Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus
122280 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel ... Januarie 2025 Chris Boucher -7 minutes ago
Chris B Januarie 2025 Wessel Strydom -46 minutes ago
Laaste skof Dakar 2025 Rona du Plessis -7 hours ago
Chris Januarie 2025 Rona du Plessis -8 hours ago
Klaar gepak Januarie 2025 Chris Boucher -9 hours ago
Ek moet darem ... Wors Chris Boucher -8 hours ago

Die Boucher's en die Krugerwildtuin 2021

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on Thu, 10/12/2020 - 16:02
Forums

Synde Len nou sy draad begin het - en ek nie met my vooruitsigte en beplanning sy draad wil besoedel nie, het ek dit goedgedink om hierdie te begin.

Eerstens hou ons styf duime vas dat alles gaan realiseer. Ek het my 65ste verjaarsdag in Punda Maria gevier in 2019 en as alles volgens plan verloop sal my 67ste volgende jaar weer in Punda gevier word.

Ons beplan om reeds op 15 April hier te vertrek. En ek wil 'n totaal en al ander roete ry as die normale - dit is nou die gedeelte tot Colesberg. Ons kortste pad tot waar ons by die N1 buite Worcester aansluit is via Villiersdorp. Om dié ellendige stuk pad tussen die N2-afdraai tussen Botrivier en Caledon tot naby die Brandvleidam uit te skakel, het ek in 2019 oor Sir Lowryspas gery en vanaf Klapmuts N1-langs gehou. Ons eerste aand was tot by Goudini Spa. Volgende jaar beoog ek om N2-langs te hou tot net anderkant PE en dan eers binnelands te swaai om met die N10 via Cradock en Middelburg te ry alvorens ons by Colesberg by die N1 aansluit.

Ons is baie lief vir ATKV Hartenbos, maar ek het nou-al soveel goeie dinge van Dibiki verneem dat ons besluit het dat dit dalk tyd is om laasgenoemde te beproef. Ek wou vir 6 aande daar bly, maar hulle het 'n 7-nag spesiale aanbod vir pensioenarisse wat inderwaarheid goedkoper uitwerk as wat ons vir slegs 6 nagte sou oorstaan.

Dan mik ek om iewers naby PE (dalk The Willows) oor te bly vir 'n paar aande en daarvandaan deur te druk na Colesberg voordat ons weer ons redelik normale roete sal volg.

Ons skop af in Punda Maria op 3 Mei. Ek oorweeg dit ernstig om 'n aand of twee by Forever Tshipise oor te staan alvorens ons by Pafuri-hek ingaan.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 10/12/2020 - 19:33

Chris, dit lyk vir my die gevolge van amper-67 skop nou al in.  Soos ek verstaan gaan julle van Kleinmond af ry in die rigting van PE en dan oor Cradock tot weer op die N1.  Dan praat jy weer "agteruit" van Hartenbos en Dibiki en ek aanvaar dit gaan julle eerste kampplek wees.  Daarna oorweeg julle om stil te hou by The Willows (PE) voor julle oor Cradock Colesberg toe ry.  Gaan julle hier by Gariep oornag en wat gebeur daarna ?

Volgens jou vertelling is ons nou op 3 Mei by Pafuri-hek nadat julle by die "ou mense" in Tshipise gaan kuier het  -  is dit om nou 'n paar tips op tel hoe om 'n regte ou mens te wees ?

Dankie, ons weet nou julle sal op 3 Mei kamp opslaan by Punda, maar vertel ons 'n bietjie wat gebeur tussen The Willows en Tshipise.

Ns. Die Caravette ou lady sal haar seker wat verbeel om deur 'n nuwe, jong Hilux op sleeptou geneem te word !

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 10/12/2020 - 20:35

... jy moet met groot respek praat van die "ou lady". 27 jaar oud - dit wil gedoen wees as jy die ouvrou se kondisie in ag neem.

Ja, na Dibiki beplan ek om dalk 'n paar aande by The Willows oor te staan. Gariepdam is ons normale stop as ons op die N1 bly, maar ek oorweeg om Onze Rust in Colesberg 'n slag 'n "go te gee". 'n Ou Eiland-vriend van my wat in Bellville woon praat met groot lof van Onze Rust. Dus - of Onze Rust of Gariepdam (wat ons baie goed ken).

Dan sal Aldam seker maar weer op die spyskaart wees vir een nag alvorens ons 'n minimum van 2 nagte oorbly iewers in die Dinokeng-omgewing. Verlede jaar was ons in Almega (skitterend), maar ek het lus om Tshikwalo te probeer. 'n Kennis van my (in Hermanus) praat met groot lof van Tshikwalo. Daarvandaan na die klomp oumense by Tshipise vir die naweek voordat ons op Maandag 3 Mei in Punda inboek.

Na 6 aande in Punda, wag daar 6 aande in Shingwedzi, 8 in Tsendze, 1 in Letaba, 6 in Satara, 8 in Onder-Sabie en die laaste 7 in Krokodilbrug.

Ons wil baie graag die kinders in Roemenië besoek aangesien ons beplande besoek van vanjaar "ge-covid" is. Maar as dit nog nie moontlik blyk te wees nie, wil ons graag weer 'n bietjie by Eiland Spa gaan uitspan vir so 2 en 'n half maande. Maar laasgenoemde kan ons tans nie help met die winter-skoolvakansie nie. Daarom doen ek ook tans navraag by verskillende KZN-oorde i.v.m. langtermyn pensioenaris-tariewe. Maar daar moet nog 'n bietjie water in die see loop t.o.v. wat ons na die wildtuin gaan doen.

Worcester

Wildehont

Fri, 11/12/2020 - 07:25

Darem lekker as mens pas terug gekom het van ‘n toer wildtuin toe met jou “ou” bakkie en dan kan vertel van jou volgende, langer wildtuin toer met jou nuwe bakkie!

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 11/12/2020 - 09:53

... ja, met Covid-syfers wat nou weer die hoogte inskiet, weet 'n mens nie wat die toekoms inhou nie. Ons hoop maar van die beste. Die eerste persoon wat ék goed geken het ('n rolbalmaat) is die afgelope week oorlede weens Covid.

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 31/01/2021 - 11:13

Ek lees vanoggend in Rapport dat ons ons maar kan gereed maak vir 'n volgende 'n derde vlaag van Covid-oplewing in Mei/Junie - aldus Dr Angelique Coetzee, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging. 'n Mens weet nie wat die situasie gaan wees t.o.v. inenting teen daardie tyd nie, maar ek en Ralie begin al hoe meer twyfel of ons nog die langpad gaan aanpak wildtuin toe tussen mid-Apr en end-Jun.

Ek kyk na verskeie ander opsies om dalk 'n korter wegbreek te onderneem en eerder in vaste akkommodasie met eie geriewe te gaan bly. Ek is ongelukkig nie in 'n situasie waar ek grootliks my eie badkamer-fasiliteite in my karavaan kan gebruik nie. Alhoewel ek my onderliggende kwale (diabetes, bloeddruk en cholestorol)  goed onder beheer het danksy medikasie, word ek deur verskeie dinge tot versigtigheid gemaan. Daar is nou reeds 5 persone wat ek baie goed geken het, oorlede aan Covid. Intussen het ons ook van daardie "waansinniges" geword wat ons wend tot ivermektien (die diere-formulasie) vir voorkomende beheer. Terloops - my dogter, skoonseun en kleindogter in Roemenië het almal Covid onder lede gehad, maar het dit gelukkig relatief maklik oorkom. Maar sy vertel dit is nie "sports" nie.

Dus - die kans dat ons wel in die wildtuin gaan beland vanjaar begin al hoe skraler lyk. Dalk is ek verniet ou banggat. Ek self sal makliker die besluit neem om wel die tog aan te pak, maar mammie is die een wat ekstra bang is.

Middag Chris B

Glad nie waansinnig, veel eerder rasioneel en wel deurdag. Ek sien vanoggend in 1 van die Sondagkoerante dat dit weereens 'n SA dokter was, weliswaar tans  werksaam in VSA, wat oorspronklik die deurbraak gemaak het, dat dit veilig bruikbaar is vir genesing van Covid.

Hier by ons suig die varke nou aan die agterspeen, soos mense hulle medisyne opraap. Ek sal maar moet wag vir die volgende besending by die veearts!!

Ek gaan geen van my besprekings kanselleer nie, ek bly hoop dat ons kan reis gedurende Meimaand en verder..

Groete 

Vaalpark

Johann L

Sun, 31/01/2021 - 11:57

My suster het Desember maand, in Kaapstad, die virus op gedoen, sy is baie gesond en fiks (73 jaar) stap daagliks 5+ Km, en sy sê sy het in haar lewe nog nooit so siek gewees nie.

Worcester

Wildehont

Sun, 31/01/2021 - 13:07

Ek dink nie ons moet enige hoop op inentings plaas nie. Eerstens is ons nasionale gesondheidsdepartement onbevoeg, en verder klink dit of die entstof nie doeltreffend is teen die nuwer mutasie van die virus wat tans mense so siek maak nie. 
 

Vrydag lees ek dat die toerbus operateurs in 2020 net 100 000 passasiers gehad het in vergelyking met 850 000 die vorige jaar. Hoeveel mense gaan kripeer weens die volgehoue inperkings?

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 31/01/2021 - 16:00

My opinie :-

Let wel, dit is my persoonlike opinie gegewe my eie omstandighede : Dit mag wees dat ek nie meer die wêreld se tyd oor het om die Kruger Wildtuin se natuurwonders te besoek nie. Agt kankertumors is reeds uit my liggaam verwyder waarvan vyf in die afgelope ses maande.  Ek sit juis nou en wag vir my jongste toets om te verneem of iets weer iewers aan die broei is. Vir my is dit lewensbelangrik om weer so gou as moontlik daar uit te kom  -  vorentoe mag my gesondheid van so 'n aard wees dat dit nie moontlik gaan wees nie.  Ek het nie 'n kristalbal om te sien wat die toekoms vir my, gesondheidsgewys,  gaan inhou nie en daarom is dit vir my eerste prioriteit.

Ek gaan beslis in Meimaand Wildtuin toe, mits inperkingsmaatreëls nie my planne in die wiele gaan ry nie.  Ek is vasbeslote om nie onverantwoordelik teenoor die Covid epidemie op te tree nie en het reeds elders verduidelik wat ek alles beplan om sover menslik moontlik veilig te bly.

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 01/02/2021 - 12:05

Niemand kan die werklike omstandighede voorspel wat vorentoe wag t.o.v. die Covid-situasie nie - en nie een van ons weet wat jou persoonlike omstandighede andersins vorentoe gaan wees nie (gesondheid of wat ookal). Tog beplan ons mos maar vir die toekoms.

Omdat ek 'n plan B in my agterkop het, het ek ook nog geen definitiewe besluite geneem oor ons beplande wildtuinvakansie gedurende Mei/Jun nie. Ons sal finale besluite nader aan die tyd neem. Ons huidige beplande vertrekdatum bly steeds 15 Apr om uiteindelik in die wildtuin te arriveer op 3 Mei. Ek het my 65ste in Punda gevier en as alles volgens plan verloop wil ons weer so doen met my 67ste ook.

Ek bly dus hoopvol dat dinge sal realiseer, maar die twyfel bly ook nie agterweë nie. Omdat ek steeds hoopvol bly vir die wildtuinvakansie, maar ons voorgenome Roemenië-besoek in Jul/Aug beslis net wensdenkery blyk te wees, het ons besluit om pro-aktief op te tree t.o.v. beplanning/besprekings vir die tydperk na die wildtuin.

Ek kon vanoggend daarin slaag om vanaf 15 Jun tot 20 Aug 'n staanplek by ATKV Eiland Spa te bespreek. Met die skoolvakansie wat ook in daardie periode val, is dit beslis 'n stukkie spreekwoordelike "wors wat ek in 'n hondehok" gevind het. Dit is weliswaar nie in een van ons voorkeur blokke waarin ons plek gekry het nie, maar om op hierdie laat stadium vir 'n tydperk plek te kry, wat die piekseisoen insluit, grens amper aan 'n wonderwerk.

En ten spyte van die twyfel, wat hier in die agterkop krioel, t.o.v. die hele voorgenome vakansie, het ek selfs nog 'n ekstra nag in die wildtuin ook bespreek. Ons bespeking was om te vertrek vanuit Krokodilbrug op 14 Jun. Ek moes dus nog 'n nag iewers kry voordat ek by Eiland kan arriveer. Dít kon ek bekom in Skukuza. Die plan is dus om 14 Jun net vir die een aand in Skukuza oor te staan en die volgende dag by Paul Krugerhek uit te gaan vir die rit na Eiland Spa.

Ons hoop maar vir die beste dat alles sal realiseer.

Worcester

Wildehont

Mon, 01/02/2021 - 12:18

Dis ‘n ou projekbestuur cliche maar clichés bestaan gewoonlik omdat hulle waar is. As mens nou al handdoek ingooi op die aanname dat daar ‘n derde vlaag Covid gaan wees, gaan jy nêrens heen indien die vlaag nie ‘n werklikheid word nie. Of jy moet tevrede wees met tweede keuse as daar wel plek oorbly...

Middag Chris

Sjoe, julle wil rerig nie tuis wees gedurende die winter nie.  Julle is lank bespreek by die Eiland Spa. Lees ek reg, van middel Junie tot middel Augustus.

Jy moet 'n fantastiese ondersteunings groep hê, want hoe anders kan julle julle huis solank alleen los.

Groete

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 01/02/2021 - 12:39

... sluit net toe en ry. Gelukkig is dit (hopelik) reëntyd in die Boland - dus is die tuin nie 'n probleem en die tuindienste sorg vir die grasperke.

Gelukkig het ons nie honde of katte nie - wel 'n African Grey (Stoffel) wat by my seun gaan kuier. Wanneer hulle vir die wintervakansie ook wildtuin en Eiland toe gaan, gaan kuier Stoffel in Grabouw se "pet shop".

Verder kom gooi die bure net so hier en daar 'n ogie om te seker te maak die vrieskaste loop nog almal.

In 2019 (toe ek jou in Satara raakgekamp het) was ons vir bykans 5 maande op die pad. As alles volgens plan verloop, sal dit vanjaar sowat 4 maande wees.

Chris B

Ons is in 'n klein kompleksie woonagtig, met minimum tuin. Om dus laaaank weg te gaan, is dus moontlik vanuit 'n veiligheidsrisiko.

Dit sal egter steeds geweldige sielkundige oorreding en voorbereiding  verg om veral die beterhelfte te oortuig dat dit gedoen kan word.

Groete

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 01/02/2021 - 14:01

Chris, dis uitstekende nuus dat ek tussen die lyne lees dat op 'n oorwig van waarskynlikhede,  julle moontlik gaan deurdruk Wildtuin toe.  Ek is baie bly vir jou onthalwe en hoop julle gekose planne realiseer probleemvry.

Vaalpark

Johann L

Mon, 01/02/2021 - 15:11

Kom ons kyk wat sê die koning vannaand, ek is positief dat ons vonnis verligting gaan kry, dalk nie heelemal op parool nie, maar beslis beter as tans.

Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 03/02/2021 - 10:46

Nou ja - vakansiebeplanning bly lekker, en spyte van die mate van onsekerheid wat a.g.v. die pandemie oor ons koppe hang. Ek het nog twee nagte by my wildtuinbespreking gevoeg.

Ek het in die "Krugerwildtuin 2021" draad genoem dat ek oorweeg om maar weer eerder by Phalaborwa in te gaan en deur te wildtuin (tydsaam) te ry tot by Punda Maria. "Tydsaam" beteken twee nagte se oorslaap om die daaglikse afstande te beperk. Gevolglik het ek gou vir 1 Mei 'n nag se staanplek in Letaba bespreek en vir 2 Mei in Shingwedzi. Dan ry ons Punda toe op 3 Mei waar die properse wildtuinkuier begin.

Ek beplan om weer die aand voordat ons die wildtuin ingaan, m.a.w. 30 Apr, by Eiland Spa oor te slaap - of dalk selfs sommer by Forever Phalaborwa Safari Park.

Met hierdie wysiging beteken dit dat ons nou vir 45 nagte in die wildtuin bespreek is - steeds een nag korter as 2019. En dan net meer as twee maande by Eiland Spa. Ai, ek vertrou dié dinge realiseer.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 03/02/2021 - 11:22

Mooi so Chris !  Ek lees al meer tussen die lyne dat hierdie 45 dae trippie wel gaan plaassvind, en ons drinkgoedjies kan nou wettiglik saamgaan !

Jy het nou so baie jou besprekings rondgeskuif en aangelas dat ek nou behoorlik deurmekaar is  -  wil jy nie asb vir ons 'n opgedateerde program gee nie ?