'n Man gaan sien die dokter want hy voel nie wel nie.
Die dokter ondersoek hom en gee vir hom 'n voorskrif.
Handig die voorskrif in by die apteek en kry sy medisyne.
Stap by die apteek uit en gooi alles in die rioolpyp af langs die apteek.
Apteker sien dit en kom toe uit en vra hom waarom hy dit dan weggooi. Dit kos mos geld.
Sy antwoord:
Kyk, ek het nie wel gevoel nie toe gaan sien ek die dokter. Hy ondersoek my en gee vir my 'n voorskrif. Ek betaal hom toe want hy moet mos lewe.
Ek bring toe die voorskrif na jou, kry my medisyne en betaal jou daarvoor. Jy wil ook mos lewe.
Apteker se toe dit is reg, maar gaan aan
Sy antwoorsd is toe: Ek gooi dit toe weg want ek wil ook lewe
Tannie Poppie
Tannie Poppie, dis nou my wederhelf was lank terug n apteker en apteek bestuurder voor sy verveeld verveeld geraak en aanbeweeg het in die mediese wereld.
Nou van pille en alles wat "gesond" maak kan jy haar niks vertel nie!!
Ek en die arme bloedjies by die huis is te bang om siek te word want tannie Poppie glo medisyne maak jou partykeer sieker as wat jy is en word 99.9% onnodig voorgeskryf deur dokotelas wat van oorskot pille wil ontslae raak.
Kyk, mens of dokter koop mos maar meer pille by die rep met die laagste hals en langste bene.
Gelukkig het ons, ons persoonlike internis en hospital en weet ons kry die regte pille en goedjies om ons darem weer op die been te bring.
Tannie poppie
Frikadel ek hou baie van Auntie Freda se nuwe naam Tannie Poppie he he he .Nou wonder ek net wie hier gaan Wors wees ![]()





Ha-ha
Ja, ek wonder hoeveel mense is al sieker gemaak deur pille, eerder as gesonder!!