Ek het maar nuwe draad begin waar ek in toekoms Ballito kuiers gaan deel
Seelewe
Hallo Geert !
Dankie vir die pragtige video met dolfyne wat saam met die boot swem.
Ek verwonder my altyd oor groot swerms voëls wat saamvlieg sonder om inmekaar vas te vlieg, En hier sien ons dolfyne wat bymekaar swem en feitlik gelyktydig na bo kom en dan weer afduik, sonder om in mekaar vas te swem en dit nogal teen minstens dieselfde spoed as wat die boot vaar !
Terwyl ek so na die dolfyne kyk word ek sommer ook seesiek as ek na die golwe om die boot kyk. Ek sal maar van die kant af met 'n verkyker dolfyne se geswem geniet !
Verandering in die weer?
Laaste foto: Lyk taamlik dik bewolk. Gelukkig staan die bome nog regop wat miskien 'n teken is van min wind??
Foto detail: toemaar, met bietjie verbeelding is ons ook daar en kan alles sien - selfs die see ruik.
Hotdog braai
Aangesien weer nie ideaal is vir strand sit nie, braai ons maar hotdogs op elektriese braaier.
Hotdog braai
Geert. Dit is hoe jy vakansie hou. En ek geniet ook so nou en dan n glasie klippies. Ek neem aan dit si klippies en coke. Mooi man.
Daardie blikke sous rek ek altyd. Braai eers n ui, dan voeg ek greenpeppers en garlick by en dan die blikke. Dit moet lank vat want ons wil mos n koue ook geniet.
Geniet dit.
Weermag wessel - bly hulle het ook diesel om rond te vaar.
Lekker naweek almal.
Geniet die laaste voldag van…
Geniet die laaste voldag van julle wegbreek. Ons hou duimvas vir die Bokke vandag. Ek sal nou nie moeite doen om Mosambiek toe te gaan vir die wedstryd nie - ek gaan sommer hier by Ursinialaan 26 in Kleinmond kyk.
Jy sal my in 'n wip kan vang…
Jy sal my in 'n wip kan vang met 'n lekker bunny chow. Ek love dit. Eintlik enigiets met kerrie is een van my swakpunte.
Briljant! .....
die verbyvlug-dough nut
Tipies SA - ons sal dit máák gebeur.
Hou duim vas vir 'n wen.
Hoor hier
Julle is awasome. Donuts en Zoo koekies.
Ai maar ek was gestress toe trek ons dit deur.
Onthou ek haat n NZ en hulle ondersteuenrsssss
Mooi naweek verder.
Geert, wat het jy op VARKNEK gesit.
Ek wil more kinders bederk met n COBB n vark nek.
Lekker aand almal.
Lekker gelag
Daai2 manne op FNB stadion met hul pilot klere was vir my classic ...lekker gelag
Afskeid
Vandag gaan ons swaar van die see afskeid moet neem. Weereens die week agtergekom hoe vrek lief ek is vir die see. Gaan die oggend koffies op die balkon mis met die mooi son opkomste. Walvisse en dolfyne wat daagliks hul verskyning maak. Wandelinge langs die see.....en...en....en. Uber kom haal ons eers na 5 vanmiddag, ons vlug is eers 21h30. Ek kom bittermin hierdie tyd van die jaar see toe en was baie verras om te sien hoe baie walvisse hier te sien is. Ek oordryf nie as ek sê ons het ten minste 5x per dag die walvisse gesien nie. Veral as die see rustig is, sien mens hul baie maklik.
Terwyl ek hier tik, het hierdie dolfyne verby geswem.....seker kom groet







Dolfyn en Walvis video
.https://www.facebook.com…