Forums
Ek verneem WegSleep tydskrif smelt saam met WegRy as een tydskrif teen 'n prysverhoging van R55 vir die nuwe tydskrif. My jongste WegSleep het R38 gekos.
WegSleep sal dit seker een of ander tyd ook hier kom verduidelik.
Dit gaan seker om ekonomiese…
Dit gaan seker om ekonomiese redes, nou kry jy twee in een vir R55.00 wat nie sleg is nie. (As ek jou reg verstaan - "prysverhoging van R55 vir die nuwe tydskrif.) of is dit R55.00 verhoging bo en behalwe die ou prys, dan gaan dit mos duur raak?
...maar dis nie wat ek wil hê nie.
Soos ek dit verstaan is dit R55 vir die nuwe gekombineerde tydskrif. Dit is wel twee vir die prys van een, maar ek stel nie in albei belang nie en word nou verplig om albei gekombineerd te koop.
Ek dink steeds R55 is duur. My Weg tydskrif kos R40 en die kompetisie se Caravan & Outdoor Life kos R33
Dis reg , maar as jy…
Dis reg , maar as jy ingeteken is op wegsleep bly die prys dieselfde. Waarskynlik totdat jou subs uitgeloop het. Die nuwe tydskrif kom eers in Augustus uit.
Weg geloop
Ek weet nie waaroor kla julle nie ek lees die tydskrif verniet by my buurman
Weg! Ry & Sleep
Hallo almal,
Hier is Media24 se nuusverklaring oor die samesmelting van WegRy en WegSleep:
Media24 smelt twee markleiers in die reistydskrifbedryf saam in ’n nuwe tydskrif vir avontuurreisigers, kampeerders, woonwa- en 4x4-entoesiaste.
Media24 het aangekondig dat WegSleep en WegRy/Drive Out, twee leiers in hul onderskeie nismarksegmente, saamsmelt in ’n meer omvangryke leefstyltydskrif wat gemik is op kampeerders, woonwa- en 4x4-entoesiaste en avontuurreisigers. Die nuwe tydskrif, wat 132 bladsye beslaan, sal in Afrikaans en Engels as Weg! Ry & Sleep en go! Drive & Camp uitgegee word.
“WegSleep en WegRy/DriveOut het hul posisies as markleiers in hul onderskeie velde gemaklik behou en het die afgelope dekade lojale teikengehore op ’n verskeidenheid van platforms opgebou. Deur die twee tydskrifte in een dikker publikasie saam te voeg kan ons lesers selfs meer van die uitstekende inhoud bied wat hulle van ons verwag,” sê Louise Meny-Gibert, hoofbestuurder van Media24 se afdeling Sport en Ontspanning.
Dirk Kok, die aangewese redakteur, voeg by: “Nie net sal lesers van Weg! Ry & Sleep en go! Drive & Camp nou al hul artikels oor avontuurreise, kampering, 4x4-reise en woonwaens in een publikasie kry nie, maar vir die eerste keer sal Engelse lesers ook in hul eie taal die artikels en stories deur die bekroonde WegSleep-span kan geniet.”
“Ons sien uit na die nuwe reis saam met ons adverteerders oor al die gedrukte en digitale platforms heen, en wil hulle graag help om ons lojale lesersgemeenskap te bereik,” sê die uitgewer, Nerisa Coetzee.
Entoesiaste kan steeds uitsien na geleenthede soos WegRy se gewilde Bull Run – ’n unieke Suid-Afrikaanse fees waarvoor honderde motorliefhebbers jaarliks vir ’n reeks pret-aktiwiteite na ’n dorp in die Karoo opruk. Lesers kan ook uitkyk vir die enkeltydskrifte Oordgids, Gooi Kole (al jou gunsteling-braairesepte) en 4x4-Roetes wat Roep.
Die eerste uitgawe van Weg! Ry & Sleep en go! Drive & Camp verskyn in Augustus en, is vanaf 24 Julie 2017 op die rak teen ’n omslagprys van R55.
Intekenare word nie deur die samesmelting geraak nie. Bestaande intekenare sal die geleentheid hê om teen dieselfde prys op die nuwe tydskrif in te teken. Intekenare kan hulle navrae rig aan die oproepsentrum by 086 534 4704, of e-pos stuur na wegint@media24.com.
Alle advertensieverpligtinge van die huidige tydskrifte sal nagekom word in die nuwe tydskrif. Rig asseblief navrae aan die nasionale verkoopsbestuurder, Danie Nell, by Danie.Nell@media24.com of skakel +27 82 859 0542.
Baie dankie Schalk.
Baie dankie Schalk.
Goeie idee
Ek dink dit is n puik idee aangesien ek albei die tydskrifte baie geniet.
KARING WAAR DIT NIE JEUK NIE....
Ons weet almal wat met die wegsleep forum gebeur het toe daat gekrap is waar dit nie gejeuk het nie.
Is hierdie nie maar weer die selfde nie..
Jeuk
Segekok ek dink jy het n geldige punt daar beet
Mens, of liewer ek, raak…
Mens, of liewer ek, raak geheg aan 'n spesifieke lees styl, veral met koerante en tydsktifte.
So bv het ek destyds net die Transvaler koerant gelees tot dit verdwyn het, ek het hard probeer om aan 'n ander nuus blad gewoont te raak, maar sonder sukses.
Wegsleep is vir my 'n lekker lees Afrikaanse tydskrif, Weg tydskrif vind ek nie so lekker nie, en om nou R55.00 te betaal vir 'n kombinasie maand blad gaan nie vir my werk nie, wat jammer is.
Die mense wat albei tydskrifte moes koop, gaan nou spaar?
Johann
Johann, ek het die WEG tydskrif gekry vanaf dag een, nog onder ou naam, en later al die ander wat bygekom het. Dit was die kartonne vol tydskrifte wat ek destyds vir Tinyiko geskenk het.
MAAR, is/was intekenaar op Caravan & Outdoor tydskrif sedert 1982/3?, maar jet wel weergawes aangekoop sedert 1978. Ek moet ruiterlik erken dat ek BAIE geleer het uit C & O tydskrif, deur artikels na te vors, aantekeninge te maak, en geweldig info versamel het met betrekking tot ChargeMaster, Trapezium, absorbsie yskaste ens. DIT het my gehelp toe ons begin kamp het.
Die Afrikaanse tydskrifte NIE!!! Daarom word ek omgekrap as mense C & O tydskrif beledig soos op ander draad, en waaroor ek gepraat het toe ek mond uitgespoel het.
Ek sou NIE die Afrikaanse tydskrifte meer aangekoop het nadat ons opgehou het met kampo nie, maar dis in ons Kaboedel Bondel ingesluit, en ek lees darem nog hier en daar.
Die C & O tydskrif kry ek ook digitaal, en HULLE het my so paar jaar terug gekontak en gesê as ek afskrif van my ID stuur, kry ek spesiale afslag, eerstens omdat ek LANKAL 60 was!!!!, en omdas ek een van die langste op die lys van intekenare is!!!, nou Engelse of nie!!!, HULLE waardeer MY, en MY intekening, en DAAROM word ek moerig as iemand hulle aftakel!!!
So, vir R99 per maand kry ons omtrent 15 tydskrifte, sommige weekliks, ander 2-weekliks en ander 1 keer per maand, en ek DINK my C & O kos omtrent R15.00, nie seker nie. Indien ons Kaboedel MOET staak, sal ek nog my C & O bly kry en lees!!! Linda geniet die Kaboedel aanbod met SARIE, Tuis, Huisgenoot, en vele ander. Ek lees Landbou Weekblad en SA Jagter van die reeks in Kaboedel. (en soms paar ander ook, maar sal dit NIE hardop sê nie!!!
So het elkeen maar sy voorkeure. Ek het 'n vae idee idee dat verkoopsyfers op die ander twee wat nou EEn word, gedaal het nadat die weggesleepte forum gevou het. Geen kritiek daarteen nie, slegs opinie!!!
MMMM
Ek laaik want ek koop elke maand Wegsleep en Weg
RIV Wegsleep
Ek neem aan ek het my laaste wegsleep gekoop die maand. het ook almal van dag 1. Soos reeds genoem moet nie krap waar dit nie jeuk nie. Ek het net wegsleep gekoop nou moet ek amper R20 meer betaal vir iets wat ek nie wil he nie. Sal nou maar net die caravan en oudoor koop.
Wegsleep.
Nogal 'n jammerte dat hulle nou daai afdraai gevat het,ek gaan nog so een of twee keer "voel" hoe lees die tydskrif en dan besluit.
Caravan en Outdoor Life is vir my darem nog waarde vir geld, ek geniet die tydskrif, maar het ook baie van die Afrikaanse Wegsleep gehou.
Weg Ry & Sleep
Hallo julle,
Ek dink dis tyd dat ons, in breë trekke, die denkproses agter die samesmelting van die twee tydskrifte verduidelik.
Soos die meeste mense weet, moet tydskrifte deesdae aanhou aanpas en vernuwe om relevant en mededingend te bly. Dit is dan ook die milieu waarin die besluit oor die toekoms vir Weg Ry & Sleep geneem is. Ons moes oor verskeie opsies besin om te verseker daar is ʼn blink toekoms vir twee markleiers in die Suid-Afrikaanse buitelewe-media. Soos met enige besluit, is daar altyd voordele én nadele. Die onderliggende beginsel in ons besluit was nie net wat voordelig sal wees vir die tydskrifte nie, maar ook wat tot voordeel van ons lesers sal strek – ten opsigte van inhoud én kostes. Ons besef ʼn mens kan nooit almal 100% tevrede stel nie en dit was dus noodsaaklik om die beste oplossing te soek wat die meerderheid mense bevredigend sou vind.
Omdat slepers ook belangstel in bakkies/SUV’s en 4x4’s om hulle sleepgoed mee te haak en omdat ons graag wil voorsiening maak vir alle kampeerders, van mense wat familie-oorde met supertubes verkies, tot die wat stil boskampe soek, het ons dus besluit om een dikker, waarde-vir-geld-tydskrif te skep. Daar is heelwat ander gemeenskaplike onderwerpe soos kos, toerusting, briewe en rubrieke wat ook tot albei gehore spreek.
Ten einde seker te maak niemand word benadeel nie, het ons die tydskrif dikker gemaak as voorheen Op hierdie wyse kon ons verseker geen van die maandelikse afdelings van enige van die twee tydskrifte bly in die slag nie. Dus kry die 4x4-lesers presies dieselfde dosis 4x4-inhoud en slepers kry ook hulle maandelikse kwota sleepspesifieke-inhoud.
Laastens het dit ons ook die geleentheid gegee om uiteindelik gehoor te gee aan ʼn versoek van baie Engelse lesers, naamlik om WegSleep se inhoud ook aan hulle beskikbaar te maak in hulle eie taal.
Kortom dus: Ons het nie gekarring bloot omdat ons wou nie. Die verhoogde omslagprys is nie daar net omdat jy nou inhoud van die ander tydskrif ook kry nie. Ons probeer niemand uitbuit nie. Die doelwit was juis om seker te maak lesers kry steeds maandeliks al die inhoud waaraan hulle gewoond is en hulle kry steeds waarde vir geld.
Dankie, maar...............
Dankie, maar het reeds dieselfde kommentaar onder die ander draad "Weg Ry&Sleep gesien.
Ek kyk nou net onder…
Ek kyk nou net onder Kampforum se Mees Populêr Top 12 drade en sien hierdie een het nou ingeskuif. Ons praat nie veel hier nie, maar die draad word baioe gelees.
Net so Anton
Die ouens neem nie regtig aktief deel nie maar roofkyk hulle die spesefieke draad verseker
Ek sien dit is vanoggend die…
Ek sien dit is vanoggend die top geleesde artikel.
Ek het lanklaas een van die…
Ek het lanklaas een van die tydskrifte in my hand gehad.