Na aanleiding van die "watter musiek luister jy?" Draad, wonder ek toe watter radio stasies lede na luister.
Ek is 'n RSG man. My motor radio is permanent daarop so luister ek redelik baie daarna. Op n stadium Radio 5 en 5 fm geluister maar deesdae is dit maar n pot stront.
Watter radio stasie luister jy?
Luister ook LM Radio op die…
Luister ook LM Radio op die TV deur die OVHD decoder het besluit om die DSTV af te sit aangesien dit 90% herhalend en advertensies is en dan vra hulle elke maand dieselfde geld al het jy die programme tot vervelens toe gesien en kan jy die advertensies al "mimic" toe oge.
Gebruik WIFI om "Streaming te doen en kyk nou wat ek wil op Netflix en Showmax en natuurlik die hele internet as en wanneer jy 'n stil sit tydjie nodig het.
Dit het ook ons Familietyd terug gebring en ons hou BAIE kere musiek aande met Youtube videos as ons braai en kuier dan sing ons almal, party meer vals as ander, hartlik saam.
Ons luister dan musiek van die '30s tot huidiglik na elke een se smaak.
Ons gesins verhouding het ongelooflik verbeter in plaas daarvan as almal vasgenael sit voor 'n NIKSWERD tv.
Dit klink na die way to go…
Dit klink na die way to go bok, ek dink meeste van ons wat nie geiselaar gehou gaan word deur sport kanale nie gaan ook almal binnekort DstV dump.
Ons dstv word op die oomblik 90% gebruik vir Boomerang en kinder kanale, ek en my vrou kyk inelkgeval meestal flieks wat van die net afgelaai is.
Deesdae kry ek meer vermaak deur radio te luister en het ook gunsteling radio stories waarna ek luister - dit los soveel meer aan die verbeelding asook baie meer ontspannend!
Ek wag ook dat my "price fix…
Ek wag ook dat my "price fix" los kom.
Ek verkies................
Ek verkies RSG, veral hulle gereelde nuus- en aktualiteits-programme. RSG het aanbieders wat elke drie ure omgeruil word en ek hou die minste van die 12:00 tot 15:00 slot, behalwe vir die aktualiteits-gedeelte tussen 13:00 en 14:00.
Saterdagaande is daar 'n wye verskeidenheid musiekprogramme, eers ligte klassiek in die 60 jaar oue "U eie keuse" program, dan ligte dans musiek, daarna Country musiek en dan tot middernag 'n verskeidenheid kontemporêre musiek.
RSG se opvangs is moontlik dwarsdeur Suid-Afrika, waar jy ookal reis.





Dankie Noddy! Dit was nou…
Dankie Noddy! Dit was nou heel aangenaam en lekker gesellig. Ons sal vir jou 'n draad hier moet begin sodat jy die forum lede elke naweek vroegtydig kan kom herrinner om in te skakel.
Klink goed, ek is juis deesdae so vergeetagtig, gelukkig onthou ek darem nog ek laaik van kamp.