Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lekker Chris. Het dit geniet… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -1 hour ago
Kom ek probeer nog een Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Proef Video - Elim Gasteplaas Keimoes Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Grabouw buitelug skou November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
VSA stelsel November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Politiek ---geld.... November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago

Len en die Kruger Wildtuin in Mei 2024

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Nee, ek het nie kop verloor nie !

Ek (of eerder ons) het nou geleentheid gehad om die idee vir Mei 2024 te oordink en die volgende besprekings by SANParke is vasgemaak :-

  • 28 April : vertrek uit Brackenfell
  • 28 & 29 April : Karoo Nasionale Park
  • 30 April : Reyneke Park, Bloemfontein
  • 1 Mei tot en met 5 Mei : Joos Becker Karavaanpark, Pretoria
  • 6 Mei : Malelane satelietkampie
  • 7 Mei tot en met 20 Mei : Skukuza
  • 21 Mei tot en met 29 Mei Satara 
  • 30 Mei : Malelane satelietkampie
  • 31 Mei tot en met 1 Junie : Joos Becker Karavaanpark, Pretoria
  • 2 Junie : Reyneke Park, Bloemfontein
  • 3 Junie : Beaufort-wes (iewers in)
  • 4 Junie : Tuis

 

Nou sal my siel seker rus.

Opgedateer  15 Maart 2024

--------------------------------------------------------------------------------------------

I

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 18/06/2023 - 18:03

... ek reken dit is 'n goeie plan. Verhoed die op- en afslanery. Persoonlik sou my keuse nie op Skukuza val nie, maar soos jy sê - julle het nog altyd Skukuza geniet.

Omdat ek onseker is oor tent- of karavaankamp volgende jaar, het ek ook vir die volle 3 weke - nee, 20 aande - in Shingwedzi bespreek.

Moet nou ook nie té lank wag voor jy bespreek nie.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 21/06/2023 - 22:01

Ek het 'n bietjie voelers uitgesteek na my jare lange kamppel in die Wildtuin oor die idee om vir ons volle tydperk, drie weke, in Skukuza te kamp.  Hy was stomgeslaan van verbasing en sal dit beslis nie oorweeg nie  -  hulle sal miskien 'n week saam met ons daar kamp en dan wil hulle eerder hoërop beweeg,  te verstane want hulle gaan graag na die Wildtuin na familie in die Lephalale omgewing in Limpopo.

Dit lyk dus of ons twee vir die grootste deel van ons vakansie alleen gaan kamp in Skukuza.  Ek het ook gedink as ons proefneming na twee weke vervelig raak, kan ons mos maar gaan gesels om aan te skuif na 'n ander kamp waar ons 'n staanplek kan kry.

Ons vorder, Annatjie se skouervervanging is geskeduleer vir 24 Julie en daarna kom die rehabilitasie proses. Dan is dit tyd vir ons proeflopie kamp in September by Kleine Paradys naby Piketberg.  As dit alles suksesvol realiseer, stop niks ons vir Mei 2024 Kruger Wildtuin toe nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 22/06/2023 - 07:15

Môre Len

Ek sal nie 'n week daar kan uithou nie. Dis net te besig, met te veel paaie  om die plek, ek is altyd verlore daar.

Dit bly egter 'n goeie keuse, uit die ooppunt dat daar 'n dokter permanent is. Sy het Marie deurgetrek na die malariapille allergie. Ten minste is dit in die suide, en maklik bereikbaar vanaf die N4.  

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 22/06/2023 - 07:16

Só 'n bek moet "jam" kry.

Dit wissel van mens tot mens, maar ek kan in my wildste drome nie voorsien om verveeld te raak om 3 weke in een kamp te bly nie (behalwe as onstandighede in die kamp 'n bietjie k@kkerig is).

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 22/06/2023 - 13:26

Al die praatjies hier en op ander gesprekslyne laat my jeuk waar ek nie wil krap nie. Ek was baie lank gelede laas Suid van Satara, en begin nou na die omgewing verlang. Ek sien egter nie kans vir die getalle en houdings tydens skoolvakansie nie. Intussen wonder ek ook heimlik of ek kan volhou daarmee om elke jaar die hengse afstand af te lê Kruger wildtuin toe teen die meegaande brandstofuitgawe. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 22/06/2023 - 13:47

.........gesê het, ek gaan maar die hemelhoë brandstofprys uit-balanseer deur my Wildtuin-kuier af te skaal na elke tweede jaar en nie meer jaarliks nie.  Vir ons ouer garde met allerhande skete is dit natuurlik 'n risiko omdat 'n mens nie seker is of jy nog oor twee jaar instaat sal wees om te gaan Wildtuin-kamp nie.  Maar, probeer is die beste geweer.

Terwyl ons nou oor die brandstofkoste praat, Wessel wat was die dieselkoste in die noorde van die Wildtuin toe jy nou onlangs daar was ?  Verlede jaar in Mei 2022 het ek by Pretoriuskop R24.48 per liter betaal.  Hierdie week het ek R21.12 per liter hier by ons in Brackenfell betaal.  Brandstof is altyd duurder in die Wildtuin, maar dit lyk tog of brandstofkoste afgekom het.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 22/06/2023 - 14:45

Middag Len

dit het gewissel van Punda na Berg en Dal toe. Ek het nie noukeurig die strokies gehou nie, maar die duurste was so ongeveer R23/l

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 06/07/2023 - 19:44

Kyk na my inleidende paragraaf wat ek nou besig is om aan te pas.  Behoort oor so 30 minute klaar te wees.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Thu, 06/07/2023 - 20:33

Lekker trip om na uit te sien. Is daar spesifieke rede dat verblyf 2x langer by Skukuza is as by Satara?

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 06/07/2023 - 20:51

Ja, ons twee oues se gesondheid noop ons om nie te ver van mediese hulp te wees nie.  As alles goed gaan daardie eerste twee weke by Skukuza, sal ons 'n kans vat vir 'n week by Satara voor ons huiswaarts keer.

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Thu, 06/07/2023 - 21:41

Klink vir my na 'n baie lekker toer. Ek word sommer jaloers, beoog ook om weer te gaan maar moet eers die huidige omstandighede klaar trotseer. Net dalkies mag ons mekaar daar raakloop vir 'n tjop en 'n dop met vars gebakte brood. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 06/07/2023 - 21:58

Ek is vol vertroue dat julle planne gaan realiseer.

Ek wil inderwaarheid nog niks gesê het van die verandering wat ek vroeër die week aan my bespreking vir volgende Mei aangebring het nie. Maar kom ek breek maar die nuus. My datums is onveranderd, maar Shingwedzi is verander na Onder-Sabie - arriveer 12 Mei en vertrek 1 Junie.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Fri, 07/07/2023 - 04:14

nie te ver van mediese hulp te wees nie

Sterkte, glo en vertrou van harte dat jul besoek voorspoedig mag verloop en realiseer soos beplan en dat gesondheid mag saamspeel. 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 07/07/2023 - 07:11

Môre Len, Chris B

Ek sien julle is teen 1 Junie alweer uit die Kruger uit. Ek het beplan om weer teen 1 Junie daar in te trek.

Ek gaan sukkel om in Mei daar te wees, dis die tyd vir verdomde jaarafsluiting, ouditeure, finansiële state en algemene jaarvergadering vir deeltitelkomplekse. Die dokumente moet ingedien word by 'n oorkoepelende liggaam daai tyd.

Ek is steeds van plan om die jaar Onder Sabie deel van my besoek te maak. Dalk kry ek Marie oortuig om weer Balule toe te gaan, maar sy hou meer van Tsendze.  

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 07/07/2023 - 08:14

Maar dit mag dalk verander dat die "ou lady" weer die langpad gaan vat. Ons sal eers nader aan die tyd 'n finale besluit neem. As my dogter-hulle wel Junie gaan kom kuier in SA vir haar skoonpa se 80ste, sal ons seker net volgens die huidige beplanning gaan. Andersins mag ons dalk langer wegbreek en dan wel met die wa.

Ek het net soos met my aanvanklike Shingwedzi-bespreking gemaak deur die eerste aand in 'n chalet te bespreek - sodat ons die volgende oggend vroeg al kan gaan kampplek soek waar ouens dalk oppak.

Jissie Wessel ek is bly ek is klaar met verpligte vergaderings en dergelike strontery.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 07/07/2023 - 09:44

Môre Chris B, party dae vang dit my totaal onkant. Om geld te spaar vir die 6 eienaars, "bestuur" ons, ons self. Dit kos deesdae maklik R2000/maand vir 'n bestuursagensskap. Ongelukkig moet kiepie die spit afbyt met die administrasie. 

Ek raak skoon bemoerak, soos ou Swartsak van Namakwalanders as julle so lekker net kan beplan en bespreek. Ek moet eers al die sperdatums bekyk en dan my lewe beplan. As ek bemoerak is, raak die humeur kort en geduld op. Juis vanoggend 'n handlanger bygekom met 'n verfkwas. Dit doen wondere om hulle ore oop te maak.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 07/07/2023 - 10:28

Ja ongelukkig waterbasis wat maklik afwas. moes eintlik enamel gewees het sodat hy terpentyn moes gebruik.

Jammer Len, sal nie verder galbraak op jou wildtuin gesprek nie  

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus