Forums
Môre vriende
Almal van ons het ons voorkeur voertuig, al is dit soms net in ons drome. Daar word baie gepraat oor fabrikate soos Ford, Toyota, Mahindra, Nissan ensovoorts, maar wie het ervaring van ander fabrikate? Wie sleep byvoorbeeld met 'n Kia, Fiat, Mitshibushi, Amarok of Hyundai produkte en wat is julle mening daarvan. Daar is sekerlik nog vele ander opsies ook.
Ek kan.....
Ek kan ongelukkig nie help nie Wessel, ek het net ervaring van Ford Anglia (52 jaar gelede), Toyotas (4 verskillende Cressidas) en 3 Nissans. Ek kwalifiseer dus nie vir die gesprek nie, maar ek hou graag dop vir die eienaars van die ander sleepvoertuie.
Daar was een uitsondering, naamlik 'n Mercedes E200 (petrol) waarmee ek my destydse Penta gesleep het. Dit was nie 'n goeie keuse nie en ek het vir die kar se onthalwe seergekry. Die suspensie agter was te sag en die krag te min. Tydens my laaste sleep met hom huis toe vanaf Hartenbos het die "top gasket" by Worcester geblaas en dit was maar 'n gesukkel om by die huis te kom. Ek het net daar besluit ek moet 'n "ordentlike" sleepvoertuig aanskaf en het toe in 1998 my eerste SUV gekoop, die 3 liter Nissan Sani en dit was 'n puik besluit.
Ek het vir 20 jaar met Isuzu…
Ek het vir 20 jaar met Isuzu gesleep. Eers 'n 1998 KB280DT wat ek 'n "intercooler" opgesit het en die "diff" ratio ook laat verander het. Die bakkie tot en met 2011 gebruik. Het toe 'n Ford Territory gehad wat seker een van my beste sleepvoertuie ooit was. Slegs vir 9 maande met die Territory gesleep en toe weer 'n Dubbelkajuit Isuzu 300 Dteq gekoop. Daarmee gesleep tot vroeer vanjaar. Nie een dag se probleme met my Isuzu's gehad nie.
Alternatiewe sleepvoertuie ...
My eerste karavaan Gypsey 4 het ek hoofsaaklik met 3.0L V6 Fords gesleep. Daarna die Caravet 6 en toe 5 met verskillendes.
Laat '90's die Regal die eerste keer gesleep met 2.0L Opel Astra, 8 valve, lekker krag maar te klein in gewig. Toe gesleep met die 2.5 D/K Ford bakkie en 320d BMW hantrat en toe met 320d auto.
Die Clasique meeste gesleep met die Kyron 2.0L diesel auto, dit was 'n baie lekker sleep voertuig.
Die laaste trip Hartenbos toe was met die Territory February 2011 en van daar was dit die Territory en die Exclusive.
Sedans??
Môre vriende
Na aanleiding van Len en Willem se inset, wonder ek skielik, is daar nog persone wat vandag hulle woonwa met 'n sedan sleep?
Len se verhaal laat my terugdink aan 'n goeie vriend wat ook met 'n E200 kompressor sy Penta jaarliks van Brits af Glentana toe gesleep het. Ek het ook daai kar bejammer.
Isuzu 260 lx
Hello Hennie
Ek het weer 'n 1997 petrol Isuzu gehad waarmeer ek my Palma gesleep het, tot Mei 2010. Ook nie groot probleme gehad nie, maar moes 2 koppelaars vervang in sy lewe van 220 000km. Blykbaar was daardie model "lief" om dit op te vreet.
As ek terug dink, dan was dit 'n redelike lae krag voertuig met sy emnkel vergassertjie, maar vir my was dit 'n reuse sprong van 'n 1800 Astra af.
Hello HennieEk het weer 'n…
Ek glo jou, aangesien die Isuzu eintlik 'n werkesel was.
Ek het van 'n 2.oL Opel Rekord opgegradeer na my eerste Isuzu toe. So dit was ook 'n groot verandering.
My 280 se krag het met die verkoeler aanbring, opgegaan vanaf 77kw en 228Nm na 100kw en 309Nm. Redelike groot verskil. Dan het ek ook my 300 Dteq gechip met DieselTorque chip en kraglewering was vanaf 128Kw en 366Nm op na 144Kw en 417Nm. Ek het egter die laaste 2 jaar sonder die chip gery aangesien ek net gevoel het dat ek nie al die krag nodig het nie.
Die Territory was natuurlik iets heel aanders. Daai 4L kon maar 'n wa sleep. Sal graag wil weet hoe daai ST van Willem trek. (Vergeet van die brandstof verbruik, aangesien so 'n voertuig NIE vir EKONOMIESE verbruik gekoop word nie).
Die sedan ding kan gedoen…
Die sedan ding kan gedoen word...oorlede skoonpa het vir lank elke jaar sy Scout met 'n 1600 Corolla gesleep, o.a. tussen Vanderbijl en Scottburgh. Daarna met 'n 220 outo Camry. Ek sou dit nie gedoen het nie maar hy het gereken dit werk heel goed, mens moet net nie haastig wees nie! Ek het ons Fleetline met 'n Audi A4 (2.4 V6) gesleep, dit was heel OK maar met die voorwiel aandrywing het ek nooit gemaklik gevoel nie.
Mahindra Karoo
Hier is twee Mahindra Karoo wat sleep Land rover Devender dubbel cab 110 reeks klom Hilux .Rangers en Navaras by De voetpadkloof
Waar is Johann Lock - Hy…
Waar is Johann Lock - Hy sleep met 'n KIA Sedona
Weg?
Dit wil vir my voorkom dat hy die forum verlaat het.
Vra Anton ....
.... wat sekerlik meer weet van Johann se ontrekking vanaf hierdie forum??
wetie
Nee ek weet niks nie. . .
Het iemand al hierdie maak gesien?
Ek sien nou-nou toevallig ‘n advertensie vir hierdie SNV. Dit herinner nogal aan ‘n Jeep, en die prys is nie te onaardig in vergelyking met ander fabrikate nie. Ek het egter nog nooit van hierdie fabrikaat gehoor nie, en sal maar bang wees mens kry nie diens of onderdele terwyl jy reis (en vir die leeftyd van die voertuig) nie.
Bygewerk: ek sien op hulle webwerf daar is tans net sewe agente/handelaars in die land.
Peugeot en Fiat
Middag vriende
Sommer lus om die gesprekslyn af te stof.
Sit ek gisteraand tydens nuustyd op 2 en kyk na die advertensie van die nuwe Peugeot bakkie. Dit lyk nogal na 'n netjiese trokkie, so ook die Fiat dubbelkajuit.
Wat dink julle van die 2 produkte, en het iemand al dit van nader gaan kyk en betas?
Hongersnood
As mens so lank moet wag vir ‘n Hilux lyk ‘n Tata dalk ook al na ‘n lekker voertuig!
Moenie spot met Tata nie - …
Moenie spot met Tata nie - ek het Bolander se Tata gesien laas jaar by Montagu en daai is 'n yster - stamp dalk bietjie maar hy ry vorentoe.
Peugeot
Middag vriende
Ek het gou die trokkie se specs gaan bekyk, baie indrukwekkend. Dit het 'n 1900cc masjien, 110kW en 350Nm wringkrag.
Wat my beindruk is die ratkas keuses. Elke rat is sterker as die 2.4 Hilux, met die resultaat dat die Franse bakkie omtrent in elke rat dieselfde wringkrag op die agterwiele lewer, want die ewenaar se verhouding is netsoos die Hilux 4.1. 'n Ander groot voordeel na my mening, is die feit dat sy 4de rat verhouding 1.157 is.
Mens kry amper die gevoel dat die Franse doelbewus die wringkrag eienskappe van die 2.4 Hilux wou naboots, maar met die veel kleiner masjien.
Groot probleem
Middag Chris S
Moenie spot nie, hoe langer ek wag, hoe lekkerder ry eseltjie. Ek hou net oë toe by die pomp.
Ek wonder baie keer of ek nie die nuwe RhinoCab moet verkoop en eseltjie hou nie, veral nou dat ek die koppelaar vervang het.
Mazda BT50 ...
Het op Laat Wiel die nuwe BT50 gesien.
Mazda is mos nou saam met Isuzu. Sien hy is ook in 1.9 en 3.0L
1.9L - 110kW@3600, 350Nm@1800
3.0L - 140kW@3600, 450Nm@1600
Het Saterdag 'n nuwe BT50…
Het Saterdag 'n nuwe BT50 gesien - lyk net soos 'n Mazda