Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

57240 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Beteken dit dat ek nie meer… WilSur se Braai en/of Buite… leeu -18 minutes ago
Hallo Antie! Môre begin die… Julie 2019 - Koffiekroeg Voortrekker -39 minutes ago
Baie Geluk oom Len!   Verjaardae Voortrekker -41 minutes ago
Wind ... Lag 'n slag Willem Brits -52 minutes ago
Tentco Coolers ... Koelhouers Willem Brits -1 hour ago
baie beter as die ou Coleman… Koelhouers Voortrekker -1 hour ago
Baid geluk Len, mag dit jaar… Verjaardae Johann L -1 hour ago

Woonwa Bande ?

Meyerton
Submitted by Segekok on Wed, 05/04/2017 - 09:28
Forums

Help my asb.  Ek lees op die FB groepe dat woonwa bande n "C" gradering moet hê.

My vraag is dus nou. Is dit werklik nodig?

As ek na n band kyk bv. 175/80/R14 88 T Gee dit vir my die volgende.

175 die breete in mm 80 die wand hoogte in % van die breete en dan die R wat aandui dat dit n "RADIAL" is en die 14 wat dan die "RIM" groote aandui.  Die volgende is wat vir my hier belangrik is  en waarom ek die vraag vra.  Die 88 Gee vir my n draevermoë van 560Kg  wat veilig is by die spoed van ( die "T") van 190km/h. met dan ook in aggeneem die maksimum druk.

Ek sleep nooit my wa teen daai spoed nie( dink nie die GWM gaan dit haal nie) ek laai ook nie my wa tot sy volle GVM nie en die bande is nooit so hard gepomp nie.

My wa se volle GVM is steeds onder die gewig wat die band kan dra.

 

 

 

 

 

 

As jou wa se GVM minder is as die somtotaal van die 2 bande is jy reg. Maar as jy die hele huis saamsleep is jy gewoonlik oor die GVM, so kyk maar na die marge tussen die twee getalle, as dit net-net reg is gaan eerder vir die C bande 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 25/04/2017 - 17:45

Ek sal steed vir die "C" Kommersiële band gaan want hy kan die vrag beter hanteer. 

afrika

Bena

Tue, 18/07/2017 - 16:41

ek like ok die comersial bande jy kry meer gewig uit om te pak so n ou kan maklik oorlaai sonder laat jy weet en om n R100 of R200 te spaar is dit nie die moeite werd nie n ou kry meer skade as n band sou bars as daai geldjies wat betrokke is

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Tue, 18/07/2017 - 18:09

Ek dink dit gaan oor die dra vermoe van die "side walls" kommersiële bande kan baie meer punch vat as motor bande.

Ek het altyd in sagte bande geglo, tot ek op ander forum gesien het, en ook in my werk dae by vervoer maatskapy uit ondervinding geleer het.

Grootwind

Wed, 19/07/2017 - 12:58

In reply to by Sleep nou

Betaal eerder daai bietjie ekstra vir C bande, my Fleetline loop op load rating 94/92 (dws 670kg per band) wat basies 300kg bokant die wa se GWM is, ek beskou dit as 'n veiligheids faktor. Ten spyte daarvan het ons laas maand 'n "blow out" gehad op pad af na Scotties toe. Gelukkig geen skade aan die wa self nie (moeilik gewees om te glo as mens die band gesien het daarna). Onthou ook dat wat die load rating van 'n band is dit ALTYD teen die band se maksimum druk is, dws vir die 94/92 C band is dit 670 kg teen 4.5 bar, teen laer druk verminder die dra vermoee ook. Ek self sleep teen sowat 3.6 bar. 

Centurion

Dusty

Wed, 19/07/2017 - 13:38

Ek het die khumos op my wa. 175x14". dit kan 'n vrag van 750kg per band dra. dus 1500kg. Wa weeg met tente en pale 1100kg. ek kan dus 400kg dra maar laai nooit tot daardie gewig nie. Laai die tente en kos in die sleepvoertuig.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 23/07/2017 - 20:53

Op swakker, wipperige paaie is die wande van 'n gewone straallaagband geneig om onder die gewig van die karavaan mee te gee.  Dit was my ervaring met my Penta terwyl ons in Zimbabwe gewoon het waar die hoofpaaie baie wipperig is. Vandat ek kommersiële bande gekoop het, was die probleem met gebarsde bande iets van die verlede.

 Goeie dag  Willem (WilSur) en n baie vooespoedige 2018

Ek verneem jy het onlangs nuwe bande op jou woonwa laat sit, wat se bande het jy op gesit?  Ek het nou n barsband gehad en dit is tyd dat ek my bande sal mooet vervang.

Groete.

Pieter

 

Ellisras

De Brak

Mon, 08/01/2018 - 08:25

Ja,hier leer ek ook nou baie.Wat sal dan die regte band wees vir my 1993 Penta?

 

Môre Tuiste,

Nee, nee! ek het nog nie op gesit nie.  Ek nog besig om rond te vis, watter bande ek moet op sit.

Tans het ek Firestone CV2000 op, maar moet hulle vervang,

Groete.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 17/01/2018 - 14:59

Dankie, Voorspoed vir julle ook.

Skies Pieter, ek sien nou eers jou vraag oor bande.

Ek het 185 x 14 Dunlop SP Endura C8 opgesit.  Tyre Mart het my gehelp met bande wat 2017 vervaardig was teen R 3,699.00

Ek het hulle met Nitrogen laat pomp en met die vrag Kaap toe en terug in die hitte het die bande nie warm geword nie.

Op die 3B het ek Hifly Super 2000, 165 x 13 C opgesit.

Middelburg. Mphumala

Pieter Kotze

Tue, 23/01/2018 - 21:23

Dankie Wilsur,

Ek sal kyk na die bande. Die mense hier by Jurgens Woonwaens sê ek moet die CV2020 195 x 14 Firestone bande opsit.

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 24/01/2018 - 08:57

My 13 jaar oue Exclusive het in 2005 uit die Jurgens Ci fabriek gekom met die presiese Dunlop Endura bande soos in Willem (WilSur) se kommentaar hierbo.  Na 8 jaar en 43 000km het ek dit in 2014 met presies dieselfde bande vervang en het nou reeds op die nuwes 'n verdere 22 000km gesleep.  As ek weer moet vervang en die presiese bande is nog beskikbaar, vervang ek dit beslis met niks anders nie.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 24/01/2018 - 16:44

Pieter,

Die probleem is ek kan nie na 195 toe oor gaan nie, hulle loop te naby aan mekaar met die dubbel as en dan moet die movers ook oor gestel word.