Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Bly julle het goed gery... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -7 minutes ago
Selfde een Neef Herman Aartappelsop (Vichyssoise) Rona du Plessis -28 minutes ago
Von maak net so sop, maar sy… Aartappelsop (Vichyssoise) neef Herman -1 hour ago
Well done Chris en Ralie… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -1 hour ago
hier kom brommer bollie Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Veilig by die huis Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago

Help my gou om ‘n naweek by ATKV te wen asb

Worcester
Profile picture for user Wildehont
Submitted by Wildehont on
Forums

RSG het elke jaar tydens die Woordfees in Stellenbosch ‘n kompetisie saam met die WAT vir nuutskeppings in Afrikaans. Ek het ‘n woord ingestuur en mens kan vandag daarvoor stem. My woord - talmwalm (‘n slegte reuk wat nie wil weggaan nie) - loop tans voor. Gaan gou na www.rsg.co.za en rol so entjie af na Kitspeiling aan die regterkant van die blad en stem vir my nuutskepping asseblief.
Jammer dat ek die platform nou so misbruik maar die prys vir die woord wat wen na die naweek is vier aande by enige ATKV oord en dis mos nie te versmaai nie!

Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Thu, 12/03/2020 - 07:55

Môre Chris

Wat is die 2de prys---- 10 aande by 'n ATKV oord, wat 2 naweke by Goudini moet insluit???

Ek hou egter van jou woord

Groete

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 12/03/2020 - 08:22

Dankie julle, stem asb weer vir my woord. Die finale prys word eers môre toegeken aan die woord uit die drie finaliste wat wen. 
Mag julle nooit ‘n talmwalm kry in julle karavane, tente of motors nie. 
Toe ek in Botswana gewoon het, het my motor in Kasane by ons kantoor gestaan terwyl ek in die bos was, soms vir tot 5 maande. Die een keer, na goeie reens was daar bietjie van ‘n ontploffing in die knaagdierbevolking. Die mense by ons kantoor dink dit toe goed om Rattex uit te sit sodat die rotte nie ons motors se kabels of pypies afkou nie. Die probleem met Rattex is dat dit die rot dors maak en wanneer hy water drink aktiveer maar ‘n ruk vat om te werk. Die rot gaan vrek gewoonlik dan in sy/haar nes. Dis ‘n nare gif wat die ingewande opvreet. Toe ek my kar oopsluit om SA toe te ry vir ‘n breek na 5 maande in die bos, is daar ‘n doodsreuk wat my meisie van daardie tyd amper laat opgooi het. ‘n Rot wat in my paneelkissie nes gemaak het, het toe daar gevrek en gelyk asof dit oor die plastiekomslag met die diensboekie en handleiding gesmelt het. Ek moes dit skoonmaak (met ‘n effense wingerdgriep onder lede na die vorige aand se afskeid voor ons met verlof gaan) en toe met al die vensters oop, vir 12 ure ry Pretoria toe. Die talmwalm wat oorgebly het, het nog 5 maande geneem voor dit gewyk het. 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 12/03/2020 - 10:03

Kooikategese (seksonderrig op skool): 0%

Snuiterbuiter (ouer vrou wat met jong mans uitgaan - cougar): 33%

Talmwalm (slegte reuk wat nie wil weggaan nie): 67%

Stemme: 3

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 12/03/2020 - 11:09

Donderdag 12 Maart 2020

Kooikategese (seksonderrig op skool) 31% Snuiterbuiter (ouer vrou wat met jong mans uitgaan - cougar) 21% Talmwalm (slegte reuk wat nie wil weggaan nie) 44%

Aantal stemme: 39

Hou ook van daai "Kooikategese"

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus