TO
mabalingwe
galago private bush lodge
Zaagkuilsdrift
Sionbergh

 

nuwe onderwerpgraderings

84748 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Winkels Toeriste en agteruitgang Geert -8 minutes ago
Nice, baie nice. Dankie vir… Strydoms in Kalaghadi Johann L -27 minutes ago
Dankie Koos, dit kon net… Len & Annatjie se Kruger… Johann L -29 minutes ago
Goeie môre, geniet jul dag,… Mei 2021 - Koffiekroeg… Johann L -34 minutes ago
Môre môre!  Mei 2021 - Koffiekroeg… Voortrekker -1 hour ago
Goeie môre almal.

Willie…
Mei 2021 - Koffiekroeg… Dusty -2 hours ago
Lekker Wessel Strydoms in Kalaghadi Chris Boucher -9 hours ago

Ertjie Sop! - Hester Kruis

Suid Afrika
Submitted byKampforum onFri, 21/04/2017 - 11:56
Forums

Dankie Hester vir hierdie heerlike ertjiesop resep!

"Ons het gisteraand die lekkerste Ertjiesop geeet. Ek gaan die resep met julle deel weet nou nie of ek mag nie maar die winter is op pad."

Ertjiesop
500 g droë ertjies, oornag geweek en gedreineer
2 liter water
2 hoender- of beesvleis- aftrekselblokkies, gekrummel
1 groot ui, gekap
2 groot wortels, gerasper
2 middelslag-aartappels, geskil en
gerasper
Sout, peper, worcestersous en vars suurlemoensap na smaak
500 g gesnipperde spekvleis,
bros gebraai
15 ml botter
Room en croutons, om af te rond

Verhit die ertjies, water, aftrekselblokkies, ui, wortels en aartappels saam in ’n groot pot tot kookpunt. Prut tot alles sag is. (As die sop te dik is, voeg nog water of aftreksel by.) Geur na smaak met sout, peper, worcestersous en vars suurlemoensap
en kook deur. Voeg die brosgebraaide spek by en prut vir ’n paar minute oor lae hitte. Voeg die botter by en roer tot gesmelt. Dien op in warm sopbakkies met ’n titseltjie room en croutons.Genoeg vir ses mense.

NOG LEKKER RESEPTE?   KLIEK HIER

Centurion

Voortrekker

Sat, 14/07/2018 - 07:53

Ek krap bietjie hier rond en kan julle glo hierdie is die onderwerp op kampforum wat die meeste besoeke kry via mense wat op google soek na 'n ertjis sop resep.   Kyk al die views, maar geen kommentare.

Vervang die spek met die gerookte pork rushers van Woolies, sny hulle so 5 mil dik, braai hulle na smaak en gooi dan daai hele pak in die sop.

Biki minder wortel want dan word die pot soet, erte is klaar soet.