Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Bitterpan pad Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -1 hour ago
Brits diesel... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Foto laai Oktober 2026 saam gesels neef Herman -1 hour ago
Park kaart Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Johann.... Umfula Wessel Strydom -1 hour ago

FORUM VISIE EN REELS:

Submitted by Admin on
Forums

OPGEDATEERDE REËLS & REËLS BLAD

Welkom By Kamp Forum.

Hierdie Forum behoort aan alle mense wat geniet om te Kamp in Suid Afrika en buurlande, en wat graag wil leer en deel van dit wat kamp so lekker maak.

Die Forum is gevorm omdat daar 'n lekker sterk kamp kultuur en familie in ons Land is.  Ons het lede wat al vir lang jare deur ons land gery het,en karavane, waentjies en boswaens baie ver gesleep het om by van die mooiste kampplekke ooit staan te maak en kamp op te slaan. 

...Van hierdie kempeerders is so versot op kamp dat hulle alles agterlaat en sommer permanent gaan kamp - 'n droom vir meeste van ons.

Dan is daar ook diegene wat nuut in die kamp ding inkom en wat baie vrae het oor toerusting, sleepvoertuie, tente, kamplekke, paaie en toerusting.  

Ons probeer dus op hierdie forum om al die ondervinding en kennis en vriendskap en soeke saam te bring op 'n platform waar ons mense met dieselfde kultuur, standaarde en behoeftes lekker kan deel en gesels oor iets wat ons baie liefhet -  KAMP!

 

REËLS
In die gees van bogenoemde sal hierdie forum bedryf word deur die standaarde wat aanvaarbaar is en verwag word van Afrikaanse Kamp Kultuur.

Ons sal versigtig wees om enige Godsdiens of politiek te bespreek op hierdie forum en alhoewel ons almal se menings respekteer, nie toelaat dat sulke gesprekke die doel en gees van hierdie forum benadeel nie.

Ons vra dat lede mekaar sal respekteer en nie op hierdie forum mekaar tot uiterse sal tart nie.  Ons verstaan dat oor en weer grappigheid en ligtelike spottery deel is van die mensdom en vra asseblief dat lede nie te sensitief sal optree nie en dat spotters en narre ekstra sensitief sal wees teenoor ander lede.

Jong mense wys asseblief die nodige respek aan ouer mense en so ook vra ons dat ouer mense die jonges maar bietjie tou sal gee en hulle jukkerigheid sal aanvaar.

Die Forum lede in meerderheid besit die reg om gesamentlik te roep vir dissipline teenoor lede wat onaanvaarbaar optree en dat sulke lede tydelik of permanent verban kan word -  ons hoop van harte dat dit nooit nodig sal wees nie.

Geen "Spammers" of snertpos sal toegelaat word op hierdie Forum nie.  Lede mag hulle 2de handse toerustig en voertuie onder die verwante Forum Kategorie plaas.

Vir forumlede wat idees en standaarde graag wil bevraagteken of uitdaag, maak asseblief gebruik van die "Kontroversieel of Nie" forum.  Alle forumlede word gevra om asseblief die "Kontroversiele" forum objektief te lees en deel te neem onder eie risiko.  Forumlede hou die reg om die "kontroversiele" forum te bevraagteken en onder konsensus te sluit of onderwerpe te verwyder.

MODERATORS
Moderators , of "kampleiers" is betrokke by hierdie forum.  Moderators word aangestel om lede te dien en is onder geen omstandighede bo of beter as forum lede nie.  Moderator optrede sal onder die oog van alle lede ook gemodereer word.  
Moderators sal die reg he om onder konsensus forum onderwerpe of insette te verander of verwyder indien dit die doel en gees van hierdie forum benadeel.

ADVERTENSIES: 

Advertensies vir enige NIE Private verkope en promosies word nie op hierdie webwerf of Forum toegelaat nie, behalwe deur goedkeuring van 'n advertensie ooreenkoms -  kontak anton@kampforum.co.za vir meer inlgting en opsies.

Slegs forum lede mag privaat kampverwante toerusting in die "Koop en Verkoop" subforum adverteer.

 

 

ARIE:  Die reels klink vir my heel logies en reg.

Ek hou van die respek vir die ouer mense!  Ek sal sorg dat ek (as jongeling) vir oom Voortrekker en Tannie Willemien respekteer!

HARRY:  Klink ook vir my aanvaarbaar

HARRY:  Anton, is daar n maandelikse koste om die Forum te "run" ?
As daar is, moet daar gekyk word ma n borg of drie
Wil nie hê jy moet kostes vir ons vermaak hê nie.

WILSUR:  Ek stem als is vir my ook reg en aanvaarbaar, weereens BAIE DANKIE.

WILLEWILLEMIEN: Mooi reels Voortrekker.

FRIKADEL:  Ek sien al die ou wolve is nou skaapwagters (grappie)!!

Lekker man, hou van die reels en ek belowe dat Fords nie te bad is nie, net biki..

VOORTREKKER:

Frikadel het geskryf:

Ek sien al die ou wolve is nou skaapwagters (grappie)!!

Ja al die wolwe gaan nou voorbeeldig wees.

JOHANN L: Duidelike en deuglike reels. Hoop regtig dat die forum gaan van krag tot krag sal groei. .

HARRY DU RANDT:  Ek dink almal van die "ou forum" is weer uitgehonger vir lekker gesels.

Is daar iets in plek om al die "spam" hier te blok ??

VOORTREKKER:

Harry Du Randt het geskryf:

Ek dink almal van die "ou forum" is weer uitgehonger vir lekker gesels.

Is daar iets in plek om al die "spam" hier te blok ??

Harry, nog niks automaties in Plek gesit om spam te blok nie.  Daar is wel 'n hele klomp kampleiers wat op Spam patrol moet wees en dan behoort te kan Ban en delete.

EK dink ek moet 'n paar Toetse hardloop om Spam Patrol op en wakker te kry.

JANBIKE:  Ek is happy met dit.

GERIA: Daar is geen groter vryheid as om tekan beweeg binne vasgestelde reëls en grense nie! Bravo, doen so voort!

 

ADVERTENSIES: 

Advertensies vir enige NIE Private verkope en promosies word nie op hierdie webwerf of Forum toegelaatnie, behalwe deur goedkeuring van 'n advertensie ooreenkoms -  kontak anton@kampforum.co.za vir meer inlgting en opsies.

0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus