Kampplek Artikels skakel
Algemene Inligting
Resensies
Ons het..............
.............ook al 'n klompie jare gelede by Inkwe gekamp, maar ek het ongelukkig nie fotos nie. Ek voel ook dit is te lank terug om 'n gradering-opinie uit te spreek. Ons het egter niks negatief ervaar nie. Die oord is omtrent 25km oos van Lynnwood op Lynnwoodweg-verlenging.
Die enigste rede hoekom ons nie meer daar kamp nie, is omdat dit te ver van Pretoria-Noord is waar ons familie woonagtig is.
Sover ek kan onthou is Voorie se gradering hierbo in die kol.
Ons het Desember 2015 daar…
Ons het Desember 2015 daar gestaan vir 'n week, dit was baie lekker, baie naby Pretoria, en tog heeltemal stil en rustig.





Nkwe jou lekker Swemgat! …
Nkwe jou lekker Swemgat! Is jy van Pretoria se area is en jy ken nie vir Nkwe nie, dan beter jy 'n plan maak en gaan inloer. Lees my artikel deur die skakel heel bo te volg.
Ons was lanklaas daar, omrede daar so baie ander kampplekke is om te besoek, maar vir 'n lekker vinninge en naby naweek wegbreek is dit nie 'n slegte keuse nie. Die swemgat laat dagbesoekers toe wat natuurlik lekker kuier, maar probleme het ons nog nooit ervaar nie. Die Kampeerplek is weg van die dagbesoeker area af. Wees maar net versigtig vir windgat raak en teen die krans afspring, want mense het al hul lewens daar verloor.
Ek gee hom 'n 6 uit 10 omrede fasiliteite nie baie modern is nie en die lekker staanplekke meestal baie beperk is. Bly nogsteeds 'n lekker plek om te gaan kamp en wegkom uit die geraas van die stad. Gaan kamp gerus daar as jy 'n naby wegbreek in Pretoria area soek.