiliteite. Reen en slegte weer het hul besluit om Oos Transvaal toe te gaan. Ek was verbaas toe hulle my gister WhatsApp en sê hulle is in Nelspruit. Hulle wil n dag of 2 wildtuin toe gaan, maar moet volgende Saterdag terug in Pretoria wees. Die plan is om nou 2 dae te staan by Panorama in Graskop en dan 2 dae by Swadini. Vandaar gaan hul Knp toe via Orpen hek....kon 1x aand in Satara kry en 1x aand in Skukuza. Voorstel is dan om uit te gaan by Malelane en N4 huistoe. 

video
0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 09/11/2025 - 10:56

...daardie swemgala op Bonnievale. word dit aangebied in die skool se swembad, die ene onder die laerskool, tussen die tennisbane  en bokant die rugbyveld??

Indien wel, dan het ek menige somers middae daar afgekoel. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 09/11/2025 - 16:29

Ja Wessel, dit is reg langs die laerskool geleë. Hulle praat egter van Hoërskool Bonnievale (wat aan die onderkant oorkant die sportvelde geleë is). Die swembad is 30m en ons kinders oefen hier by De la Bat by die NID se swembad wat net 25m lank is. Neffens NID is die munisipaliteit se swembad wat 50m lank en 6m diep aan die diepkant is omdat dit ‘n hoë duikplank het. Dis nie ver van ons huis af nie, en op warm dae soos vandag hoor ons die kinders daar baljaar terwyl ons in ons agterplaas swem. Ons gaan juis nou weer duik. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 09/11/2025 - 19:38

Dis so jammer dat baie skool swembaddens op ou mate gebou is. Weet nie wat die spesifikasie was nie, maar ongelukkig is die kortste bad nie 25m nie.

Ek neem aan dat vir amptelike galas die Bonnievale bad verkort word na 25m. Al is dit dan met tydelike struktuur wat wegspring is, of die omdraai kant. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 09/11/2025 - 20:05

Ek neem aan dat vir amptelike galas die Bonnievale bad verkort word na 25m. Al is dit dan met tydelike struktuur wat wegspring is, of die omdraai kant. 

Nee, hulle swem die volle lengte - van 7 jaar tot 12 jaar oud. Interessant genoeg het beide ons kinders vinniger geswem per meter Vrydag as in die 25m swembad twee weke gelede met ons swemskool se gala.  

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 10/11/2025 - 18:45

Ek sien in Maroela media vanmiddag dat Nossob veral so goeie reën gehad het. Blykbaar oor die 200mm die afgelope periode. Daar word verwag en voorspel dat die rooi duine baie vinnig oortrek gaan wees met gras. 

Ons het in Mei 2019 die Kalahari so ruig en gras oortrek gekry.  

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus