Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus
122283 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Verouderde steak Wors Chris Boucher -4 minutes ago
Seker omdat dit so “ryp” is Wors Wildehont -13 minutes ago
Vroeg ingaan Januarie 2025 Wildehont -21 minutes ago
Wessel ... Januarie 2025 Chris Boucher -56 minutes ago
Chris B Januarie 2025 Wessel Strydom -1 hour ago
Laaste skof Dakar 2025 Rona du Plessis -8 hours ago

Eenvoudige Hoender Potjie - met foto's

Centurion
Submitted by Voortrekker on Thu, 20/12/2018 - 06:14
Forums

Pot lekker met olie op briquette vuur.  Ek gebruik my platboom en 'n drie poot staander.  Die potjie gaan altesaam vir 4 ure loop en ek gebruik' n halwe 5kg sak briquette om hitte te maak gedurende die proses. 

Hoenderpot

Wanneer die olie lekker warm is, voeg groot stukke gekapte uie by met sout.  Ek gaan sommer 'n braai sout gebruik. 

Hoenderpot

Laat die uie lekker bruin braai, so vir 10 tot 15 minute waarna hulle tydelik uitgeskep word om eers plek te maak vir die hoender porsies. 

Hoenderpot

Hoender porsies van keuse  en nog  'n bietjie olie. Voeg nog sout by. Laat die hoender lekker goud bruin word, dit neem so 15 tot 20 minute.  

Hoenderpot

Met hoender lekker goud bruin kan die uie weer terug in die pot kom en saam gemeng word.   Hier kan natuurlik beacon ook bygevoeg word smiley

Hoenderpot

Laat die hoender en uie saam kuier vir so 15 tot 20 minute terwyl jy 'n sousie regkry. Vir hierdie een het ek sommer  kook water, tamatie sous 2/3 koppie en 1 eetlepel paprika en 2 eetlepels suiker gemeng.   Roer uie en hoender deeglik en gooi dan jou sousie van keuse by. 

Hoenderpot

Gooi genoeg sous om hoender amper heeltemaal te bedek... 

Hoenderpot

Nou raak ek nie weer aan die pot met'n lepel nie.  Die fondasie is nou reg en kan die deksel opgesit word vir so 30 tot 40min terwyl ek die aartappels skil. 

Hoenderpot

Maak seker kole word bygevoeg om die hitte lekker te hou. 

Hoenderpot

Na 40 minute voeg aartappels by.  Druk die aartappels dat hulle sommer onder die sousie ingaan. 

Hoenderpot

Nou loop hy al vir amper 2 ure. Kry die ander groente en goeters wat jy wil byvoeg reg. Ek gebruik sommer 'n  vegetable mix vir hierdie een.  So 30min na die aartappels gooi ek dit by...     Met nog sout. 

Hoenderpot

Hoenderpot

Sit deksel op en laat hom loop vir nog 1 en 1/2 uur. Onthou die kole! 

Nou gaan ons swem. 

Klaar geswem so 1 en 1/2 uur later lyk hy so en kook ek gou rys. 

Hoenderpot

Lekker eet! 

Hoenderpot

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 20/12/2018 - 08:16

...................ons het nou 'n nuwe standaard hier op Kampforum begin :  geen verdere resepte sonder 'n foto-handleiding nie !

Dankie Anton, jy maak dit so maklik lyk dat selfs ek ook nou gaan begin pot maak !

Ns. Glo dat as julle wil, ek het nog nooit 'n pot op my eie gemaak nie, maar nou gaan ek !

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 20/12/2018 - 08:21

..............daardie braaier lyk presies soos die braaiers in die Kruger Wildtuin.  Pasop net as joune net drie pote het, as jy die rooster-ring uitswaai om as 'n tafel te gebruik, dat die blêddie ding nie omkantel nie !  As die braaier vier pote het, is die kans gering dat hy sal omval met die uitswaai van die rooster.

Jeffreys baai

Lapskag

Thu, 20/12/2018 - 09:29

Daai vars gebakte brrodjie saam die pot se sous sal n groot wenner wees.

As jy n ring van dun plaat om die kole sit gaan jy nie baie hitte verloor nie en minder kole gebruik, maar my 10c. Jy kan ook a ou handy gas cylinder kry en oop saag met gate in onder, maak n lekker stofie vir potjie kos.

lekker kamp julle Voortrekkers en kie

Just BTW, not everybody knows, but If you turn the legs through to the other side it's either higher or lower, so as the coals / wood burns down you can keep the temp, or when cooking's done you can rasise the pot to simmer....

A drie-poot pot is a very cumbersome thing to pack and it's also very space hungry, That stand from Alko turns a plat-pot which is easy to cope with into a 3 legged, which of course we all know is almost a necessity on a wood fire...

But yes I do think from now on, absolutely no more reciepies without stage by stage photo's.... Think about it.. Sometime down the road, there could be a KAMPFORUM KAMP KOOK BOEK

I definately think as punnishment for making us all hungry and LUS Anton needs to start a new topic.... cooking with pictures or something like that.......

 

Vaalpark

Johann L

Sun, 08/08/2021 - 09:05

Nou gaan ek stroom op weeswink

Ek het nog nooit 'n resep vir potjie gehad, of gevolg nie. Bees stert, lam skenkel of wat se pot ek maak, ek volg my eie kop.

Het die week weer 'n mean skenkel pot gemaak, my gewone routine, maar die keer het ek 'n liter Coke by gegooi, mense dit was vrek lekker. 'n Vorige pot het ek met 'n blik kondens melk gemaak, dit was net so lekker, 'n ander een was met heuning, ongelukkig hou nie almal van heining, glo dit is wragtag waar, maar ek het hom baie geniet.

Nog 'n ding wat ek doen wat glo onwettig is, is om alles te bly roer tot ek die sagte groente in sit, dan los ek dit uit tot dit gaan is.

Pretoria

Geert

Sat, 04/05/2024 - 20:34

Ai...maak hierdie draad my nou lus vir pot stook. Winter maande om die draai, dan gaan ek hierdie een aanpak