Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus
118792 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Pretoriuskop is tops ! Kruger Wildtuin-stories Len Loader -8 hours ago
Nou glo ek jou.

Gepraat van…
Strydoms in Pilansberg Chris Boucher -8 hours ago
Pretoriuskop Kruger Wildtuin-stories Chris Boucher -8 hours ago
Tent

Aircon

AREA Boksburg
te koop Jurgens 1993… Steven -9 hours ago
Pierre, "Isocharger" 94… Johann L -9 hours ago
Ongesien, te koop Jurgens 1993… Johann L -10 hours ago

Siener se voorspellings

Strandfontein
Submitted by Johan Coetsee on Thu, 10/01/2019 - 10:12
Forums

Ek hou daarvan om te krap waar dit nie jeuk nie en om allerhande dinge te ondersoek en na te volg waarvan ek nog nie weet nie. So het iemand vir my genoem van Siener van Rensburg se professië en ek het die boek "Boodskapper van God" deur Adriaan Snyman gekoop en nou amper klaar gelees. 

Oom Klaas het geen ander boek as die Bybel gelees nie en groot dele later uit sy kop geken. Hy was 'n diep Godvresende mens en het baie keer ook as prediker opgetree. Sy voorspellings het baie keer die boere rebellie groepe teen die Engelse betyds gewaarsku en hulle sodoende gered. Hy het gesien hoe die plase afgebrand gaan word en die hoe die vroue en kinders in die konsentrasiekampe aangehou gaan word. Hy het voorspel dat ons nie ons leiers moet vertrou nie en dat hulle ons gaan uitverkoop aan die Kommuniste. Hy het voorspel dat 'n swart komunistiese regering gaan oorneem en dat dit baie sleg gaan word vir die boere. Hy voorspel 'n derde wêreld oorlog waarby Europa en veral Britanje verwoes gaan word en van Amerika gaan 'n klein onbenullige landjie oorbly. 

Net voor die oorlog gaan hier 'n mannetjie uit die Noordweste kom wat met sy spies en skild 'n donker skaduwee oor die land gaan gooi. Dit gaan baie donker vir ons word en die boere gaan hul plase verloor en ander gaan hul huise verloor. Hy voorspel ons gaan alles verloor wat vir ons saak maak. Die rand gaan so min werd wees dat jy dit teen jou muur sal kan plak. as versiering.  

Dan praat hy van die nag van die lang messe. Wanneer die mannetjie vermoor word gaan die swartes baie skielik een nag in miljoene bymekaar kom. Hulle gaan al die krag van die land afsit. Hy sien 'n stoomketel aan die Kaapse weskus ontplof wat baie gaan laat sterf en 'n baie groot gebied onbewoonbaar gaan maak. Dan gaan die swartes eers in Johannesburg begin en duisende blankes gaan vermoor word, daarna Pretoria en later na ander stede en groot dorpe. 

Dan gaan die blankes by Prieska bymekaar kom. Die boere gaan hulle weer tod God wend vir hulp. Daar gaan 'n leier onder hulle opstaan wat hulle gaan lei. Die Duitsers gaan ons kom help. Vyf Frigatte gaan met soldate en ammunisie in Luderitzbaai aan land kom. Die eerste slag teen die regeringsmagte gaan by Kimberlie wees. Daarna by Vereeniging. Dan gaan die regeringsmagte wapens neergooi en vlug. God gaan dan die swartes se koppe deumekaar maak en hulle gaan teen mekaar begin oorlog maak. Miljoene gaan sterf en die meeste ander gaan noord vlug. Die boere gaan die land terugkry en weer regeer. Nooit weer sal iemand anders oor die boere regeer nie. Mettertyd gaan Namibië, Zimbabwe en Zambië ook weer terug gewen word. Baie blankes uit Europa gaan ons kom help die land herbou en die suidelike Afrika gaan die vooruitstrewendste land in die wêreld word. Die nuwe regering gaan nie pa staan vir die skuld van die vorige regering nie en al die aasvoëls wat al die regte oor ons diamante en goud  het gaan land uit vlug. 

Helse storie en ek gaan sit en kyk hoe dit uitspeel. Ek hoop net ek oorleef om die einde te sien.

Vir die wat dadelik gaan sê dat dit 'n klomp snert is wil ek net sê: "lees die boek self voordat jy oordeel"

Secunda

Sleep nou

Thu, 10/01/2019 - 10:19

Ek al stukke gelees van Siener baie mense se bog ander se hulle hoor maar wil sien ek weer heg waarde wat ou Siener gese het tyd sal leer wat gebeur hoop om meer van jou te hoor Johan

Centurion

Voortrekker

Thu, 10/01/2019 - 10:49

Dankie Johan Coetsee.    My een vriendin het ook onlangs die boek gelees en sy is besig om haar en haar gesin se lewe / toekoms daarvolgens te beplan / gereed maak en wag vir die tekens.    Besig om proviante op te bou , planne te maak en het ook 'n plaas op die Botswana grens ge identifiseer wat sy besig is om reg te kry vir wanneer al die dinge gaan gebeur cool

Ek gaan hierdie draad onder die "Wie Het Gesê"  afdeling plaas smiley   

Waar my wa staan

Arie

Thu, 10/01/2019 - 13:36

Johan, baie dankie vir die inligting, gaan daai boek vir my aanskaf.

Ek is bly om bevestiging te kry wat ek al baie lank praat.

Ek se nog altyd hier le goeie dae vir ons voor in ons pragtige land, maar meeste mense vertel my net van 'n groot gemors vorentoe??

Nou kry ons uit die perd se bek; wag net en alles sal regkom hier! Terloops die "Nag van die lang messe" ek dog dit het al jare terug in Kenia gebeur, my ouers was daar en ek as kleuter. Die Mau Mau's het opgestaan en elke swarte moes die blankes waar hy werk daai nag vermoor, nodeloos om te se, dit het misluk!

Nou wonner ek net is daar meer as een nag van die lang messe?

Ek se mos lankal mense moet nie weghardloop uit die mooi my land uit nie, sit vas en ons het 'n mooi toekoms vorentoe. Jammer Segekok lees nie meer hier nie - hy was/is mos vreeslik negatief oor ons land se toekoms.

Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 10/01/2019 - 16:39

Deneys Reitz was op kommando waar van Rensburg genl de la Rey se " profeet" was. Onthou dat de la Rey n baie gelowige man was, en seker geglo het dat van Rensburg n profeet is. Elk geval Deneys Reitz het van Rensburg so beskryf, ek haal aan uit een van sy boeke ; " van Rensburg, a strange character, with long flowing beard and wild fanatical eyes, who dreamed dreams, and pretended to be possesed of occult powers.

So Reitz het geglo die ou was maar net n "Pretender". Self steur ek my nie aan Nostradamus of van Rensburg se profesieè nie, ek reken dit is die werk van n deurmekaar verstand en nie n gawe van bo nie. 

 

Vaalpark

Johann L

Fri, 11/01/2019 - 07:13

Johan, ek het die harde band boek, lank terug by my pa gekry, oom Siener het baie akkuraat profiteer. Gen De La Rey het ook sy waarskuwings ernstig op geneem, en so, baie lewens gespaar.

Ek is oortuig dat hy 'n ware man van God was, maar hy kan nie skryf nie, hy het dat sy dogter vir hom alles opteken. 

Sy " voorspelling" van Prieska het reeds waar begin geword, so ook dat daar 'n geestelike leier uit die oos provinsie gaan op kom!

Jammer Segekok lees nie meer hier nie - hy was/is mos vreeslik negatief oor ons land se toekoms.

 

Twee dinge, eerstens, wat het van Segekok geword?

Tweedens, ek dog die nag van die Okapis sou gebeur het as Mandela die dag sy maker ontmoet. 

Waar my wa staan

Arie

Fri, 11/01/2019 - 13:10

Frik, Segekok het sy stert in 'n krul getrek omdat niemand met hom wou saamstem nie, toe ontrek hy hom met 'n groot gejuig van die Forum.

Ja die nag van die lang messe het al baie draaie geloop, maar so ver ek kan vasstel was die eerste 'werklike "Nag van die langmesse" in Kenie met die Mau Mau's onder leiding van Jomo Kenyatta.

Dit wil my lyk of hy ook Siener se boek gelees het.

Ja ek onthou ook dat met Mandella se afsterwe sou die messe ook uitkom, mense het skaars hul vooraad water en blikkies kos van 94 opgebruik toe moes hul weer aankoop??

Hier is blykbaar vanaand of een of ander tyd 'n vergadering deur een of ander Professor, ons kan dan by die groepie aansluit, teen 'n koste natuurlik. Ons kry dan 'n geheime kaart na 'n plaas wat blykbaar soos 'n fort ingerig is met hope kos, water en lanterntjies waar ons dan na toe kan vlug, waneer dinge skeef loop??

Vaalpark

Johann L

Fri, 11/01/2019 - 13:48

So gaan dit, elkeen wil die volgende persoon se geldjie vat, met bybedoelings. Ek weet waar ek gaan, ek bekommer my nie oor die toekoms nie.

ons kan dan by die groepie aansluit, teen 'n koste natuurlik.

Centurion

Voortrekker

Fri, 11/01/2019 - 14:05

Frik, Segekok het sy stert in 'n krul getrek omdat niemand met hom wou saamstem nie

 Ek was vanoggend met Oupa in verbinding d.m.v sms kommunikasie en hy het my laat weet in sy eie woorde:   " Ek stel nie belang in dit wat op die forum plaasvind en of wat daar gesê word nie"      Ek glo darem nie dat Segekok of Oupa (soos hy na homself verwys) sal omgee dat ek dit hier deel nie?

Hy het homself ontrek van kampforum en die saamtrek omrede (sy eie woorde) " jy (ek) jou geloof bo die van ander stel"  en " jy (ek) was verskeie kere deur ander mense gewaarsku maar jy (ek) het volhard met jou (my) siening"

Vaalpark

Johann L

Fri, 11/01/2019 - 14:14

Oom Siener het ook geskryf van 'n spoorlyn tussen Prieska en Duits Wes (Namibia) wat gaan gebruik word vir die vervoer van wapens en manne,  dit is, so ver ek weet, ook reeds in plek.

MAAR, ek trek nie te veel peil op sy boek nie, ek het 'n Groter Boek.

Vereeniging

Harry Du Randt

Fri, 11/01/2019 - 14:14

Ek kan nie glo julle verhouding het so lelik opgebreek nie. Deon en Anton

Julle was dan so lekker "hand op die baas" gewees op n stadium smiley

"Days of our lifes" wink

 

Centurion

Voortrekker

Fri, 11/01/2019 - 14:28

Ek kan nie glo julle verhouding het so lelik opgebreek nie. 

 Ag ou Harry, als was tot 'n mate ok.  Ek meen ek het dan vir hom 'n epos gestuur en vertel hoe baie ek van hom hou en dat ek hoop ons gaan nog groter tjomme raak -  maar toe Oupa my as admin van kampforum.co.za se facebook groep verban het en 2 keer probeer het om kampforum.co.za se facebook groep toe te maak uit kwaadwilligheid, het ek maar die besluit geneem om liewer nie meer met hom bevriend te wees nie -  wie wil nou bevriend wees met iemand wat jou net wil kwaad en skade aanrig?    

As ek nou uit my pad gaan en probeer om jou besigheid waaraan jy so hard gewerk het te vernietig en skade aan te rig (omdat ek nie hou van hoe jou prentjies lyk of hoe jy jou besigheid bestuur nie) gaan jy mos nie met my bevriend wil wees nie?   Dit is maar hoe ek voel. 

 

O, ok, nog steeds op die geloof ding, maar sover ek kan onthou het hy geen geloof gehad nie, tensy ek verkeerd gelees het. Wys jou nou net hoe jy jou kan misgus met iemand anders, kyk maar na die egskeidings statistieke.

TERUG NA ONDERWERP

Ek het al gelees dat daar n groep is genaamd die Suidlanders wat nogal erg op die lang messe teorie is en ook verskeie planne het as D-dag aanbreek, teen n fooi natuurlik.

Op die stadium is daar werklik baie haat en nydigheid teen die witvel in veral die werklose en lae loon bevolking wat nog aangepor word deur hulle onderskeie leiers.

So, n klein vlametjie kan moontlik die kruitvat laat skiet.

Ruwanda se slagting van die minderheid het binne minute begin nadat die radiostasie gebruik was as die wegspring skoot.

Middag alle kampeerders

Ek is van mening dat daar onder ons nasie 'n groepering is wat Siener aanhang slaafs, amper "aanbid".

Sonder om ooit al enige van sy boeke te gelees het, wonder ek wat daartoe aanleiding gee. Is ons nasie so desperaat bang, so kleingelowig of wat dryf mense na Siener se voorspellings en die Suidland beweging. 

Ons moet ons eerder wend na die ware Verlosser.

Wessel

 

Strandfontein

Johan Coetsee

Fri, 11/01/2019 - 14:53

Ek dink die moeilikheid om die nag van die lang messe se tyd te voorspel is dat Siener nie gesê het wanneer dit gaan gebeur nie en ook nie wie die persoon is wat moet sterf nie. Alles voorheen was mense se interpretasies. Hy het gesê: "Ek sien 'n klein maar magtige k..f.r stryder wat uit die aarde opkom. Die skaduwee van spies en swaart val regoor die land. Ek sien duisternis wat oor ons land val. Die boer se hoed is oor sy kop getrek". Johanna Brandt, skrywer en vrou van 'n bekende predikant was in 1916 deur 'n engel besoek wat vir haar beelde gewys het. Sy het 'n klein spies voor haar op die grond sien lê. Dan sien sy oproer wat begin. Dit bry oor die hele land uit. Alles kom tot stilstand. Die hele land word lam gelê. Die swartes organiseer in die geheim en dan gebeur alles vinnig en onverwags. Die land se krag word afgesit en die swartes hardloop in Johannesburg in en vermoor alle blankes wat hulle kan kry. Duisende word vermoor. As die dag breek beweeg die skares na Pretoria. Ander oor die land begin die ander stede en dorpe aanval. Hulle noem dit "Ons Groot Dag" onder mekaar. "

So uit die bogenoemde is dit moeilik om te sien wie moet sterf en wie is die mannetjie met die spies en skild. Ons sal wag en kyk wanneer die oproer oor die hele land begin. As die hele land se krag afgesit word is dit letterlik en figuurlik nag.

Centurion

Dusty

Fri, 11/01/2019 - 14:56

Wessel, ek het een van sy boeke gelees. My siening wanneer iets gebeur dan onthou ek dat siener daarvan gepraat het. rig nie my lewe volgens sy sieninge in nie.

Ek probeer volgens my dik swart handleiding leef