Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -3 hours ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -4 hours ago
Chris B... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Kennisgewing. Forum Herstel en terugvoering Johann L -4 hours ago
Kom ek probeer weer Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago
Dit is die eerste keer wat… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -4 hours ago

Strydoms oppad Namakwaland toe- 2023

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Aangesien die toer nou wel plaasvind, en nie meer net 'n idee is nie, begin ek die nuwe gesprek.

Vir die begin, plaas ek net weer hier die reeds bespreekte plekke;

KarooNP: 20 tot 23 Agustus

Rondeberg by Clanwilliam: 1 tot 3 September 

Kroon Lodge Kammieskroon: 4 tot 7 September.

Ons wou met die terugkom by MokalaNP oorbly, maar tans kon ek nie voldoende plek daar kry nie.

Die res van ons besprekings is 'n kontinue proses van nou af.

Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 21/08/2023 - 07:16

Aan die kant van die Swartberg het ons n Noord Weste wind wat rof is, en tot woensdag middag aanhou. So vinnig geloer, en Beaufort Wes het lyk my ook so winderigheid vir n paar dae.

Wessel sal sulke lang stadige wildritte moet doen om uit die wind te kom. Sterkte Wessel.

0
Worcester

Wildehont

Mon, 21/08/2023 - 07:52

Tipies vir Augustus begin die fronte nou Suid van die land verbybeweeg. Daar is tans ‘n helse groot front net van die kus af. Ons het ‘n paar druppels gekry, maar die wind laat loop sedert gister na kerk ook met mening hier. Ek hoop Wessel word dit gespaar in die kamp by Karoo NP. Dis nie lekker as die seile so klap in die wind nie. 
 

A

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 21/08/2023 - 08:51

... die wind roer behoorlik in die Kaap. Hier waar ek tans is, is dit gloeiend warm bedags. Vandag se voorspelling is 37°. Hier waardeer ons 'n briesie. Ek hoop nie Wessel trek heeltemal die kort strooitjie nie.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 21/08/2023 - 09:38

Goeie môre Kampforum-vriende !

Ja, inderdaad het die wind kwaai gewaai hier in Kaapstad (eintlik nog steeds), maar ons het darem'n heerlike 15mm reën gekry.  Ek hoop Wessel-hulle word die erge wind gespaar.

Wessel het vanoggend in die Karoo Nasionale Park wakker geword  -  natuurlik 'n wonderlike ervaring !

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 21/08/2023 - 13:43

Middag vriende

Ons het gister veilig in KarooNP gekom, staan ewe blinkbaar op plaveisel oorkantdie dames ablusie. Windgat verby, Mobi Lodge langs ons ingetrek, keer die wind af, wat ons roer tans. Doringtak afgewaai wat gelukkig tussen my en die buurman geval het.

Ons was weer omtrent alleen in Aldam, drie keer afgehak en probeer gelykstaan. Terug na nr 58 wat aan ons toegeken was, langs nr 1 ablusie. so plat soos Tafelberg, my blaker nog steeds seer geskop.

Daarvaan na Ritchie, N8 sleep soos droom met min verkeer. Riverside is redelik vir oorslaap. Ablusie is netjies en alles werk. Die enigste probleem is al die pluimvee en honde op die erf. Ons is al drie-uur wakker gekraai.

Die N12 af na Drie susters is 'n lekker redelik stil, sleep alternatief. Dit is net die stuk tussen Strydenburg en Kambro waar dit erg walle gery is. Plekplek wil dit slaggate vorm.

Het vanoggend gaan wild soek, springbokke, elande, gemsbokke klipspringer gekry. Die park is mooi groen met pers blomme plekplek.

Dit bly 'n lang pad, veral teen 98km/hr GPS, mens sleep en sleep en pad hou net aan. Voordeel is dieselverbruik van so tussen 9 en 9.3km/l. 

Iets het verkeerd gegaan met die vering/suspensie van regterwiel, dit loop sleg skeef af. Ek hou dit dop, en sal dalk in George die spaarwiel opsit. Ek twyfel of bande plek die fout gaan vind of kan herstel. Mens kan ook nie wa ingee vir herstel nie, want ons moet slaap daarin. As ek nie by Echo in Tygervallei kan regkom binne paar uur nie, sleep ek maar so huistoe, al kos dit my 2 bande.

 

0
Worcester

Wildehont

Mon, 21/08/2023 - 14:16

Wessel, dit klink asof dit moontlik ‘n wielsporing probleem kan wees. Verwys na die onderstaande of gaan kyk na hierdie skakel. Dit maak dit moeilik dat dit op die karavaan gebeur tydens ‘n toer, aangesien dit tans julle “huis” is. Ek hoop julle kry die probleem en kan dit regstel sonder vreeslike kostes. Begin maar by die wielsporing en skakel so die oorsake uit. 
 

A

0
Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 21/08/2023 - 19:05

Wessel, ek wil nou nie vir jou aan die worry sit nie, maar as jy n ernstige "skewe" afloop na n paar honderd kilometer kan waarneem moet jy dalk probeer kyk of als mooi vas en in plek is.

Lig die betrokke wiel van die grond af, en ruk en pluk. Vat die wiel een hand bo, en een onder, dan  weerskante Op en af, en heen en weer. Voel vir speling.

Dan onder die wa in, jy praat van onafhanklike vering, maw nie n soliede as nie. Kyk of die hegtingsplekke mooi vas is. As its los raak, sal jy dalk somtyds swarterige stof om die betrokke bout of moer sien.

Al vind jy nie ooglopende fout nie, weet jy immers niks gaan afdonner terwyl jy ry nie.

Ons ook maar erge wind hier, maar dit is waaraan ons gewoond is vir die tyd in die seisoene. Eers Oktober sal dit begin stil raak.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 22/08/2023 - 09:31

Goeie môre Wessel !

Ek sien op julle program daar is 'n week gaping vandat julle by KarooNP vertrek tot julle by Rondeberg inboek.  Is dit die tyd dat julle by jou suster in Bellville kuier ?  Indien wel, sal ek baie sterk aanbeveel dat julle in Kaapstad na daardie wiel laat kyk.  As jy nie by Echo regkom nie, probeer gerus vir Pine Joubert by WC Caravan Fitment Centre in Kraaifontein - 082 824 5126

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 22/08/2023 - 13:06

Middag vriende

Ek het gister onder die wa ingekruip, en sien niks verdags nie. Ek het ook al wat bout en moer is aan die regterkant met my 13-shifting bygelooplaugh Alles is vas, maar moet nog Herman se ruk en pluk toets doen. Ek glo nie die wiel sal uitval nie, maar ek hou die loopvlak dop.

Dankie Len, ek sal dalk die Pine opsoek oppad Clanwilliam toe. Net vir gemoedsrus, want ek moet in wa slaap, my suster is in outehuis en ons staan weer in Van zylsrys. sit net asb Pine se straatadres vir my hier op, dan kan ek hom vind met GPS.

Chris S, dit is die regterwiel wat aan binnekant meer afloop. Ek weet dat ek nie slaggat getref het met daai wiel nie, nie vandat ek wa gekoop het nie. Dalk wa so gekoop en nou na minder as 15000km sien ek dit eers raak. Vorige eienaar het gereeld Mabuweshehuwe toe gegaan.

KarooNP  is fantasties, met wind en al. Het vanoggend trop van 30 gemsbokke gekry. Ook rooi hartbeeste en natuurlik sprinbokke. Dit was op Potjielekker pad, naby sementdam. Gister 'n jakkals gekry op Lammerleegte roete, elande en kwaggas.

Moremiddag is alweer oppak tyd, dan skuif ons af na Jongensfontein, en daarvandaan na Bellville, arriveer daar 28ste.

0
Worcester

Wildehont

Tue, 22/08/2023 - 13:16

Kyk na 1,2 en 5 by die skakel. Hopelik is dit wielsporing (1 of 2) en nie vering probleme nie. 
 

Karoo NP klink lekker. Ek hoop die weer is julle genadig by Jongensfontein. Die reuse front is seker darem teen die naweek verby. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 22/08/2023 - 13:41

Middag vriende

Armond het gou kom inloer, so 'n rukkie gekuier want die ou moet werk. Hy sê dat hulle so 400mm reen gehad het die seisoen, en dat veld besonder geil is

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 22/08/2023 - 13:43

Pine se adres is 3 Eagle Street, Okavango Park, Brackenfell of Kraaifontein.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 22/08/2023 - 14:13

.....ek het gou gaan kyk, daar is 'n Echo Centre ook in Okavango Park, omtrent een kilometer van Pine se besigheid.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 22/08/2023 - 14:24

Middag Len, ek het nounet met Echo daar gepraat. dit klink of hulle weet en kan ook die wielspring regstel. 

Ek hoop dis paar ure se werk. dan doen ek dit die oggend as ons oppad Clanwillam toe gaan. 

Baie dankie vir jou moeite, ek waardeer dit.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 23/08/2023 - 15:50

So breek ons laaste dag in park aan. Wat 'n dag, baie wild gesien, tot 'n renoster op Potjielekker roete. Redelik naby die personeeldorp.

Groot ou bergskilpad het homself kom voorstel, lekker gevreet aan gras by ablusieblok.

Moreoggend vroeg in pad na Jongensfontein. Eers by bandeplek aangaan om band op velling te laat draai, dan is afgeloopte kant buite. Sommer die ruk en pluk toets ook doen. 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 23/08/2023 - 16:11

Wessel. As jy nog die ruk en pluk wil doen, moet die onderstel opgelig word sodat die suspensie raamwerk los hang.

Ek sien môre se weer is ok, maar teen Vrydag reen dit in Jongensfontein.

Gelukkig met die ou grote, hulle is maar skaars. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 23/08/2023 - 16:30

Wat 'n dag, baie wild gesien, tot 'n renoster op Potjielekker roete. Redelik naby die personeeldorp.

Dit is min mense beskore om hulle in die Karoo te sien. Ons het hulle darem al by vier geleenthede gesien. 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 23/08/2023 - 18:33

Wessel, wel gedaan met julle wildbesigtiging in Karoo NP.  Ons gaan al vir jare by hierdie wildpatk aan en was nog nooit beskore om 'n leeu of renoster daar te sien nie.  Miskien is ons verblyf altyd daar te kort. MAAR, (en dit is die groot maar) op 30 April volgende jaar klok ons daar in vir twee dae en dan sal ek julle wys wat gedoen kan word !

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus