Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Rona... Pad en roete inligting Wessel Strydom -1 hour ago
Johann en Wessel November 2026 Rona du Plessis -22 hours ago
Rona... November 2026 Wessel Strydom -1 day ago
Rona November 2026 Johann L -1 day ago
Teri Lemveli... November 2026 Wessel Strydom -1 day ago
Liewe liefste Voolie... November 2026 Rona du Plessis -1 day ago

Toeka se Willys jeep

Brits
Submitted by Wessel Strydom on

'n Teken van oud wees, is as mens toeka se dinge helder onthou, en vergeet wat laasweek gebeur het.

Sit ek en dink aan my kinderdae, soos sestig jaar gelede, en die duineveld in die omgewing van Die Puntjie en Vermaaklikheid omgewing. Familie het daar duine grond gehad, en het die skaap daar laat loop.

Tref dit my hoe daai oom met sy groen Willys daar gery het, om skaap inspeksie te doen. Nou daai duine veld was sandduine, met so hier en daar nabank riwwe in. As hy nou daar afdraai van die grondpad, het hy gestop en daai kort hefboompie getrek. Niks van afblaas van daai 4 Marie-beskuitjie bandjies nie. Dan moet jy vashou, soos daai Wyllis die 2 sandspore bestorm. Nooit vasgesit nie.

Nou wonder ek, as mens daai Willys vergelyk met vandag se 4x4 trokkies en SUV's, met 265/65x17+ bande, en al die elektroniese foefie-katoeter ondersteuning het, en die ouens sit tog soms vas.

Waaraan skryf mens dit toe?? Die bestuurder, die gereelde [daaglikse] 4x4 sandry ervaring, want dit kan nie Willys se aandrywing wees nie. 

NS: Ek moes nou eers die spelling regmaak, anders het onse neef Herman my gekapittel😁       

0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus