Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

60709 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie môre almal,

Terug op…
Oktober 2019 Koffiekroeg Dusty -44 minutes ago
Mooi Gespeel Bokke.   Daai… Kampforum SuperBru Voortrekker -8 hours ago
Anton, bly julle het dit… Oktober 2019 Koffiekroeg Johann L -8 hours ago
Ek het, soos nog altyd weer… Reiskombers (travel blanket) Johann L -8 hours ago
Baie Welkom Cobus Uys!  Welkom Voortrekker -8 hours ago
Naandsê!     Ek en Anton jnr… Oktober 2019 Koffiekroeg Voortrekker -8 hours ago
Dankie Shaun, ek hou nogal… De Voetpadkloof Oktober 2019 Johann L -9 hours ago

Kruie om te plant en hulle voordele

Centurion
Submitted by Voortrekker on Tue, 07/08/2018 - 10:10
Forums

Ek het hierdie raakgeslees op afrikaanseforum.co.za

*geleen van 'n kunstenares vriendin Maree.  :notworthy: :icon_salut:    -deur Meraai

Bergpatat help met gewigsverlies omdat dit die metabolisme stabiliseer.

Bitterbos help om die lewer te ontgif en kan met sukses gebruik word vir mense wat lewerkanker, hepatitis en lewerkwale het.

Dasbos en Balderjan help om nn verkoue uit te sweet.

Dasbos en Karmedip help met blaasontsteking en ander blaasprobleme, asook prostaatprobleme aangesien dit verseker dat die blaas behoorlik geledig word.

Dasbos en Klipgruis ontgif die liggaam en help met nierprobleme omdat dit die waterbalans in die liggaam reguleer.

Dasbos en Renostertop versterk die longe in pasiënte met tuberkulose (TB).

Dawidjie-wortel help met die geheue.

Dermpoeier bestaan uit 14 verskillende soorte wortels wat op ‘n maalklip gemaal word en help met toestande soos spastiese dikderm, geïrriteerde dermsindroom, maagsere en hardlywigheid.

Gifbolblare versnel die genesing van wonde en bedsere.

Grashout verlig winde op die maag.

Kalmoes help mense wat wil ophou rook deur rooklus meer hanteerbaar te maak.

Kaneelbol stabiliseer bloedkondisies soos bloedduk, bloedsomloopprobleme en spatare, en cholesterol.

Kankerbossie en Karmedip verlig die simptome van blaaskanker, prostaatkanker en kanker van die pankreas.

KANKERBOSSIE, DIE KONING VAN KRUIE
Kankerbossie is die kruie met die meeste streeksname, dit word in die Karoo Willekeur, Kalkoentjies of Gansies genoem,  in die Overberg word dit Keurtjies genoem en in die Weskus word dit Jantjie Berend. As n mens met ouer mense praat en vra watter kruie hulle die meeste gebruik het, is die antwoord meestal ‘Keurtjies’.

Meeste kruie wat 'n mens gebruik, word gebruik vir 'n 3-maande periode, dan los 'n mens dit vir 3 tot 4 maande om die liggaam tyd te gee om die genesing verder te vat. Dit bly vir my interessant dat die moderne mens klaarblyklik vergeet het dat die menselike liggaam so ontwerp is, dat die liggaam homself keer op keer self kan genees. Dis hier waar Kankerbossie inkom, dit hou die immuunstelsel sterk en as dit sterk is, word al die organe ondersteun. Hierdie krui is al een wat jy jaar in, jaar uit kan drink, elke dag.

Daar is onlangs baie navorsing gedoen oor Sutherlandia frutescence en wetenskaplikes het onteenseglik bewys dat Kankerbossie die immuunstelsel versterk en dat dit die hoof-kruie is om voorkomend kan drink. Mans hoef nie te wag om 40 jaar oud te word om Kankerbossie saam met Karmedip te drink om n gesonde prostaat te verseker nie en vrouens kan Kankerbossie saam met Katjie-3-Blaar gebruik om te help met die geweldige simptome van menopouse.

Dis wetenskaplik bewys dat Kankerbossie TB en HIV pasiënte help met hulle geweldige gewigs-verlies, want dit help om pasiënte 'n eetlus te gee, asook met die bou van spiere, na 'n lang siekbed. Hierdie kruie help ook met angstigheid, die vloek van die moderne eeu, omdat dit die Kortisol vlakke in die liggaam verhoog. Kankerbossie het ook anti-inflammatoriese en anti-oksidant komponente en kan ook verligting gee vir mense met tipe 2 Diabetes. Hierdie kruie moet langdurig gebruik word, mens kan dit nie net vir 3 weke gebruik en dan tot die gevolgtrekking kom ‘dat die kruie nie werk nie’.

As ‘n mens kruie gebruik, is 'n mens deel van die proses van jou genesing, want jy moet toegewyd wees om te onthou om dit daagliks te gebruik, dit gereeld voor te berei en ook emosioneel betrokke te word met jou fisiese herstel. Toe ek begin kruie gebruik, het ek begin leer om te luister na my liggaam en besef elkeen van ons ken ons liggame die beste en deur bewus te wees van hoe jou liggaam werk, so kan jy voorkomend te werk gaan.

Katjiedrieblaar help met hormoonbalans, premenstruale-sindroom (PMS), menopouse en warmgloede. Kan met groot sukses gebruik word in die plek van hormoonvervangingsterapie. In kombinasie met kankerbossie kan dit gebruik word om die immuniteit van kankerpasiënte te verbeter.

Kraalbos versterk die kopvel sodat dit verhoed dat hare uitval en die teruggroei van hare stimuleer. Dit verbeter ook algemene kondisie van hare.

Knoffel – Koning in jou tassie van winter-doepas
Die winter is die tyd dat die imuunstelsel oortyd moet werk om al die verkoues, griep en brongitis hok te slaan en hier is organiese knoffel 'n uitstekende bondgenoot. Rou knoffel, knoffel in sop, knoffel saam met Dasbos en Klipkruie help om die liggaam sterk te hou deur die wintermaande.

Die meeste knoffel wat mens in supermarkte koop, word ingevoer uit China uit, waar dit baie keer geneties gemanupileer word om min of meer almal dieselfde te lyk en bestraal word om te voldoen aan invoer vereistes. In die Karoo, naby die klein dorpie Loxton, is Johan Scholtz al n paar jaar besig om organiese knoffel te verbou. Ek het dit onlangs begin gebruik en ek kon nie die verskil glo nie! Die knoffel smaak anders, “lewendig”, sou ‘n mens dit kon noem. Ek is baie gelukkig dat ek so naby die knoffellandery woon, want ek sal van nou af sorg dat ek nie sonder hierdie bondgenoot is nie. Johan se tel nr is 0533 813 905 en sy e-pos adres is elandshcoltz@gmail.com.

Onder Boererate, is daar ‘n resep vir gout en artritis, waar ‘n mens 1kg knoffel gebruik en hier is ‘n geleentheid om organiese knoffel te gebruik. Trouens, dit is noodsaaklik om organiese knoffel te gebruik, as jy knoffel medisinaal gebruik.

Kruitjie-roer-my-niet verlig tenniselmboog, heupprobleme en verstuite gewrigte. Dit is uiters giftig en moet slegs uitwending en met groot versigtigheid gebruik word.

Lukwartboomblare en Rooivergeetwortels verbeter suikervlakke in diabetes-leiers wie terselftertyd ‘n gesonde dieetprogram volg.

Manskruie verminder impotensie.

Manskruie en Vrouekruie kan help vir mense wat sukkel om swanger te raak.

Oogbossie help met oogprobleme soos oë wat baie water, asook met katarakte.

Oondbos verlig hoofpyn, gewoonlik in kombinasie met ander kruie wat waarskynlik die hoofpyn veroorsaak.

Rooivergeetwortels en Jakkalsbos help met hartprobleme, veral na hartomlynings aangesien dit bloed versterk en die orgaan help om trauma te hanteer.

Velpoeier help met ekseem, psoriase, gordelroos en kopluis.

Vlak-grashout is ‘n vinnige maar sterk manier om van ‘n verkoue ontslae te raak.

Wildepampoen verlig rugpyn.

Wynruit, Wilde-als en Nieshout genees longkwale, asma en brongitis.

BRON: Met erkenning aan Maree en haar oes vanuit: Vanaf Kruie Kraai Koning 

Klerksdorp

Frans Pretorius

Tue, 07/08/2018 - 12:16

Nee o vrek, sommige van daai klink BAIE BITTER!!!!! Sien nie aap-twak nie!!!, Beste krui op die mark!!!devil

Centurion

Voortrekker

Tue, 07/08/2018 - 14:29

Ek sien dit is nogal maklik.

As jou oog probleme het, gebruik 'n oogbossie.  As jy Man probleme het, pluk 'n Mankruie bossie en vir die vrouens is daar Vrouekruie.

Vel poeier vir die vel  en Wilde Pampoen vir die rug! laugh

Port Elizabeth

Antie

Tue, 07/08/2018 - 14:32

Ons was so paar maande gelede op die begrafnis van 'n 96 jarige wat absoluut gesond was tot en met sy dood.   Hy het die oggend nog gaan stap, daarna bietjie gaan lê om te slaap en net nie weer wakker geword nie.   Hy het vas geglo in Gansies en dit gereeld gedrink, het gesweer dit is hoekom hy so gesond is.   Ons het daarvan in die huis maar versuim om dit te drink.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Tue, 07/08/2018 - 18:24

Meeste medikasies kom van kruie af, waarvoor dan so duur betaal vir dit. Gaan koop so paar kruie sade en plant jou eie gesondheid👍(slegs 'n raamwerk, geen bybedoelings nie😄)

Ek is glad nie 'n kenner, hoegenaamd nie, van kruie nie, maar glo vas in die gebruike daarvan. Ek gebruik baie heuning, vars suurlemoen, gemmer en pypkaneel vir verkoues en ander skete, sal graag van die goed wil hê.

Dankie vir die plasing van die stuk Anton.

Waar my wa staan

Arie

Wed, 08/08/2018 - 07:53

Deon, help blykbaar dat 'n man nie prostaat probleme kry nie?

My pa het beter raad gehad, hy het vas geglo met genoeg seks [ten minste 3 keer per week] sal jy prostaat ook nooit oppak nie.

Hy het oor die negentig geword sonder enige prostaat probleme? Ek try maar sy voorbeeld volg, vir wat dit mag werd wees.

Meyerton

Segekok

Wed, 08/08/2018 - 09:22

Deon, help blykbaar dat 'n man nie prostaat probleme kry nie?

Oom arie ek het nie geweet dit help daarvoor ook nie laugh 

Kyk nie hoe mooi groei my tamaties

Tamatie

Waar my wa staan

Arie

Wed, 08/08/2018 - 14:31

Deon, daai tamaties werk vir ALLES, van depresie tot maagwerk, self nou so wilde dagga plantjie in die veld agter my wa raakgeloop. Gee haar gereeld water.

Len ek noem dit "haar" want sy verskaf plesier, soms baie probleme en kan 'n man baie geld kos?

Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 10/08/2018 - 08:03

Voor die onderwerp verdwyn darem bylas. Hier by ons groei baie van die medisinale plante genoem,  het ook hele paar boeke, en lees graag daaroor. Self gebruik ek daagliks n blaartjie Sutherlandia (kankerbossie), is al gewoond aan die bitter smaak.   So van bitter gepraat, wynruit kou ek ook vir bloeddruk, die een is vreeslik sleg, Wildeals vir hoofpyn en sinus, daar breek ek twee toppies af, vou dit dubbel en steek in die neusgate. Dit lyk seker vrek snaaks, maar trek lug deur die spulletjie in, en dit maak regtig n groot verskil. Bugu vir die niere. En dan Bulbina vir jeuk, brandwonde, ekseem, elke huis behoort minstens die plantjie te he.

Ek gaan nou nie oor almal gesels nie, dit gaan nie juis n interesante gesprek maak nie, maar die goedjies wat ek so kou, word gedoen vir voorkoming, en dit blyk of my gesondheid goed hou.