Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Neef Herman, Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -3 hours ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -4 hours ago
Voorwêreld Oktober 2026 saam gesels neef Herman -4 hours ago
Sterkte Verskoning Geert -5 hours ago
Vlieënde Tesla Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -6 hours ago
Suksesvolle/bevredigende vakansie Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -6 hours ago

Die braaimat

Heidelberg GP
Submitted by StephanS on
Forums

Wie gebruik nog die braaimat?

Ek was maar bra skepties toe ek die ding vir Vadersdag kry en toe maar besluit om hom te toets.

Ek het sedertdien nog nie weer sonder hom gebraai nie. Die mat gee vleis daai gebraaide tekstuur en jou sousies brand nie aan nie. Vir die eerste maal was hoender braai ook 'n sukses.

Ek het hom ook nou die naweek weer gebruik om braaibroodjies te maak en dit was A klas.

Volgende poging gaan roerbraai wees.

Port Elizabeth

Frieps

Thu, 19/10/2017 - 19:22

Ek het nog nooit daarvan gehoor nie, wil ook graag meer weet.  Ek hou baie van gemarineerde vleis maar my ander helfte glo altyd dit brand aan en is nie baie entoesiasties om dit  te braai nie.  

0
Waar my wa staan

Arie

Fri, 20/10/2017 - 08:44

Ek braai  nie vleis op die mat nie, gebruik dit vir gebakte eiers op die kole, plaat koekies, eierbrood en so.

Maar die wat ek die meeste voor gebruik is vir snoek, ander vis, kreef, pawns en sulke goed. Jy kry darem so rokerige smaak.

Die mat kan opgerol word, maak baie maklike skoon ( teflon) enwerk eintlik baie lekker.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 20/10/2017 - 11:45

Ek vee my voete af aan 'n mat en braai nie daarop nie !

0

Dit is nou die eerste keer wat ek so ding sien. Ek het dadelik dorp toe gery en vir my een gaan koop by Verimark. (R129.00) Gaan hom vanaand toets.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus