Ek het maar nuwe draad begin waar ek in toekoms Ballito kuiers gaan deel
Safair teleurstellend
Hierdie keer was Safair baie teleurstellend gewees. Op die lughawe aangekom het die dame by Check-in vir ons gesê die een tas wat ons het kan ons neem as hand bagasie. Net voor ons op vliegtuig klim, stop Safair personeel oms en sê tas is te groot. Ons moes toe eenkant staan en wag vir ander personeel om te help. Personeel is op radios besig om ander personeel te roep. Intussen voel jy soos n krimineel....mense wat verby stap sien jy moet eenkant wag terwyl ander personeel op radios is vir hulp. Ons verduidelik aan personeel dat dame by incheck adviseer het om tas as hand bagasie te neem. Safair se personeel sê toe ons moet R385 betaal vir daai tas. Ons sê dis reg, maar nou moet hul eers wag vir n personeel lid met kaart masjien. Intussen is alle ander mense reeds op die vliegtuig....net ons wag nog buite met Safair personeel. Seker na 10 minute waar almal wag op vliegtuig kom onvriendelike man aan met kaartmasjien wat ook sukkel met sein, maar op oulaas deurgaan. Ons het heel agter in vliegtuig gesit....dit was aaklig om van voor tot agter in vliegtuig te loop, voel dat oë op jou gerig is.....mense wonder seker waaroor is ons gestop by hekke en nou laat op vliegtuig klim. Ons moes ook self daai tas na die vliegtuig neem....Safair personeel sê hulle doen dit nie.
Terugvlug. Ons het ons kaartjies geskuif na n ander vlug van ons keuse, maar moes toe n R600 penalty betaal plus die verskil in vlug tarief wat totaal omtrent R1300 maak. Woensdag kry ek n boodskap dat daai vlug gekanseleer is....klink asof daar te min mense op daai vlug is en hulle bespreek jou automaties op n ander vlug. Nou is my punt....ek moes R1300 penalty betaal om op n ander vlug van my keuse te wees, maar dan kanseleer hulle dit en skuif soos hulle wil.
Ons het laas SAL baie meer geniet
Wessel
Nee....my idee is nie om enige geld terug te kry nie (dink buitendien hulle sal gecover wees met hul kleinskrif) Vir my was dit veral die vertrek vlug waar hulle ons soos "kriminele" laat voel het....dis hie hulle mens behandel wat my pla. Ons het vlug kaartjies later die jaar ook by hulle.....sal graag refund vir dit wil hê sodat ek by ander maatskappy kan bespreek.
Goeie Hout
Goeie Hout.....ek het vir jou antwoord geplaas onder die Cobb draad.





Vertraging
Het eers 01h15 tuis gekom. Wind het seker gaan lê want vlug was lekker smooth gewees