Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hot Rock - steeds nie die einde nie.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago
Dankie Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -12 hours ago
 Daar is n veld, wat so… Oktober 2026 saam gesels neef Herman -13 hours ago
....  wel natuurlik die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -14 hours ago
Johann jy sit my nou aan die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -14 hours ago
Iphone Toep wat aflyn kan wys waar… Johann L -14 hours ago

Kroonstad opsies

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Nou weet ons van drie plekke in omgewing;

Jukskei park: Volgens Maurits nie aangenaam nie. Dalk moet hy vertel wat gepla het

APK werf: nog net goed gehoor/gelees van die plek

The Barn: Wat ek kon vind, is dit ook witlaken huisvesting in 'n dubbelverdieping skuur. Maurits moet meer vertel

Kroonpark : klink of mens dit moet vermy!!

Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 12/08/2026 - 17:35

... dourie jare by 2 geleenthede in Kroonpark oornag. Die eerste keer was nog in Kroonpark se "heydays" - glad nie sleg gewees nie. Die tweede keer was in die laat 90's op 'n Sondagaand. Watter nagmerrie met dagbesoekers! Daar en dan besluit - NOOIT WEER NIE!!

Ek het al Jukskeipark oorweeg, maar het al te veel negatiewe kommentaar daaroor gelees - wat Maurits weereens bevestig het. Brian (van CPC-forum) is baie "chuffed up" met die APK se kampering.

Ek het intussen terugvoering gekry vanaf ene Zahn Olivier van Kroonstad APK. Volgens haar is dit 'n boomryke terrein met kragpunte, ablusies, veiligheidskameras en hekbeheer. Hulle tarief is R220 per nag (vir 2 persone en R50 per addisionel persoon).

0
Pretoria

BrianB

Fri, 14/08/2026 - 09:35

Ons het die laaste 3 jaar by APK  oor gestaan op pad Hartenbos toe en terug,  geen probleem gehad.yes

0
Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 14/08/2026 - 10:12

Brian - dit wat ek van jou insette op CPC gelees het, en die terugvoering wat ek van die APK Kroonstad ontvang het, klink hierdie na die toekomstige logiese oorstaanplek tydens my reise tussen die noorde en die suide.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 14/08/2026 - 14:50

Ek kan nie onthou of ek jou al voorheen op hierdie forum sien deelneem het nie. Indien wel, vra ek verskoning dat my geheue my in die steek laat.

Nietemin - dit is lekker om jou hier te sien deelneem en ek hoop om nog vele insette van jou te sien. Ek volg jou al baie jare op die CPC-forum en het groot waardering vir jou insette daar - o.a. dat jy die APK in Kroonstad onder my aandag gebring het.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus