6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Neef Herman 😈    Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -20 minutes ago
Wimpy Kruger 2026 Geert -2 hours ago
Het die Hi Lux traction
 Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -2 hours ago
Neef kla nie oor die groen
 Forum Herstel en terugvoering neef Herman -3 hours ago
Voortrekker.... Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -3 hours ago
Wessel ons is amper daar.  
 Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -4 hours ago

Alternatiewe woonwa oorwegings

Brits
Submitted by wessels on
Forums

Ek sit sommer so en rondkyk na alternatiewe produkte op die mark. Vang my oog die "off road" wa, genaamd Gecko-extreme. Het dit my beindruk, dit het tot 'n stort/toilet uitleg binne die wa, soos 'n Exclusive. Dit is uit en uit 'n wa vir 2 met 'n permanente dubbelbed voor. Sy uitleg plaas hom voor die Bush Lapa en Afri spoor produkte vanuit my perspektief. Gaan besoek hulle webblad en kyk self.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 18/11/2022 - 12:02

met ‘n Exclusive te kampeer, maar ek wil nie daardie gedoente sleep nie,

 NĂ© !  -  julle jongetjies is lyk vir my chicken !

Toegegee, ek sal nie sommer my Exclusive aan erge grondpaaie blootstel nie, maar vir 'n bos-gevoel kamp ek lekker by Balule en Tsendze in die Kruger Wildtuin en by Twee Rivieren in die Kgalagadi (en bespied die res sonder die wa).

Moet sĂȘ, ek het absoluut niks teen 'n boswa nie, al my kampvriende en my kinders het boswaens waarmee almal baie in hulle skik is.

Worcester

Wildehont

Thu, 01/12/2022 - 10:57

Die lyk na ‘n bakgat wa. Hier is ‘n artikel daaroor met fotos. Dis ‘n ou artikel (2019) en die badkamer was toe nog nie onthul nie. Maar hier is die skakel na Echo se webwerf met meer inligting oor die wa. Hoe lyk dit Wessel?

Brits

Wessel Strydom

Thu, 01/12/2022 - 12:21

Middag Chris S

Ons het gaan kyk daarna, maar dis baie groot en pas nie in my parkeerplek nie, NOG MINDER in my beursie.

Grappies op 'n stokkie, my Kavango is sakpas, en ek geniet hom.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 25/01/2023 - 08:53

Stem, ek hou ook nie van dit nie en nog minder daai prys. sad

As ek dit nie mis het nie is dit een van die broers wat Sensation bote en karavane gebou het se produk.  Ek weet die broers werk nie meer saam nie

Brits

Wessel Strydom

Wed, 25/01/2023 - 09:33

MĂŽre vriende

Wat 'n asemrowende prys!!!!

Erens moet die kopers se koopkrag begin stoom verloor. Dit is vir my NIE naasteby 'n oorweging nie.

Brits

Wessel Strydom

Sun, 19/02/2023 - 11:47

Middag Chris S

Dit lyk soos 'n vorige jare se kleiner Sprite weergawe, die woonwa gedeelte.

Daai donker venster in die middel verklap 'n klein storthokkie binne. Ek wonder wat is alles in daai vreeslike grot aan die voorkant, eenkant seker die koel/yskas. Ek raai die dubbeled is bo die grot, dwars gemonteer.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 19/02/2023 - 13:59

Bakkie-mate op 'n sleepwa onderstel, nog al slim gewees.  Wonder net of die gewigte ook aangepas is ?  Dink daai groot kas voor is waar als gepak word want binne is seker nie baie pakplek nie.  As die bed daar bo is wonder ek hoe die toegang is ? đŸ€·đŸŒâ€â™‚ïž

Brits

Wessel Strydom

Wed, 05/04/2023 - 13:32

Middag vriende

Na aanleiding van wat ons op 'n ander gesprek gedeel het oor woonwa pryse, kyk bietjie hierna. Dis geneem uit die WegSleep nr54, Mei 23 uitgawe.

LEEFEK Penta grey:  kR550

Stealth Overlander Bunk: kR575

Okto overlander bunk:     kR529

Mobi XL: kR488

Grey airstream: kR715 tot kR725

ELXV NgOmbe: kR1000 vir 'n boswa

Nayela Sahara X: kR740 boswa

Sjoe mense dit laat mens dink. Ek sal maar tevrede MOET wees met my skuldlose Kavango. 

 

Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 05/04/2023 - 14:45

Die "ou lady" moet maar haar ding doen. Ek het in 1997 R31 275 vir haar (1993 Caravette 6B) by 'n handelaar betaal.

Toe ek aftree-ouderdom nader, het my gat gejeuk om 'n nuwe karavaan te koop. Ek het in 2001 'n garage vir die "ou lady" laat bou toe ons hier in Kleinmond intrek. Ek laat toe die garage bou volgens die "ou lady" se mates - amper te knap. DĂ­t beperk my toe t.o.v. die grootte wa wat ek kan oorweeg. 'n Fleetline sou net-net in die garage inpas.

In 2015 (toe my gat gejeuk het) kos 'n nuwe Fleetline toe in die omgewing van R220 000. Cara-Camp kwoteer my 'n goeie afslagprys van knap by die R190 000 vir 'n Fleetline. Maar hulle bied my slegs R20 000 vir die "ou lady" aan. Net daar het ek besluit 'n afbetaalde, goed opgepaste 1993 "ou lady" is baie beter as 'n nuwe Fleetline. Met dié dat ons nou so min kamp, is ek baie dankbaar dat ek nie destyds daardie mal perd opgesaal het nie.

Vaalpark

Johann L

Wed, 05/04/2023 - 17:45

Chris, ek stem volkome saam met die klaar betaalde voertuie.

Rambling Boy is nou 18 jaar oud, en kos my net versekering en lisensie, bowendien dit, is alles net plesier.

Die Penta het vandag nuwe bande gekry, seker die laaste keer dat ek bande op die wa sal sit. Wil nie nou weer onodig krap nie, maar die ou bande kom al 2016 af (vervaardigings datum), en pryse word nie minder nie.

 

Brits

Wessel Strydom

Thu, 11/05/2023 - 14:53

Scottsbright gaan koop. 

Ons het steeds die gevoel om 'n ander wa te koop. Die komende wildtuin toer en Blomme-vakansie sou dien as proeflopie. Ons wou kyk hoe dit gaan werk met opslaan en afslaan elke paar dae, soos mens toer.

Kry vanoggend pryse en afleweringstyd op 'n Gecko. Om dit min of meer te kry soos wat Kavango is met tent, lugreeiling, praat mens van kR612. Ek twyfel of ek my wa verkoop gaan kry vir kR360. 

Dit maak vir my altans, net nie finansieel sin om op te gradeer nie. Die verskil in prys is vir my net meer werd op belegging. Dis maar sleg om 'n armgat pensioenaris te wees.laugh 

Brits

Wessel Strydom

Fri, 30/06/2023 - 17:32

....het sy huiswerk gedoen. My studentevriend kom Sondag kuier om te hoor waarna hy moet oplet, en oorweeg met die aankoop van 'n boswa.

Nou het ek myselwers weer vergewis van wat beskikbaar is, veral as mens klem plaas op;

waterdig, dubbelbed reeds binne[droog] ensovoorts.

Die gefoeter is dat mens sommer lus kry om iets onbesonne aan te vang. Gaan maar bottel rooiwyn oopmaak, ten minste kan ek dit nog bekostig.

Brits

Wessel Strydom

Sun, 02/07/2023 - 10:29

...ek sit die gesels oor boswa, Exclusive, dubbelwiel hier voort, sodoende bly die gesprek oor Penta swaai skoon.

Ek sit juis nou en wag vir my vriend, sien hierbo, wat kom gesels oor wat om te koop.

Ek het ook die afgelope vakansie in Kruger opgelet na die gewildheid van Mobi Lodges, en die BushLapa's. Ek vermoed dat eersgenoemde luuks is, maar laasgenoemde is meer gehard, rof en geskik vir die "off road".

Wat baie insiggewend sal wees is 'n vergelyk tussen die MobiLodge en Exclusive ten opsigte van geskiktheid vir lankstaan kampering. Die ML behoort ons vrot teerpaaie beter te kan hanteer as 'n Exclusive.

Sommige boswaens kom selfs uit met 4-wiele soos die Nayella Okapi. 

Die keuse van 'n woonwa word SLEGS bepaal deur die behoefte/vereiste/doel van die eienaar. O ja daar is nog 'n belangrike faktor----die grootte van jou beursie. 

Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Sun, 02/07/2023 - 10:36

Elke persoon het maar sy eie behoeftes in n' woonwa/boswa.

N' mede kamper in Punda Maria het die spyker op die kop geslaan. Besluit wat jy will koop en maak vrede met die dinge wat jou pla. Jy gaan nooit presies kry wat jy soek nie.

Een ding is verseeker nuwe woonwaen's / Boswaens is vrek duur. Maklik >KR500!

Ons hou baia van die Quantum reeks. Veral die Quantum Pinnacle. KR575......

Ons 2015 Exclusive moet maar net dit vir ons doen.

Brits

Wessel Strydom

Sun, 02/07/2023 - 17:08

....sleep ek so 'n groot wa nie. Ek het gaan loer na spesifikasies, lengte ~7.5m, breedte 'n allemintige 2.4m. Dit loop dan mos 'n hele baan vol, van kant tot kant.

Neewat, ek is nou so gewoond aan 'n smal wa, dis net 'n plesier om te sleep. 

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus