Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie hout... Goeie hout se Noord & Oos… Wessel Strydom -50 minutes ago
Goeie hout... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -56 minutes ago
die Burger.... Media24 se koerante en… Wessel Strydom -59 minutes ago
Von maak net so sop, maar sy… Aartappelsop (Vichyssoise) Goeie Hout -1 hour ago
Rapport Media24 se koerante en… Geert -1 hour ago
Puppy Kgalagadi Oktober 2026 Goeie Hout -2 hours ago

Ek gaan verloor!!!

Dullstroom
Submitted by Rona du Plessis on
Forums

In die donker hoekie van my laptopskerm staan toe sowaar 'n nuwe boodskap. Tic Tac Toe is nuut bygevoeg en ek het 'n uitdaging om te aanvaar. Ek bewe, maar wil graag saamspeel. Nodig 'n "crash course". 

Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 24/10/2026 - 20:13

Ek het twee Tic Tac Toe uitdagings aanvaar - ongeveer agt ure gelede. Is tans in 'n titaniese stryd gewikkel, en dis nog lank nie die einde nie. Senutergend.

Sommer 'n interessantheid oor skaak (nou nie so 'n ingewikkelde spel soos waarmee ons besig is nie, maar nogtans😸). Die langste "correspondence match" is gespeel tussen 'n Dr Reinhardt en Dr Hendrik. Dit het 54 jaar aangehou (1946-1999) en het die einde bereik toe Dr Reinhardt oorlede is.

Ons sal moet roer. Intussen werk ek skuiwe uit dat dit gons en is nie van plan om te verloor nie. Die wenprys per spel??

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 25/10/2026 - 08:14

Na soveel ure van intense konsentrasie het ek seker in 'n onbewaakte oomblik my balans verloor. Veels geluk Voortrekker! Next time......

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 25/10/2026 - 08:29

Die ander "game" was teen Geert. Die uiteinde was 'n "draw". Ek is opgewonde hieroor, want dit beteken vooruitgang in my spel. Prettige tydverdryf so tussendeur😹

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus