Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

57143 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Karoo heel balm is net die… Stof tot nadenke neef Herman -19 minutes ago
Beslis moeite werd en is nie… WilSur se 2011 Exclusive Krag… Noel -24 minutes ago
Ek het nie veel hoop nie,… Kampforum SuperBru Mona -25 minutes ago
Ingrams Kamfer Room Stof tot nadenke Johan K -27 minutes ago
As ek n week lank plakkies… Stof tot nadenke Noel -28 minutes ago
Goeie middag maters. Ek is… Julie 2019 - Koffiekroeg Noel -47 minutes ago
Danie, is saam met jou bly… Julie 2019 - Koffiekroeg Dusty -47 minutes ago
Ek moet bieg die nuwe… Kampforum SuperBru Groot G -1 hour ago

Mollers se April 2019 Maand vakansie

Secunda
Submitted by Sleep nou on Thu, 07/03/2019 - 09:31
Forums
Nou dis my en Berdien se eerste maand lank kamp vakansie so dis n eerste vir die Mollers van petrol dorp. Maar daarby gese daar is n twist my moeder gaan ook saam ons sy self was 4 jaar laas weg vir n verlof omrede sy n wassery behardig in Phalaborwa sy word binnekort 72 jaar oud haar in ag geneem sonder n caravan moes ons noodgewone ons rellings aanpas sy sukkel met die tent en opblaas matrass Ons ry al die 30 Maart Phallas toe waar ons voorrade gaan aankoop en my ma dan optel die 2 April vertrek ons ATKV Eiland toe en vertrek weer die 17 April na Buffelspoort waar ons n troue bywoon en vertrek dan weer 21 April vanaf Buffelspoort na Secunda Dan vertrek ons die 23 April tot 27 April op versoek van my moeder na raai waar ja julle is reg ATKV Natalia dis haar gunsteling kamp en ja ek net nou die dag gese ek wil bietjie skuif na iets anders maar ja my ma so mooi gevra nou hoe se ek nee 27 April vertrek terug Secunda en sondag 28 April vat ek my moeder terug Phallas toe ja dis n mond vol sal fotos gooi soos ons maand toer vorder
Pretoria

leeu

Thu, 07/03/2019 - 13:32

Hi Shaun, ek hoop jy besef hoe verskriklik bevoorreg jy is om jou ma saam op vakansie te vat. Ek wens ek kon dit nog doen, my ouers ongelukkig oorlede. Een van my vriende het altyd sy skoonma saam gevat as hulle gaan kamp, dan hoef hy haar nie totsiens te soen nie....nee ek speel, dit het regtig gebeur. Sy het In die "add a room" geslaap en het altyd lekker gesels, maar sy is ongelukkig ook al oorlede. 

Dit klink so lekker. Plaas asb baie fotos vir ons, nou dat ek daaraan dink, was jy nie noudie dag by Natalia nie?

Port Elizabeth

Antie

Thu, 07/03/2019 - 13:49

Dit klink na 'n lekker program, Shaun.   Ek glo julle, en veral skoonma, gaan dit baie geniet.  Verstaan ek reg dat julle dan nie gaan kamp nie oor skoonma sukkel met tent en opblaasbed?

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Thu, 07/03/2019 - 14:43

Shaun, wat 'n voorreg om jou moeder nog te hê, en boonop ook nog met vakansie te kan saam vat. Julle moet dit geniet ou maat, maar, wat van plan  verander,  kom saam kaap toe😄

Secunda

Sleep nou

Fri, 08/03/2019 - 07:51

Freda dis my eie ma skoonma bly die keer tuis cheeky Yes leeu was net nou die dag by Natalia maar my ma gevra kom ons draai bietjie daar sy was 4 jaar laas by die see ek is regtig bly en bevooreg om my ma saam te kan vat ons kinders skeep ons ouers af did ook maar die gejaagte lewe Johan daai Kaap ding om die draai maar eers weskus dankie Harry ons gaan

Secunda

Sleep nou

Mon, 18/03/2019 - 10:22

Nog 15 dae dan is dit Eiland se beurt kan nie wag lus virrie bosveld

Secunda

Sleep nou

Tue, 26/03/2019 - 16:39

Nog drie nagte by die huis dan is dit die mollers van Secunda se maand vakansie kyk ek kan nie meer wag nie 

Secunda

Sleep nou

Wed, 27/03/2019 - 06:21

Dit klink of my ma meer opgewonde is as ons sy paar keer gebel en gevra is julle gepak ja wat n vooreg om vir n maand weg te kan gaan terug te kom en nog n werk te he