Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Bitterpan pad Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -5 hours ago
Brits diesel... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -5 hours ago
Foto laai Oktober 2026 saam gesels neef Herman -5 hours ago
Park kaart Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Johann.... Umfula Wessel Strydom -5 hours ago

Kampforum verjaar 23 Februarie

Submitted by Admin on
Forums

Freda:  Vandag, 23 Maart, is die Kampforum een maand oud.   Daar is reeds 110 lede en meer as 2500 insette gelewer.   Sommer 'n groot prestasie.

Vele dank en baie geluk aan die stigters en al die lede wat reeds aangesluit het.   Sonder almal hier sou dit nie moontlik gewees het nie.

Mag die entoesiasme net aanhou groei en hierdie DIE forum wees waar almal tuis voel.

Many more happy returns of the day!!!

Frans Pretorius: MOOI!!!!! GELUK!!!!! Sommer aan almal, en BAIE geluk aan Voorie!!!!

KOFFIE!! KOFFIE!!! Waar's my KOFFIE!!!! Soos per avatar
 

Johann L:   Mooi man, gelukkige vermaand dag.
Vol vertroue dat hierdie forum groot sal gaan.

Die lewe is 'n lied - die natuur voorsien die musiek.
 

Voortrekker:  Yip!   Geluk almal!  dankie vir al die ondersteuning van die forum.

 

Centurion

Voortrekker

Sun, 11/02/2018 - 09:28

Nog 12 Slapies dan is Kampforum 1 jaar oud.

Ek pas kleinste op vanoggend en sit nou heerlik en lees ou drade van amper 'n jaar gelede.    Laat my dink ons het al 'n pad gestap hier smileyyes

Lekker vriende gemaak en lekker gelag!   Wat 'n awesome forum jaar!

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 11/02/2018 - 15:40

Dit is voorwaar 'n groot gerjaarsdag en dit als te danke aan ou Voorie, baie dankie dat on kan deelwees can hierdie heerlike Kamoforum yes

0
Centurion

Lolla

Sun, 11/02/2018 - 18:01

Wow. Kyk... Ek het laaaaaaaang stories om te vertel van die afgelope jaar saam my pragtige juweel van n man en Voortrekker... Sjoe! Kan nie glo dis al n jaar nie. So vinnig het Kamp Forum deel geraak van ons huisgesin en... Huwelik! Soms voel ek bietjie jaloers want kamp forum kry sooooo baie aandag... MAAR wow... Ek is so trots op jou Voortrekker oor al die harde werk wat jy insit op jou forum. Dis jou passie en dis vir jou lekker. Die mense op die forum is awesome verby. Ons kan nie wag om julle almal te ontmoed nie. Gaan so lekker wees. Wel gedaan my man. Super trots op jou. 

0
Vaalpark

Johann L

Sun, 11/02/2018 - 18:38

Sê sommer solank gelukkige eerste verjaardag, mag die forum so aanhou.

Dankie vir al die harde werk Anton, en natuurlik die opofferings en bystand van Lolla.

Sonder albei se samewerking sou dit nooit realiseer nie?

Sal maar daai 52 lammers, wat Warren gesê het ek bring, moet groot kry vir die okasie daai naweek.?

 

0
Port Elizabeth

Frieps

Sun, 11/02/2018 - 20:55

Ek wil ook sê hoe verskriklik trots ek is op Kampforum.  En het groot waardering vir alles wat Voories gedoen het om dit tot stand te bring, gedurig opgradeer en met soveel liefde onderhou.  Dit is baie duidelik om te sien dat jy trots is op die forum, Voortrekker en ek glo daar het baie, lang ure se werk ingegaan.   Ek het dikwels daaraan gedink dat jy seker party dae vir Lolla en die kiddies noodwendig afskeep om dit alles te kan doen.   Daarom sê ek net soveel dankie aan Lolla vir haar opofferings en dit is pragtig om te sien dat jy, ten spyte daarvan, jou man ondersteun het en saam met hom lief geword het vir die forum.   Julle is twee champions!!!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus