6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Neef Herman 😈    Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Wimpy Kruger 2026 Geert -2 hours ago
Het die Hi Lux traction… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -3 hours ago
Neef kla nie oor die groen… Forum Herstel en terugvoering neef Herman -3 hours ago
Voortrekker.... Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -4 hours ago
Wessel ons is amper daar.  … Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -4 hours ago

Alternatiewe woonwa oorwegings

Brits
Submitted by wessels on
Forums

Ek sit sommer so en rondkyk na alternatiewe produkte op die mark. Vang my oog die "off road" wa, genaamd Gecko-extreme. Het dit my beindruk, dit het tot 'n stort/toilet uitleg binne die wa, soos 'n Exclusive. Dit is uit en uit 'n wa vir 2 met 'n permanente dubbelbed voor. Sy uitleg plaas hom voor die Bush Lapa en Afri spoor produkte vanuit my perspektief. Gaan besoek hulle webblad en kyk self.

Worcester

Wildehont

Tue, 09/08/2022 - 20:19

Dis ‘n lekker wa vir twee mense en kan grondpad (Kgalagadi) toe gaan. Ek sal net die stort mis. Ek die kragstelsel, en die geyser, en die lae profiel wanneer ek sleep, en dat die wa min of meer net so breed as my Fordjie is. Of nee wag, ek is 100% tevrede met die Kavango…

Brits

Wessel Strydom

Wed, 10/08/2022 - 07:45

Môre Chris S, Herman en ander vriende

Ek het enkele dinge teen 'n padwa, self die genoemde Sprite, waarna ek wel kyk. Die goed is breed, en ek het 'n berging probleem by die huis. Ek is ook so gewoond nou om 'n smal wa te sleep, dit is net soveel rustiger as 'n padwa. 

Alle alternatiwe word gemeet en be-oordeel teen my Kavango, met al sy voordele. Baie boswaens [smal] het veel meer bederfies in as 'n intree Sprite, en mens raak mos gewoond daaraan, as jy dit eers gehad het.

Die groot voordeel van my Kavango is dat dit vanaf aankoop al betaal is, en dit het so 'n paar ekstras in, tot lugreeling, en 'n uitstekende PBE laaistelsel. Die onlangse enkel- oornag en verder reis, van Hermanus af het egter so 'n paar ongemaklikhede uitgewys. Ek vermoed op die langer duur gaan dit die ouer wordende gebruikers pootjie, en dalk veroorsaak dat ons al minder kampeer.

'n Kavango is 'n wa vir die jonger garde, wat nog wilde plekke soos Koffiebaai, Moremi, Kwai in gemak wil gaan besoek.  

Worcester

Wildehont

Wed, 10/08/2022 - 08:07

n Kavango is 'n wa vir die jonger garde, wat nog wilde plekke soos Koffiebaai, Moremi, Kwai in gemak wil gaan besoek.  

 Ons gaan (nog nie) na sulke wilde bestemmings toe nie. Maar ons gaan April vir die tweede keer met die Kavango Kgalagadi toe en veral vir die komende toer sou ek dit nie met ‘n ander wa wou doen nie. Ek het egter nog nooit ‘n pad karavaan gehad nie.
 

Ons kampeervriende hier in Worcester het onderskeidelik ‘n Penta, Fleetline en Tourer SW. Dis almal lekker waens met luukshede soos ‘n mikrogolfoond, staan ys/vrieskas, baie ruimte binne en ‘n eiland bed. Nie een daarvan is vir my belangrik wannneer ek kampeer nie.
 

Al wat ons in die wa doen is slaap, aantrek en stort. Verder leef ons onder of voor die tent buite die wa, en daar is ons baie lekker ingerig. Dis wel heelwat werk om die hele spulletjie op te slaan en weer op te pak. Maar as ek kyk hoe lank ons vriende daarmee vat met hulle waens vat ons nie veel langer nie.
 

Ek en Salomien is gelukkig albei lank, so ons sukkel nie. Soos die kinders groter word doen hulle ook al hoe meer. Sou ons nog gesond genoeg wees vir kampeer wanneer die kinders uit die huis is, sal ek oorweeg om af te skaal na ‘n Echo Chobe of Namib, bloot om iets ligter te sleep. Maar dan boet mens ruimte in. Die tyd sal leer. Sterkte met julle opgradering Wessel! 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 10/08/2022 - 12:11

Hierdie kan op 'n baie interessante gesprek uitloop.  Ons het nog net teerpad-karavane gehad (sewe van hulle) en ek het geen eie ervaring van boswaens nie.  Maar ek ken boswaens baie goed want die meerderheid van ons kampvriende het boswaens, selfs dié in ons outoppie-ouderdomsgroep.

Ek glo die een is nie beter as die ander nie, maar dit hang af van wat jou spesifieke behoefte is. En hierdie behoefte is nie noodwendig kampverwant nie soos Wessel hierbo uitwys  -  bergplek vir 'n boswa benodig heelwat minder stoorruimte as 'n padwa.  En aan die ander kant kan oorslaap tydens lang afstand reise problematies wees. (Ons boswa kampvriende oornag dikwels eerder in gastehuise as om die boswa slaap-gereed te kry).

Vir ouer kampeerders soos ons, is gerief (badkamer), gemaklik sleep, oornag gereedheid en relatief maklik kampopslaan van die belangrikste prioriteite.  Die "prys" wat 'n mens hiervoor betaal is dat dit nie moontlik is om oral in die bundoes te kampeer nie, maar daar is tog redelik baie plekke waar 'n padkaravaan tog kan kom waar geriewe skraps is.

Vir my is die grootste voordeel van 'n teerpadkaravaan dat dit tydens lang ritte, onmiddellik oornag gereed is, ongeag wat die weerstoestand is.  Dit het ook die voordeel dat so 'n lang rit baie rustiger aangepak word en dat uitputting uitgeskakel word.  Lekker kampering hoef nie ervaar te word deur in ongerief of primitief te kampeer nie  -  elke mens besluit waarvan hy hou en veral as die jare begin tel, is gerief tydens kampering ononderhandelbaar, andersins word kamp meer 'n las as genot.

Brits

Wessel Strydom

Wed, 10/08/2022 - 14:24

....baie mooi "boswaens", op die mark. Ek het ook nou bewus geword van die Imagine reeks. Mensig, hulle bring nou 'n Cruiser-van uit, 'n luukse padwa kan gaan slaap. Ek wonder egter of die Imagine nog as 'n boswa geklassifiseer kan word.

Dan is daar die Afrispoor produkte, soos Cheetah en die nuwe Caracal. Laasgenoemde het tot 'n permanente dubbelbed voor, niks meer van neus oopmaak nie, en ene kleine storthokkie binne die wa.

Die Bush Lapas, en Conquerers se storte is nog buite, so ook die Enkulu reeks van Infanta-waens. 

Dan ene wat my steeds verleidelik uitlok, is die Gecko. 

Soos julle kan agterkom, begin die eenvoud van alles klaar binne, by ons gewig dra. Ek hoef nie voorste bed uit te slaan en stortkamer uit te stoot nie. Ek wil bloot die hoofdak optel, krag inprop, en buitekombuis oopslaan. As ons dan langer as 2 aande staan, sal ek die sytent opslaan.

Ai tog, al die besluite maak my dors, en bankbestuurder koorsig.

  

Worcester

Wildehont

Wed, 10/08/2022 - 14:51

Ek het so een gesien toe ons Paasnaweek by Onrus was. Dit lyk wel goed toegerus, en ek verstaan die gerief van ‘n knoppie druk en die wa slaan self op of af maar ek weet darem nie, as dit opgeslaan is het die hele wa se boonste helfte seil reg rondom. Ek hou van die Comfortvan omdat dit so lig is, en dit was saam met die Kavango op my finale kortlys toe ek ‘n wa gekoop het. Mens sukkel egter om die Comfortvan tweedehands te kry, en ek koop nie nuwe voertuie nie - dis te duur. 

Sedgefield

Jan Meyer

Wed, 10/08/2022 - 18:44

Na ons toer verlede jaar van bo tot onder deur die Kruger en die toestand van sommige ablusies het ons lank gedebateer oor wat ons wil hê.

Badkamer geriewe was eerste op ons lys en het na vele oorwegings op die Classique besluit. 

Redes:

1. Badkamer is 'n vereiste.

2. Ranger moet karavaan kan sleep - wou nie nuwe voertuig koop nie.

3. Hoeveel tyd(dae) gaan ons sleep teenoor kamp - nuwe wa swaarder/groter.

4. Hoeveel tyd wil ons kamp waar daar nie geriewe is nie - afgesonderde boskamp.

5. Wil ons grondpad ry vir lang afstande.

6. Sal nuwe wa ons sleep gewoontes verander - heel moontlik.

7. Buite of binne kombuis - kon nie besluit nie maar binne meer aanloklik.

8. Opslaan dak of soliede dak.

9. Moeite om tent op te slaan - ons word ouer.

10. Gaan nuwe wa by ons afdak inpas- het nie en moes dak lig.

Classique is swaarder maar ek het my spoed en sleep afstaande aangepas want ons gaan lank kamp en tyd op die pad nie belangrik nie.

Elmarie en ek is baie gelukkig met ons keuse en met die veranderings wat ons aangebring het.

 

 

 

 

Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 10/08/2022 - 19:21

Jan, waarop jy besluit het, is die vereistes wat ons meer senior burgers gemaklik laat kamp, of so glo ek.. As ek n 2de kans kry, ruil ek Jurgie in vir net so wa soos joune. Dit blyk of Wessel se staanplek of afdak te klein is, en daarom bly hy kyk na meer kompak.

Brits

Wessel Strydom

Wed, 10/08/2022 - 19:36

neef Herman. Ek bly in 'n kompleks waar my wa onder 'n gemeenskaplike afdak staan. Ek hou nie van die idee om 'n wa in 'n vêr stoor te gaan berg nie. Dan raak dit moeite om te gaan haal en reg te maak vir kampeer.

Gelukkig kry mens 'n Classique ekwivalent deesdae in 'n kompakte vorm, en dit is ook grondpad gehard.

Brits

Wessel Strydom

Mon, 15/08/2022 - 16:40

Middag vriende

...'n verkeerde ding doen. Ek gaan na 'n Gecko kyk, met maatband en baie vrae.

Instede van om al die pad te ry tot in Heanertsburg, Magoebaskloof, het hulle gereel dat ek na ene in Montana by eienaars kan gaan kyk. Dis mos nou gaaf.

Wel, ales sal maar afhang of ek die Kavango verkoop gaan kry, anders koop ek nie.  

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 15/08/2022 - 17:06

... met dit wat ek al gelees het klink dit of jy eerste prioriteit eers 'n blyplek in 'n groter kompleks is.🤪

Brits

Wessel Strydom

Mon, 15/08/2022 - 17:42

Naand Chris

Jis man, nou praat jy. Dit is 'n ander finansiele storie, want as ek wil trek, trek ek Kaap toe. Die 2de nadeel is dan, dis baie vêr Kruger toe.

Soos ek geseg het, slegs as Kavango verkoop word. 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 15/08/2022 - 17:53

Staalborsel is wat jy nodig het my oom ...

Ekstem saam met Grootwind, maar iets nuuts is ook net lekker vir die eerste ruk. 😉

Sterkte. 👍

Brits

Wessel Strydom

Mon, 15/08/2022 - 19:22

of gan gebrek daaraan, word deeglik kennis van geneem.

Dit is 'n gewigtige besluit, veral na aftrede. As ek 10 jaar jonger was, was die besluit soveel makliker.

Julle ouens met padwaens, klou vas daaraan. Daai gerief kom teen 'n moerse pryse deesdae.

Irene

Grootwind

Mon, 15/08/2022 - 20:45

Stem saam wat die padwa gerief aanbetref Wessel! Toe SWAMBO my destyds wou oortuig om die tent ding te doen het ek gelukkig onthou hoe "lekker" dit in 'n tent was tydens die Army dae....my sommer net daar afgesit van die kampwa idee ook...dankie tog! Moes toe vinnig plan maak en so het die Fleetline deel van die familie geword in '99 teen die destydse massiewe bedrag van R37k!. Sy is steeds met ons en verruil haar vir niks nie! Nie te groot om mee te sukkel so saam met die ouderdom en krakende gewrigte nie....So af en toe bietjie van 'n ontrimpeling nodig, maar dis mos deel van die plesier!

Worcester

Wildehont

Tue, 16/08/2022 - 06:09

Wessel, ek het nou eers na die webwerf gaan kyk. Lyk na ‘n netjiese wa. Dit sal ongelukkig nie vir my werk nie, want ek sien die hoogte binne is 7cm laer as my kroontjie. Verder lyk dit goed, maar ek let op dat ‘n lugversorger ekstra kos. Met jou allergie vir hitte moet jy hoor of jy die Kavango s’n kan oorplaas (indien dit prakties uitvoerbaar is). 
 

Ek glo nie jy sal sukkel om die Kavango te verkoop nie. Mens sien nie sommer tweedehandses te koop nie. En die nuwes is so vrek duur, as iemand een soek sal hulle veel eerder ‘n tweedehandse een koop met die ekstras wat joune het in die PBE kragstelsel en moontlik lugversorging. Hou ons ingelig!

Vaalpark

Johann L

Tue, 16/08/2022 - 06:54

Môre Wessel, ek het geen ondervinding van "off roaders" nie, dus kan ek geen raad gee nie, dit sal net ondervindinglose twak wees.

Ek sou wel die Fleetline, padwa, aanbeveel, maar jy sê jy het nie stoor spasie vir die wa nie.

As ek reg vestaan van wat ek oral lees, is 'n pad wa minder penne (op "oop" plekke) en makliker om op te slaan?

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus