Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
losstaande raam... Hoe maak ek my ou rally tent… Wessel Strydom -36 minutes ago
Neef Herman Braai met 'n Weber Geert -44 minutes ago
Vordering met die Triber se Kamp-aanpassings Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -1 hour ago
Uit 'n ander hoek Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -1 hour ago
Dis hoe die rallytent twee… Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -1 hour ago
Triber se dakspore is baie swak Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -1 hour ago

Youtube - Australië Algemeen Kamp

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on
Forums

Of moet ek dit eerder mooi uitsig noem met goudbruin op die strande ?

Molly Dixon. 🧜‍♀️

video
Worcester

Wildehont

Wed, 26/04/2023 - 06:10

Dis mooi daar. Ek dink wel niggie moet ‘n draai in Kgalagadi maak in Desember om te leer wat sinkplaat is. Daardie sandpad waarop sy was is bietjie omgeklits, maar ek sou dit nie corrugations noem nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 26/04/2023 - 07:42

....is geheel aanskoulik, maar ek wonder, dat as sy meestal meer gekleed was, of haar videos soveel aandag sou trek op die internet.

Die lot doeronder is darem bevoorreg om so onbedreigd orals te kan kampeer. Die groep gesinne in boonste video het omtrent hulle geniet.

Die niggie se videos laat my dink aan sommige plaaslike kunstenaars se musiekvideos. Eintlik is die musiek maar vrot, maar die aanbieding daarvan in video-formaat stoot die verkope op. 

 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 26/04/2023 - 10:42

Wessel ek dink jy is 100% in die kol.

Afgesien daarvan dink ek ook die areas wat sy wys is pragtig met mooi strande en helder water, wonder net hoe koud is daai water ?

Die lot doeronder is darem bevoorreg om so onbedreigd orals te kan kampeer.

Ja dit is baie opvallend en met min mense, seker buite vakansie tye ?

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 27/04/2023 - 09:06

Hierdie paartjie het so paar "tips" vir die lank toer.

Lil & Jake se video.

video
0
Secunda

Sleep nou

Fri, 28/04/2023 - 07:25

Ek kyk en gesels baie met  Ryan van 4x4 Adventures hy self is op Youtube en ry ook n 2,2 Ranger kry baie tips by hom ,dan Christoof Get out Go ,en Edward Barth , daar is regtig goeie beeld materiaal ek kyk so nou en dan na Mollie van Australie of dalk vir die mooi gisiggie en ander ook

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 28/04/2023 - 08:50

Môre, jy moet nou begin beweeg met jou trok, dan kan ons jaloerse ouens jou videos ook op you tube volg.

Dan gesels ons ook op persoonlike vlak met 'n 4x4 kenner!!

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 28/04/2023 - 09:03

Shaun, ons ouens met die mollige lywe, bedoelende nou nie Molly's nie, maak seker hoofsaaklik staat op borge.laugh

Ek is van mening dat baie van die 4x4 mense op groot borge staatmaak. Daarom maak hulle 'n punt om die toerusting-verskaffers se name te noem. Ek mag dalk verkeerd wees

0
Secunda

Sleep nou

Fri, 28/04/2023 - 09:27

Baie van die 4x4 verskaffers van produkte  kry erkening gedurende die episodes of so nou en dan word hulle voor episode se name genoem 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus