Leeu se foto van sy tuin het my laat besluit om 'n draad te begin en vra, wys vir ons foto's van jul tuine. Ek besef met die droogte oral is tuine nie tans wat dit moet wees nie maar dit is wonderlik om te sien hoe die natuur darem vir homself sorg.
Ons tuin is redelik klein, tipies van 'n meenthuis. Omdat ons nie mag tuin natmaak nie, doen ons nie tans veel daarin nie. Ons kompleks self het mooi bome, grasperke, beddings en oop spasies. Ongelukkig is die gras nie mooi groen op die oomblik nie.
Foto 1
Foto 2
Dele van die algemene tuine:
Ek hoop om 'n paar tuine te sien. Of die mooi natuurtonele om jul huise (Herman!)
Onkruid
Daar is baie, hier is paar wat ek op Google gekry het.
Vir onkruid tussen plaveisel:
1 k asyn,
2tl engelse sout,
1tl skottelgoedwasmiddel.
LW GEEN WATER.
Kies 'n warm sonskyndag. Meng en spuit op onkruid. Die asyn maak dood, engelse sout sorg dat dit tot by wortels ingeneem word en seep laat dit aan blare vasklou. Wees versigtig want dit maak alles dood, selfs gras. Werk soos 'n bom!
Onkruid by Swembad
Swembad suur - meng
250ml suur met
1.75lit water in 2 lit plastiese koeldrank bottel maak gaatjie in prop en spuit dit oorals tussen bakstene gras vrek binne 2 dae.
Weed Killing
1: Baking Soda - Koeksoda
Simple household baking soda may be all you need for your weed problems, especially if you want to kill weeds growing near decorative plants you’d like to keep. Baking soda is a natural product that will not contaminate your property or landscaping and is safe for the environment.
Baking soda, or sodium bicarbonate ( natriumbikarbonaat), works by overloading the weed with salt, causing it to dry out all the way to the roots and die.
To get rid of weeds with baking soda, moisten them with your garden hose and then sprinkle the soda on top of the entire weed.
To prevent weeds from growing in your paving, you can pour baking soda all over the paved area and then sweep into the cracks. You should reapply every four to six weeks. This method works the fastest during spring and fall but can still work during summer.
2: Vinegar
Vinegar, like baking soda, is a natural household product that is safe to use as a weed killer. Vinegar has acetic acid which draws the moisture out of plants causing them to die. Vinegar is extremely fast-acting and will result in a brown, withered weeds within 24 hours.
Because vinegar is harmful to all plants it should be applied using a spray bottle ad overspray should be controlled. For longer-lasting results mix 1 gallon of white vinegar, 2 cups of table salt, and 1 tsp of concentrated dish soap and spray on all the weeds and cracks in the patio.
The high concentration of salt in this formula prevents weeds from growing back.
3: Salt
Salt is another natural product that you can use to kill weeds. Start by using a 3:1 mixture of water and salt and apply to the area very carefully. Keep in mind that salt water will also kill other plants, so take care to apply it only to the weeds.
Like the baking soda and vinegar methods, this is effective since salt dries out the plants to the roots and has a lasting effect.
Dankie Willem
Dankie Willem, ek gebruik al vir jare swembadsuur en water (1 op 4) en dit veroorsaak onmiddellike dood van onkruid, binne 'n paar uur.
Sal my nie uitlaat oor fie…
Sal my nie uitlaat oor die sout en suur onkruiddoder gebruik nie, maar..... Dit eindig op in die grond, en daar is belangrike mikrobes etc wat ook in die slag bly. En as bonus is dis grond dus steriel, tot so tyd dat die sout, of suur doer onder in die grondwater beland het. ( bietjie aangedik vir effek)
Gehoop Chris Gif wil antwoord, maar hy is seker besig om n vissie te braai. Roundup is n hormonale doder, en sal slegs die plante waarop dit toegedien word dood, en breek redelik vinnig af. Maw, nie langdurige nagevolge in die grond nie.
So, is daar n groen oplossing. ñ Ketel kookwater sort die bossies tussen plaveistene uit, werk vir my, en die gewete.
Mooi loop.
Sien jy nou
ñ Ketel kookwater sort die bossies tussen plaveistene uit
Hoekom het ek nog nie daaraan gedink nie? Ek voel nie skuldig oor sout op my plaveisel nie, want daar is die aardoppervlak reeds onherroeplik verander.
Ek weerhou my van kommentaar ...
.... maar Neef se inset klink baie gebalanseerd. Intussen skud ek maar net my kop. Net 'n regstelling Neef, Roundup (glifosaat) is nie 'n hormoon-onkruiddoder nie, maar jy is 100% korrek met jou stelling t.o.v. die 50% aktiewe grondleeftyd. Ek is só moeg en gatvol om my industrie te verdedig. As dit nie vir landbou-chemie was nie, het die grootste gedeelte van die wêreldbevolking al gevrek van die honger. En dan sluit ek nog nie eers die gebruik van geneties gemodifiseerde gewasse (GMO's) in nie.
Netsoos ChrisWH hierbo…
Netsoos ChrisWH hierbo uitwys is my gewete met my swembadsuur/water konkoksie heeltemal rustig want ek verwyder net onkruid op hierdie manier tussen plaveistene en die grond daaronder het geen ander doel nie.
Jy hoef nie jou bedryf te verdedig nie ChrisB, hier is darem 'n klompie van ons wat die waarde van landbou-chemie besef en waardeer. Kyk nou net die heerlike geelperskes wat ons van 'n boer in Villiersdorp gekry het en nog nooit het ons van hierdie bron 'n slegte perske gehad nie - danksy bespuiting.

Na Chris se reghelp omtrent…
Na Chris se reghelp omtrent Roundup se werking, so bietjie gaan opsoek. Hier is n foto wat die glifosaat werking beskryf.

Hier het ek n groot probleem met Populier wat indring. Sodra jy plante afkap, uitkap of uit-trek, groei uit elke stukkie worteltjie wat agterbly n nuwe boompie. Trek jy weer uit, bly daar maar weer n stukkie agter wat uitloop en groei. So roundup in n rugsakspuit met n skerm om spuit sodat dit die sproei beperk word op klein area, werk baie doeltreffend sonder dat die gras om die uitloopsel erg doodgaan.
Onkruid ...
Is dit nie maar die selfde as die sout en assyn se werking nie ?
Geen onderhoud sypaadjie
Ek het 2017 rond toe dit so droog was die gras op die sypaadjie voor ons huis uitgehaal en by die Karoo Botaniese Tuin hier in Worcester goedjies gaan koop wat hier aard. Ek het dit net voor die winter geplant en nog nooit water gegee nie. So nou en dan moet dit net terug gesnoei word om die loop paadjie oop te hou. Dis veral die tyd van die jaar mooi wanneer die vygies blom.




Fyn kantjie
Ai Chris S, ek dog jy is 'n rowwe ou, met Kavango en al, en hier vertoon jy jou sagter kant ook.
Grappies op 'n stokkie, dit lyk sommer spoggerig.
Die enigste nadeel
Dis lekker om so tuintjie te hê wat amper geen onderhoud verg nie maar deur die jaar mooi vertoon. Dit bewys ook dat mens waterwys kan tuinmaak. Plant net plante wat natuurlik voorkom waar jy bly. Hulle kry alles wat hulle nodig het van die natuur.
Die foto is net van ongeveer ‘n derde van die sypaadjie voor ons huis wat nie geplavei is nie. Dit was ‘n eksperiment, en toe ek sien dit werk het ek die ander twee derdes ook beplant. Die keer het ek bietjie verder uit mekaar geplant, want soos julle kan sien sit veral die vygies baie uit. Daardie struike was elk so groot soos vuis toe ek dit geplant het. Al lyk die ander twee derdes al mooi, is daar nog heelwat oop kolle.
Die nadeel, is dat die sypaadjie natuurlik nie aan my behoort nie. Sou ‘n pyp bars (iets wat gereeld gebeur vanwee die ANC se lang gebrek aan onderhoud- selfs nadat die DA al ‘n derde termyn aan bewind is) gaan die tuintjie opgegrawe word met ‘n toktokkie en sal daar niks oorbly nie. Intussen geniet ek dit maar.
Tuin diefstal
Môre vriende
Sommer 'n paar opmerkings;
1] ons kompleksie[6 eenhede] het ook 'n tuintjie in die straat. Daar is hoofsaaklik goedkoop vetplante in, onder andere Hot....vye. In Brits word duur plante gesteel, om 3 blokke verder ten duurste verkoop te word.
2] sommige persone gaan so oorboord met sypaadjie tuine dat mense verplig is om in die straat te stap. Ek raak sommer skuins omgekrap met grasperksproeiers teen die pad, en dan mini-rotse sodat dit nie stukkend gery word nie.
3] die tuine ontaard in groot struike en bome wat sig vir aankomende verkeer belemmer, en wegkruipplek aan skurke bied..
Ek dink weer...............
..............die voordele van 'n mooi en netjiese sypaadjie is baie meer werd as die paar nadele en skep 'n mooi, rustige, netjiese en aangename omgewing om in te woon. In ons kompleks word stappaadjies met plaveisel op sypaadjies uitgelê en die die res kan na willekeur met plante versier word.
Enige ander vorm van versperring op sypaadjies soos byvoorbeeld mini-rotse staan my ook nie aan nie.
Chris, dit is baie mooi, en…
Chris, dit is baie mooi, en besonders. Ek glo die omgewing steek aan en doen dieselfde.
Ek het egter handdoek in gegooi hier, my tuin was altyd 'n lushof maar, water en fandaliste het die saak gewen. Karre wat glo dit is gaaf om 'n u-draai oor jou plante te maak, kinders met hul fietse wat geen opvoeding gehad het nie, en helaas, water pryse in die laaste dekades die hoogte in geskiet het.
Uit ‘n ander hoek
Elke keer wat ek by ons hek in- of uit ry verlustig ek my aan die prag van die vygies. Hier is hulle uit nog twee ander hoeke.







Growwe sout
Chris WH
Dankie vir die wenk, ek sal dit onthou voordat ek weer Round Up of iets dergeliks koop.