Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Geniet Ballito Geert - Ballito Rona du Plessis -1 hour ago
12 dae Geert - Ballito Geert -3 hours ago
Dinokeng Camp and Leisure November 2026 Geert -3 hours ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Wessel November 2026 Rona du Plessis -6 hours ago
Anton Voortrekker November 2026 Wessel Strydom -8 hours ago

Geert - Ballito

Pretoria
Profile picture for user Geert
Submitted by Geert on
Forums

Ek het maar nuwe draad begin waar ek in toekoms Ballito kuiers gaan deel

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 30/08/2026 - 08:13

... smaak my julle kuier in "style". Vir hoe lank? Geniet!!

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sun, 30/08/2026 - 14:23

Sondag middag braai. Mag nie vuur maak op die balkon nie. Dit was egter skrikwekkend gewees om te sien die hoeveelheid vet wat agter gebly het in water van skaap tjops 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 30/08/2026 - 22:25

Ek dink met so 'n uitsig maak dit nie saak of dit kole, elektries of gas is nie. Weet nou nie van wind nie, maar dit lyk wel asof dit 'n mooi dag was. Kuier lekker verder.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 31/08/2026 - 07:12

RONA.....gister was nog bietjie winderigheid, maar vanoggend n mooi windstil oggend met n gladde see...hoop dit bly so

CHRISB....ons kom Sondag 6 September terug

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 31/08/2026 - 07:23

Gister middag mooi sighting gehad van walvisse en vanoggend al 2x gesien, maar is rustig vanoggend....nie so "spelerig" soos gister middag sin nie. Dis die 1ste keer dat ek walvisse aan Natal se kus sien....seker omdat ons gewoonlik net oor Desember en Januarie gekom het. Ek het videos...sal kyk of ek erens n mooi foto kan neem.

Nog geen dolfyne gesien nie

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 31/08/2026 - 07:27

Ek ken nie daardie deel van ons ook land nie. Maar jou sonsopkoms-foto's laat my onwillekeurig dink aan die pragtige sonsondergange by Dwarswegstrand. Aai - ek sien sommer uit na ons twee weke in een van laasgenoemde se strandfront-woonstelle Jan/Feb 2027.

Geniet jou week van rustigheid Geert.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 31/08/2026 - 18:02

....so bietjie oor die roste geklouter....pragtig die see lewe in poele

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 31/08/2026 - 21:47

op die rotse en in rotspoele is vir ons ook 'n groot aantreklikheid. Mens kan jou verkyk aan al die soorte diertjies met hulle verskillende kleure en vorms. Sommige op die rotse is so klein en sensitief dat dit verstommend is hoe hulle aangepas moet wees om te oorleef tot die volgende hoogwater.

Dankie vir die foto's, ek ruik sommer die see....

Dolfyne sorg ook gewoonlik vir groot vermaak. Geniet dit!

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 01/09/2026 - 14:23

....'n ryk man, dan koop ek 'n boswa met ordentlike tent. Dan kan ek ook met geruste gemoed langs see gaan uitspan.

Geert, geniet jou seevakansie!!!!

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 01/09/2026 - 19:55

Dié outjie lyk onvriendelik en dit klink asof hy 'n mens nog minder vriendelik laat voel.

Ek moes uit nuuskierigheid eers gaan oplees oor hierdie gedierte. Daar is verskillende soorte - o.a. ook 'n varswater een wat eetbaar is. Nee wat, dan gaan hengel ek eerder in die hoop op 'n varswater Sardientjie.

Kleintyd het ek 'n "trofee' van so 'n Puffer Fish gesien. Dit was in 'n lamp omskep. Ek onthou die grootte as +/-  25x30 cm met 'n blouerige kleur op die rug. Indrukwekkend gewees.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 01/09/2026 - 21:05

In my strand-hengeldae honderde blaasoppies van hoeke afgehaal. Sover ek verstaan moet jy nie sommer net aan n blaasoppie staan en kou nie,kan jou effe lam laat.

Daar is egter mense wat baie betaal vir n stukkie Blaasop-sushi. Die Shef  moet glo sy 10 000 ure insit voordat hy papiere kry.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Wed, 02/09/2026 - 07:19

Ons wil n trip op boot doen om moontlik die walvisse van nader te sien, maar die organiseerders wil graag 6 mense op boot hê....ons is net 2. Hoop daar is ander wat nog wil aansluit op trip

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Wed, 02/09/2026 - 13:45

Was toe vanoggend op n boot trip. Wat n pragtige onbeskryflike ervaring. Dolfyne seker 2 m en walvisse 10m van ons af. Ons was so 5-6 km in die see. Hierdie is skermgrepe van videos geneem....sal later videos laai op YouTube 

0
Kaap

Goeie Hout

Wed, 02/09/2026 - 20:43

Geert so bly julle sien dit.  Ai ek geniet jou fotos.

My droom is om weer saam met n skilpad te swem.  Ek is n gekwalifiseerdeerde diep see duiker maar die met Mantas te swem, maar ai...hulle kom nie op ons dieptes.

So in struisbaai is daar Mantas wat gevoed is dan trek ek my skoene uit en gaan loop met hulle....

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus