Na n oorweging om eerder my bek te hou, omrede ek n erge griep mee sukkel...... dit moet weg wees voor die agste junie.... het ek nogtans besluit om daai bek biki uit te spoel oor dinge op hierdie forum waarvan ek nie hou nie.
Daar is sekerlik n paar van die manne hier wat sou sê, soos ek gelees het, as jy nie hou van die forum nie ...... sluit by n wats app groep aan.
As dit so is, spoel dan jou bek ook uit sodat ons in vrede verder kan gesels of bogger-off
Hier was is n lekker gespot oor n snaakse woord wat iemand gebruik het. Oky ,,,,, ek aanvaar dis maar net n gespot en niks ernstig bedoelende nie. Het iemand wat saam gespot het al gedink dat dit net dalkies aanstoot kan gee. So is daar ander ongevraagde aanmerkings wat ook aanstoot gee.. so asof jy nou die "maincoon" is en die ander ou n pleb.
As ek nou sou mooi vra... stop die sarkastiese en verkleinerende aanmerkings, dan hoop ek uit my hart almal sal gehoor gee.
Hierdie is ook nie n uitlokking vir n bekgeveg nie, slegs n oproep om mede forum gebruikers in ag te neem. Almal is beslis nie dikvellig nie. Myself is baie fyngevoelig vir sulke aanmerkings. En FREDA ek het vir vir Elma gevra om die kopklap ding te doen. Dalkies help dit vir die ou oom.
Ekself is n baie humoristiese persoon en spot ook maar,, so dan mag julle my maar kopklap.
Ek hou baie van hierdie forum omrede ek nie nodig het om in " INGELS " te antwoord nie.
Johann en Johan
Nee, Johann, ek het eintlik met Johan gepraat. Die een met een N. ![]()
![]()





Nee, gaats Freda, ek drink…
Nee, gaats Freda, ek drink mos nie eintlik nie, sal so dan en wan 'n biertjie vat.
Maar eks mos doof, kon nie mooi hoor wat se die dokter nie.?