6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Neef Herman 😈    Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Wimpy Kruger 2026 Geert -2 hours ago
Het die Hi Lux traction… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -3 hours ago
Neef kla nie oor die groen… Forum Herstel en terugvoering neef Herman -3 hours ago
Voortrekker.... Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -4 hours ago
Wessel ons is amper daar.  … Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -4 hours ago

Alternatiewe woonwa oorwegings

Brits
Submitted by wessels on
Forums

Ek sit sommer so en rondkyk na alternatiewe produkte op die mark. Vang my oog die "off road" wa, genaamd Gecko-extreme. Het dit my beindruk, dit het tot 'n stort/toilet uitleg binne die wa, soos 'n Exclusive. Dit is uit en uit 'n wa vir 2 met 'n permanente dubbelbed voor. Sy uitleg plaas hom voor die Bush Lapa en Afri spoor produkte vanuit my perspektief. Gaan besoek hulle webblad en kyk self.

Brits

Wessel Strydom

Tue, 16/08/2022 - 13:41

Middag vriende

Met ontlening aan een van Tolla se stories, "pappie sal nie 'n Gecko koop nie".

Mammie is gladnie beindruk nie, en my bankbestuurder ontspan weer. Ek was totaal oorbluf toe ons in Grompie klim, vir die huiswaarts keer, en Marie seg----die ding gaan nie werk nie. 

Soos die 7 gemeente briewe in Openbaring noem;

mens kan opgewonde raak oor die kompakte ruimte, met alles binne, maar " daar is etlike dinge wat teen dit tel"

1]Die standaard tent is kleiner as die Kavango s'n, net die wa se romp lengte, waar myne tot amper by sleephaak is.

2]Die stort is klein, en ongemaklik naby aan 'n sitbank, met 'n gordyn tussenin. As ek die Kavango se stortkante wil benat, is dit buite die wa, en geen kussings word benat nie.

3]Die toilet is net regs soos mens inklim, en heelwat minder privaat as myne, in die uitgestote konfigurasie.

4] Dit het nie 'n konvensionele tafel binne vir eet as dit onweer is nie.

5] Die standaard laaistelsel, vanaf sonpanele kan net 270watt inset hanteer. Dit is seker voldoende vir ouens wat hulle 2de koelkas in die voertuig benut en van krag voorsien.

Ek gaan dus eers hou wat ek het. As mens jonk is, geen kinders het, en welwetende dat jy dit vir 20jaar gaan benut, sou ek dit dalk oorweeg het. Die koste aan so 'n twyfelagtige opgradering, kan ek beswaarlik regverdig teen die aantal kampeerjare en kampe/jaar wat ek hopenlik gegun word.    

 

 

 

Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 16/08/2022 - 13:51

..............as ek hier tussen die lyne lees, "hier kom 'n ding !"

.... ek neig nogal om saam te stem. 

Brackenfell

HennieBo

Tue, 16/08/2022 - 13:59

Die koste aan so 'n twyfelagtige opgradering, kan ek beswaarlik regverdig teen die aantal kampeerjare en kampe/jaar wat ek hopenlik gegun word. 

Wessel, ons sit met dieselfde probleem rakende ons huis. Wil verkoop en kleiner gaan, maar o weë, ons sukkel met daai kopskuif en dan gaan dit ons ook nie finansieël eintlik help nie.

Hou maar wat jy het, tensy jy groter huis koop met groter parkering vir 'n groter wa. Nou gaan jou bankbestuurder slapelose nagte hêwink

Worcester

Wildehont

Tue, 16/08/2022 - 15:05

Dit wys net weer hoe belangrik huiswerk en aanpas is voor mens so ‘n duur item aankoop. Uiteraard het ‘n padwa heelwat meer ruimte binne as ‘n Kavango en slaap mens nie op ‘n eiland bed in die Kavango nie, gaan jy darem duur moet betaal om dieselfde geriewe in ‘n padwa te kry. Boonop gaan jy ander stoorplek moet kry vir ‘n wa wat soortgelyke geriewe het en jy gaan moeiliker sleep.
 

Gelukkig het jy nou die staalborstel ingespan so beplan maar eerder aan julle volgende toer met die Kavango en die maak van ‘n voltent daarvoor as dit ‘n behoefte is. Ek moet sê dat ek nog nie een oomblik spyt was oor die veranderinge aan ons afdak nie. Al gebruik ons die voorste seile net by die see, staan die afdak baie stewiger en is dit ‘n plesier om daar onder te leef sonder dat ons hoef te buk onder ‘n hangende seil.

Brits

Wessel Strydom

Thu, 15/09/2022 - 12:06

Middag Maj Jordaan en ander

Ek het nounet op 'n reeks afgekom wat my trek. Gaan kyk gerus na die Aloe reeks woonwaens. Dit is nou "style" wat agter Grompie pas.

Alles netjies binne, dubbelbed, eethoek, stort aparte toilet

Worcester

Wildehont

Tue, 11/10/2022 - 21:09

Ek het so een gesien toe ons Julie in Tsendze was. Vou lekker kompak op en is 'n slim ontwerp. Dit sleep seker lekker maklik ook. Ek is bederf en tevrede met die Kavango, maar iemand anders is dalk lus vir so iets. Gaan loer na hulle webwerf.

a

video
Brits

Wessel Strydom

Wed, 12/10/2022 - 06:01

Môre Chris S

Ek het ook so ene verlede jaar in Manyane gesien. Dit het na baie seilwerk en gelyk. Soos jy noem, ek kan ook leef saam met die enkele negatiewe punte in my Kavango.

Ou Grompie sleep my Kavango heerlik na my hartelus.

Brits

Wessel Strydom

Mon, 17/10/2022 - 11:33

Middag vriende

Sit ek en kyk na mooi goete, en struikel weer oor die 2 produkte. Kyk, beide die waens is darem stylvol vir 2 oumense.

Ek het gister die Okapi in lewende lywe in 'n parkeerterrein gesien, en dit hey my oog gevang. 

Gaan loer gerus op internet.

Worcester

Wildehont

Fri, 21/10/2022 - 06:26

Ek het verlede jaar by Letaba twee bejaarde dames gehelp met hulle Sherpa Tiny (wat eintlik maar lyk  soos ‘n enkel kajuit bakkie se laaibak met ‘n kappie op binne). Gister sien ek toe iemand so een sleep deur Worcester. Dis lekker lig en vir twee mense het dit redelike spasie. Ek wonder wat kos dit. 

Worcester

Wildehont

Fri, 21/10/2022 - 06:31

Hulle maak nou ook ‘n 4-bed wa. En albei waarna ek hier verwys is gravel roaders. Al hulle waens is ook veselglas so geen houtvrot nie. Komaan Wessel, gaan loer bietjie in by hulle en gee jou mening. 

Vaalpark

Johann L

Fri, 21/10/2022 - 09:29

Sherpa word in Johannesburg gebou, ek was al paar keer daar. Die eienaar is persoonlik betrokke en lewer kwaliteit karavane .

Die enigste ding wat my afsit, is ek soek 'n eiland bed, en spasie.

Langs ons  by Buffelspoort het 'n jong outjie met die Tiny gestaan, spasie vir hom eas voldoende.

Sherpa
Die waentjie het baie potensiaal.

 

Worcester

Wildehont

Fri, 21/10/2022 - 10:41

Die enigste ding wat my afsit, is ek soek 'n eiland bed

Op hulle webwerf sê hulle elke wa word aangepas om by die klient se behoeftes te pas. En ek dink amper die Rambler het ‘n eiland bed.  

Brits

Wessel Strydom

Fri, 21/10/2022 - 15:43

Middag vriende

.... vir Johannesburg rondry. Ek is heel gemaklik op die breë weë om JHB, maar binne in die voorstede ry, maak my benoud.

Ek sien Sherpa het nie veel agente nie, dus sal ek eeers net op internet kyk. 

Vaalpark

Johann L

Fri, 21/10/2022 - 18:16

Hulle doen wel veranderings soos kliente versoek, maar teen 'n prys. Dit bly egter 'n baie oulike karavaan vir twee pensionariste of pas getroudes nog sonder kinders.

Ek is ongelukkig bederf met die Penta se spasie en gemak.

Brits

Wessel Strydom

Thu, 17/11/2022 - 16:37

Middag vriende

Ek sien Gecko het nou 'n gesinswa bygevoeg. Hullr het die binne stort en toiley uitgehaal en 2 bank beddens [stapel] daar ingesit.

Dis nou vir ouens soos Chris S wat klein [jong] kinders het, en vir oupas wat hulle kleinkinders saamneem. 

 

Worcester

Wildehont

Fri, 18/11/2022 - 08:04

Dis nou vir ouens soos Chris S wat klein [jong] kinders het,

Die Kavango werk nog perfek vir ons en het ‘n stort. Ek het gister gedink wat ek sou doen as ons kinders uit die huis is. Dis nou na aanleiding van die gesprekslyn oor hoeveel werk kampeer is. Ek sou nie omgee om dan af te skaal na ‘n Echo Namib nie. Dit sal lekker wees om ‘n ligter wa te hê wat steeds bv Kgalagadi toe kan sleep. Maar ons kyk maar eers hoe lyk ons fisieke- en gesondheidstoestand dan. Intussen hou ons by die Kavango. ‘n Padwa gaan nie vir ons deug nie en ek het geen begeerte om ‘n ander boswa te koop nie. Ook geen begroting nie…

Brits

Wessel Strydom

Fri, 18/11/2022 - 09:01

Môre Chris S

Die Namib is nie meer nuut beskikbaar nie. Die dingetjie is ok maar bra klein!!!!! Ek het ook daarin belanggestel toe ons begin boswaens soek het.

Worcester

Wildehont

Fri, 18/11/2022 - 09:39

Ek het nie besef die Namib is nie meer nuut beskikbaar nie. Ek het een keer by Baden een gesien, en dit het vir my oulik gelyk. Ek kan met min wegkom. Dalk ‘n Imagine Trailvan as die kinders nie meer in die wa slaap nie.  
 

Ek glo dis seker lekker om met ‘n Exclusive te kampeer, maar ek wil nie daardie gedoente sleep nie, en ek wil nie beperk word tot teerpad bestemmings nie. Ek weet mens kry grondpad waens soos die Tourer. Maar dis steeds wyer en hoër as die Everest, sal nie in my motorhuis pas nie en ek is nie seker dat dit die Kgalagadi paaie gaan hanteer soos die Kavango nie. Ek het nuwe respek gekry vir lg na ons besoek daar einde 2020 en sien reeds uit na ons komende besoek in April wat nog meer off the beaten track gaan wees. 

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus