RSG het elke jaar tydens die Woordfees in Stellenbosch ‘n kompetisie saam met die WAT vir nuutskeppings in Afrikaans. Ek het ‘n woord ingestuur en mens kan vandag daarvoor stem. My woord - talmwalm (‘n slegte reuk wat nie wil weggaan nie) - loop tans voor. Gaan gou na www.rsg.co.za en rol so entjie af na Kitspeiling aan die regterkant van die blad en stem vir my nuutskepping asseblief.
Jammer dat ek die platform nou so misbruik maar die prys vir die woord wat wen na die naweek is vier aande by enige ATKV oord en dis mos nie te versmaai nie!
Ek het vanoggend gehoor op…
Ek het vanoggend gehoor op RSG die woorde word genoem ![]()
Tweede prys
Môre Chris
Wat is die 2de prys---- 10 aande by 'n ATKV oord, wat 2 naweke by Goudini moet insluit???
Ek hou egter van jou woord
Groete
Geluk Chris. So pas oor RSG…
Geluk Chris. So pas oor RSG gehoor jy't gewen met "talmwalm". Lekker kuier by 'n ATKV oord.
Dankie julle, stem asb weer…
Dankie julle, stem asb weer vir my woord. Die finale prys word eers môre toegeken aan die woord uit die drie finaliste wat wen.
Mag julle nooit ‘n talmwalm kry in julle karavane, tente of motors nie.
Toe ek in Botswana gewoon het, het my motor in Kasane by ons kantoor gestaan terwyl ek in die bos was, soms vir tot 5 maande. Die een keer, na goeie reens was daar bietjie van ‘n ontploffing in die knaagdierbevolking. Die mense by ons kantoor dink dit toe goed om Rattex uit te sit sodat die rotte nie ons motors se kabels of pypies afkou nie. Die probleem met Rattex is dat dit die rot dors maak en wanneer hy water drink aktiveer maar ‘n ruk vat om te werk. Die rot gaan vrek gewoonlik dan in sy/haar nes. Dis ‘n nare gif wat die ingewande opvreet. Toe ek my kar oopsluit om SA toe te ry vir ‘n breek na 5 maande in die bos, is daar ‘n doodsreuk wat my meisie van daardie tyd amper laat opgooi het. ‘n Rot wat in my paneelkissie nes gemaak het, het toe daar gevrek en gelyk asof dit oor die plastiekomslag met die diensboekie en handleiding gesmelt het. Ek moes dit skoonmaak (met ‘n effense wingerdgriep onder lede na die vorige aand se afskeid voor ons met verlof gaan) en toe met al die vensters oop, vir 12 ure ry Pretoria toe. Die talmwalm wat oorgebly het, het nog 5 maande geneem voor dit gewyk het.
Gewaarborgde talmwalm
Boontjie sop, gemaak op die tradisionele manier.
Het weer my stem gaan dik…
Het weer my stem gaan dik maak, glo jy gaan wen👍
Kooikategese (seksonderrig…
Kooikategese (seksonderrig op skool): 0%
Snuiterbuiter (ouer vrou wat met jong mans uitgaan - cougar): 33%
Talmwalm (slegte reuk wat nie wil weggaan nie): 67%
Stemme: 3
My stem is weer uitgebring…
My stem is weer uitgebring. Ek vra intussen vir Ralie, my broer en 2 susters ook om te stem.
Ook gestem.
Donderdag 12 Maart 2020
Kooikategese (seksonderrig op skool) 31% Snuiterbuiter (ouer vrou wat met jong mans uitgaan - cougar) 21% Talmwalm (slegte reuk wat nie wil weggaan nie) 44%Aantal stemme: 39
Hou ook van daai "Kooikategese"
Chris, my vrou en ek...
het ook vir jou woord gestem. Hoeveel keer mag 'n mens stem?






Chris, ek sal die…
Chris, ek sal die eerbaarlike ding doen, en vir jou gaan stem👍