Wen R 1000 bygedra tot jou kampplek van keuse!
Dankie Harry du Randt (Cadhouse) vir die R800 borg + 'n R200 borg van 'n anonieme forum lid! ![]()
Hoe werk die kompetisie?
Jy hoef nie 'n nuwe draad te begin nie. Plaas jou inskrywings slegs op hierdie draad.
Enige lid mag 3 foto's inskyf. Enige foto na jou 3rde inskrywing sal nie in ag geneem word nie. Jy hoef nie al 3 foto's gelyktydig te plaas nie. Foto's MOET deur jou of van jou geneem wees. Die kompetisie sal eers eindig wanneer 15 of meer lede ingeskryf het. Forum lede word verwelkom om kommentaar te lewer op foto inskrywings. ![]()
Foto Tema: " My gunsteling kamp foto's"
Prysgeld: Die R 1000 sal in die wenner se oord van keuse se rekening inbetaal word met bespreking.
kliek - HOE OM FOTO's TE LAAI?
KOM LAAT ONS JOU FOTO's SIEN!
(beoordelaars is Cadhouse kantoor lede en anonieme borg)
Len ja, jy is gelukkig, die…
Len ja, jy is gelukkig, die kompetisie eindig eers as daar 15 of meer inskrywings is?
Jou fotos van die wille tuin gaan tel, so sterkte aan ons almal.
Let the fun begin.
Johann, maar
Johann, maar daar moet tog 'n einddatum wees want ek kan nie te lank wag om my volgende vakansie te bespreek en betaal nie. Ek vermoed daar gaan 30 deelnemers wees binne die volgende twee of drie weke en dan is ek te laat ! Jy moet onthou, hier is nou baie nuwe ouens wat by ons aansluit so my wenkans word ernstig bedreig.
Een van my gunsteling…
Een van my gunsteling kampfoto's. Tietiesbaai, 2014 Jan.

Is dit jou blou tent, by die…
Is dit jou blou tent, by die wit Caddy Maxi ?
Ook nog op my "bucket list"
Ja Harry …
Ja Harry ![]()
Net links van my tent kan jy net net iemand sien staan, dit is Lolla wie vir my waai.
Tietiesbaai
Dit lyk na 'n lekker spot om te kamp. Sommer so by die see en sand en 'n lekker swemplek daar tussen die rotse. Dit laat my nogal bietjie aan Willows hier in die Baai dink. Is dit winderig daar Voortrekker?
Ek gaan so paar foto's plaas…
Ek gaan so paar foto's plaas.
Dit gaan meer as drie wees, maar nie een van hulle tel vir die kompetisie nie, want ek is nie n deelnemer nie.
Net so paar om die wiel te laat rol.
Boats se Boemelaar kamp
Ek en Yvonne by Boats se Boemelaars kamp by Koppisol,
n Hele paar jaar terug.
Het toe nog my baard en dreadlocks gehad
Hennie Janse Van Rensburg
By dieselfde kamp.
So vêr ek kan onthou is hy ook hier.
Hy lyk goed gemooooeeer, ![]()
My ou kamp vriendin
N skelm foto van my ou kamp vriendin.
Kan nie onthou waar dit geneem was nie.
15 Jaar terug.
Hoor by n vriend van my sy het nou baie gewig verloor en ondersteun nou die Stormers. Die tattoo is ook glo verwyder,
Is glo nou "gat vol" vir die Bulle en hulle kleredrag.
![]()
Toe ek nog met karavaan gekamp het
Die jare toe ek nog met my 1989 Rooi V8 Defender en 1975 Gypsey 2 gekamp het by Jim Fochee by die Vaaldam.
Saam met baie vriende.
Lekker Lekker
Baan is geopen
Ek en Anton het nou die baan geopen.
My foto's tel nie en is ook nie deel van die 15 wat moet deel neem nie.
My 2de Inskrywing
Gryswater se "recovery" middag slapie by die Mabalingwe saamtrek

Nou ja, ons wag vir dir…
Nou ja, ons wag vir dir ander, ek gaan ook 'n fototjie plaas.
Inskrywing foto No. 1
Lyk soos die groot saamtrek…
Lyk soos die groot saamtrek waarvan ek in die Rapport gelees het ![]()
Daai man regs lyk soos 'n…
Daai man regs lyk soos 'n stout skoolseuntjie ![]()
Dis 'n wenner foto !





Ek aanvaar.................
Ek aanvaar julle wag met die sluiting van die kompetisie nadat ek van die Wildtuin af terug by die huis is - 31 Mei 2018 !