TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

62805 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Voorbereidings getref sover:… Yzerfontein hier kom ons! Wildehont -2 hours ago
Hont! F@# Eskom Voortrekker -5 hours ago
Vat die pad... Len se Vintage Kamp foto… Voortrekker -5 hours ago
Kom nou Wessel, doen dit!  Kampforum by TO Strand Voortrekker -8 hours ago
Warren, you said it BRO😂😂

Twak praat Johann L -8 hours ago
Warren wat bedoel jy met "Ek… Twak praat Arie -10 hours ago
Glo nie..... Twak praat TWTFAWC -11 hours ago

Nuwe Forum blad voorkoms.

Vaalpark Vrystaat
Submitted by Johann L on Thu, 31/10/2019 - 20:13
Forums

Moet sê, ek hou van die "new look" forum👍 

Secunda

Sleep nou

Fri, 01/11/2019 - 03:32

Johann terwyl ek oplyn nou is sien ek dit ook raak puik welgedaan Voortrekker lank lewe ons forumwink

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 01/11/2019 - 07:28

Het dit gesien, maar gewag om te sien wie merk dit op.

Dankie Voorie ✔👍👏 soos Shaun sê ...

Lank lewe ons forumwink 

Centurion

Voortrekker

Fri, 01/11/2019 - 07:45

Dankie julle. smiley  Ek is bly as julle daarvan hou.  Ek speel nou al 'n geruime tydjie met die idee om dit bietjie te verander en nuwe kleur by te voeg, asook moontlik bietjie meer ergonomies te maak. yes

Môre Chris

Het jy al gaan kyk in die HAT? Ek het nie ene by die werk nie.

Wil net noem aangaande ergonomika;

ek sit steeds in my stoel, moet steeds die muis met regterhand rondstoot, afstand na skerm is steeds op dieselfde bifokale afstand van my gesig.

Op my ouderdom het ek 'n broertjie dood aan enige onnodige ergonomiese of kosmetiese veranderinge. Sulke dinge gaan bloot by my verby.

Ek word wel goed bedonnerd as banke hulle webblaaie sommer net verander en mens moet jou blaker afsukkel om net weer by jou inligting te kom. As iets werk, moet nie daaraan karring nie.

Seker maar tiperend van my ouderdom.

Groete

 

 

Centurion

Voortrekker

Fri, 01/11/2019 - 08:34

Ergonomie is de wetenschappelijke studie van de mens in relatie tot zijn omgeving. Dit kan een product, ruimte of werkplek zijn. Ergonomie zit vervat in ons dagelijks leven, maar is vooral bekend in arbeidssituaties. Het is afgeleid van de Griekse woorden ‘ergon’ (werk) en ‘nomos’ (wet) en moet ervoor zorgen dat de veiligheid en gezondheid van de werknemers verzekerd wordt. Bij het ontwerpen van consumentengoederen en interieurs speelt vooral comfort en het doeltreffend functioneren een rol.

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 01/11/2019 - 08:37

Die HAT gee net een woord as beskrywing by "ergonomie" naamlik "biotegnologie". Kyk ek laasgenoemde op, word die volgende verduideliking gegee: "Afdeling van die tegnologie wat biologiese en ingenieursdata toepas op probleme i.v.m. die mens by die masjien.

Ek bly maar steeds te onnosel om selfs hierdie beskrywing te verstaan.

Centurion

Voortrekker

Fri, 01/11/2019 - 08:52

Chris, Ergonomieka is maar eenvoudig die ontwerp / uitleg / proses vloei van instrumente of kontroles wat die mens se fisiese interaksie verlang om sodoende meer doeltreffend te wees.   Bv die ontwerp en uitleg van 'n motorvoertuig se kajuit word so gebou sodat dit veilig en doeltreffend gebruik kan word.  - Dit kan enigiets wees van die afstand tussen mens en kontroles, die afstand tussen kontroles wat saam of na mekaar gebruik word asook die fisies ontwerp en vorm van kontroles om dit gemaklik te maak om te gebruik.   

Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 01/11/2019 - 09:19

Is dit hoekom ons supermark so elke paar maande die winkelrakke verander ? Net sodra die uitleg gememoriseer is, dan verander dit. Gevolg,  loop weer en soek vir n ding.  Dalk is dit ook soos Voorie noem, makliker, veiliger en hopelik vinniger. Dit is nou by die supermark natuurlik.

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 01/11/2019 - 09:45

... dankie vir die verduideliking van 'n term wat ek persoonlik nie geken het nie, maar darem nou so 'n bietjie meer verstaan.

Laat my onwillekeurig dink aan Nataniël wat op 'n keer genoem het wat sy ouma vir hom gesê het: "My kind, ouma verstaan niks van wat jy doen nie. Maar dit is vir ouma mooi. Hou so aan."

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 01/11/2019 - 10:08

Ergonomie : Ek voel nou sommer baie goed want voor Voorie se verduideliking het ek darem iets geweet wat van my geleerde vriende hier op Kampforum nie geweet het nie. 

Dis lekker om die week met hierdie goeie gevoel af te sluit.

Terwyl (ek aanvaar) Voorie Google geraadpleeg het om vir ons 'n Nederlandse verduideliking te gee, het ek in my Oxford Dictionary gaan kyk :

"Ergonomics is the study of work and its environment and conditions in order to achieve maximum efficiency"

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 02/12/2019 - 21:08

Miskien is dit net ek maar die een kleur maak dit nie makliker nie ?

.

Dit is hoe dit was ?

.

Die nuwe ?

.