TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

61827 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Neef stem nie saam met die… Katalisators neef Herman -7 minutes ago
Sitplekke en deurpanele Amateur kan Willem Brits -8 minutes ago
Willehont, die man by wie ek… Amateur kan neef Herman -18 minutes ago
Spoggerig! Is die plan om… Amateur kan Wildehont -41 minutes ago
Sitplekke en deurpanele in… Amateur kan neef Herman -2 hours ago
Katalisators Katalisators Willem Brits -2 hours ago
Wessle:

Die "controller"…
Froggy Bederf Harry Du Randt -2 hours ago

Lewer in suursous

Centurion
Submitted by Voortrekker on Sat, 16/12/2017 - 20:29
Forums

Lewer

Middelburg, Mpumalan

Skippie

Thu, 26/07/2018 - 10:33

My bek water nou sò!!!! Daarom wil ek ook graag my bydrae lewer met 'n Soet/Suur Lewer en Niertjie resep!

Probeer hom gerus, hy is Koning!!!

Skippie se Soetsuur Lewer & Niertjie-gereg!

 

Jy benodig:

Werk op 3 - 4  skaap - of lamsniertjies  per person. Om die gereg meer te maak, voeg skaap lewers by – 250g per person behoort genoeg te wees.

 

Sout en wit pepper na smaak.     Jou gunsteling braai speserye.

1-2 Groot uie, gekap.                  Genoeg gesoute botter of olyfolie.

1-2 Pakke gekapte mushrooms.   30 ml Bruin asyn & 6 tl suiker gemeng

1-2 Koppies Meelblom.                        1-2 Prei (Leek) stokkies, gekap

1-2 Seldery stokkies, gekap                Gekapte of droë Pietersielie vir garneering

250 ml Vleis aftreksel               !/3 Koppie Soyasous/Worsectersous

1 Eet lepel Droe Mosterd poeier  ½ Koppie droe rooiwyn

Maak so:

Verwyder vliessies en buisies uit die niertjies. Sny in stukkies (Blokkies) en maak lewer ook skoon - verwyder membrane. Sny die lewer in blokkies. Laat lê alles in ‘n bak lou-warm sout-water vir 15 min. Drieneer en spoel af met koue water.

 

In ‘n bak, geur die niertjies en lewer met jou braaispeserye,  (1/4 tl gemaalde naeltjies)sout, wit peper en mosterd, strooi met meelblom om elke stukkie te bedek. ( of gooi alles in ‘n groot plastiek sak en meng dit goed deur)

Verhit genoeg botter in ‘n platboom yster kastrol. As die botter gesmelt het, voeg die uie, pruie en seldery by en braai 5min lank. Voeg niertjies en lewer by en braai oor matige hitte vir 3-4 minute. Nie te lank nie, anders verloor die niertjies daardie heerlike sappigheid van hulle. Gooi 2 bakhande vol sampioene, in skyfies gesny, in die pan en braai vir nog ‘n minuut of twee.(Opsioneel)

 

Voeg die vleis aftreksel, wyn en die asyn & suiker mengsel by in die pan saam met die lewer & niertjies. Roer dit deur prut vir nog 8 minute. Proe maar kort-kort of alles na smaak en dik genoeg sousie is. (Verdik met maziena en water) Skep dit oor pap/rys/kapok-aartappels of roosterkoek wat pas van die kole af gekom het. Strooi vars gekapte pietersielie bo-oor en geniet. Tabasco sous maak ook mooi!!

Port Elizabeth

Antie

Thu, 26/07/2018 - 10:49

Dankie vir die resep, Skippie.   Ek gaan hom maak.  Ek maak soms niertjies in 'n soet-suur sous en lewer bak ek gewoonlik net in 'n pan.   Het nog nooit die twee saam gedoen nie.  Maar ek vind altyd die niertjies moet 'n rukkie kook om lekker sag te raak en lewer, weer, moet nie te lank bak nie, anders raak dit droog.   As jy die twee saam doen volgens jou resep, is albei sag, sonder om droog te wees?

Hi Freda,

Ek sny die niertjies maar heelwat klein om vining saam met die lewer sag te kook. Nee ek het nognie dit beleef dat die lewer droog is met die resep nie.

Laat weet gerus hoe het dit gewerk en gesmaak, asb?

 

Groetnis