Aangesien die toer nou wel plaasvind, en nie meer net 'n idee is nie, begin ek die nuwe gesprek.
Vir die begin, plaas ek net weer hier die reeds bespreekte plekke;
KarooNP: 20 tot 23 Agustus
Rondeberg by Clanwilliam: 1 tot 3 September
Kroon Lodge Kammieskroon: 4 tot 7 September.
Ons wou met die terugkom by MokalaNP oorbly, maar tans kon ek nie voldoende plek daar kry nie.
Die res van ons besprekings is 'n kontinue proses van nou af.
Sterk front
Tipies vir Augustus begin die fronte nou Suid van die land verbybeweeg. Daar is tans ‘n helse groot front net van die kus af. Ons het ‘n paar druppels gekry, maar die wind laat loop sedert gister na kerk ook met mening hier. Ek hoop Wessel word dit gespaar in die kamp by Karoo NP. Dis nie lekker as die seile so klap in die wind nie.

Ek sien ....
... die wind roer behoorlik in die Kaap. Hier waar ek tans is, is dit gloeiend warm bedags. Vandag se voorspelling is 37°. Hier waardeer ons 'n briesie. Ek hoop nie Wessel trek heeltemal die kort strooitjie nie.
GM !
Goeie môre Kampforum-vriende !
Ja, inderdaad het die wind kwaai gewaai hier in Kaapstad (eintlik nog steeds), maar ons het darem'n heerlike 15mm reën gekry. Ek hoop Wessel-hulle word die erge wind gespaar.
Wessel het vanoggend in die Karoo Nasionale Park wakker geword - natuurlik 'n wonderlike ervaring !
Toer tot nou
Middag vriende
Ons het gister veilig in KarooNP gekom, staan ewe blinkbaar op plaveisel oorkantdie dames ablusie. Windgat verby, Mobi Lodge langs ons ingetrek, keer die wind af, wat ons roer tans. Doringtak afgewaai wat gelukkig tussen my en die buurman geval het.
Ons was weer omtrent alleen in Aldam, drie keer afgehak en probeer gelykstaan. Terug na nr 58 wat aan ons toegeken was, langs nr 1 ablusie. so plat soos Tafelberg, my blaker nog steeds seer geskop.
Daarvaan na Ritchie, N8 sleep soos droom met min verkeer. Riverside is redelik vir oorslaap. Ablusie is netjies en alles werk. Die enigste probleem is al die pluimvee en honde op die erf. Ons is al drie-uur wakker gekraai.
Die N12 af na Drie susters is 'n lekker redelik stil, sleep alternatief. Dit is net die stuk tussen Strydenburg en Kambro waar dit erg walle gery is. Plekplek wil dit slaggate vorm.
Het vanoggend gaan wild soek, springbokke, elande, gemsbokke klipspringer gekry. Die park is mooi groen met pers blomme plekplek.
Dit bly 'n lang pad, veral teen 98km/hr GPS, mens sleep en sleep en pad hou net aan. Voordeel is dieselverbruik van so tussen 9 en 9.3km/l.
Iets het verkeerd gegaan met die vering/suspensie van regterwiel, dit loop sleg skeef af. Ek hou dit dop, en sal dalk in George die spaarwiel opsit. Ek twyfel of bande plek die fout gaan vind of kan herstel. Mens kan ook nie wa ingee vir herstel nie, want ons moet slaap daarin. As ek nie by Echo in Tygervallei kan regkom binne paar uur nie, sleep ek maar so huistoe, al kos dit my 2 bande.
Wielsporing
Wessel, dit klink asof dit moontlik ‘n wielsporing probleem kan wees. Verwys na die onderstaande of gaan kyk na hierdie skakel. Dit maak dit moeilik dat dit op die karavaan gebeur tydens ‘n toer, aangesien dit tans julle “huis” is. Ek hoop julle kry die probleem en kan dit regstel sonder vreeslike kostes. Begin maar by die wielsporing en skakel so die oorsake uit.

Wessel, jammer om te hoor. …
Wessel, jammer om te hoor.
Nie lekker om op vakansie te wees en iets loop skeef nie. Hoop dit is nie 'n te groot probleem nie.
Radikaal
Wessel, ek wil nou nie vir jou aan die worry sit nie, maar as jy n ernstige "skewe" afloop na n paar honderd kilometer kan waarneem moet jy dalk probeer kyk of als mooi vas en in plek is.
Lig die betrokke wiel van die grond af, en ruk en pluk. Vat die wiel een hand bo, en een onder, dan weerskante Op en af, en heen en weer. Voel vir speling.
Dan onder die wa in, jy praat van onafhanklike vering, maw nie n soliede as nie. Kyk of die hegtingsplekke mooi vas is. As its los raak, sal jy dalk somtyds swarterige stof om die betrokke bout of moer sien.
Al vind jy nie ooglopende fout nie, weet jy immers niks gaan afdonner terwyl jy ry nie.
Ons ook maar erge wind hier, maar dit is waaraan ons gewoond is vir die tyd in die seisoene. Eers Oktober sal dit begin stil raak.
Watter kant?
Wessel, loop die band aan die binne- of buitekant af?
GM !
Goeie môre Wessel !
Ek sien op julle program daar is 'n week gaping vandat julle by KarooNP vertrek tot julle by Rondeberg inboek. Is dit die tyd dat julle by jou suster in Bellville kuier ? Indien wel, sal ek baie sterk aanbeveel dat julle in Kaapstad na daardie wiel laat kyk. As jy nie by Echo regkom nie, probeer gerus vir Pine Joubert by WC Caravan Fitment Centre in Kraaifontein - 082 824 5126
Die band
Middag vriende
Ek het gister onder die wa ingekruip, en sien niks verdags nie. Ek het ook al wat bout en moer is aan die regterkant met my 13-shifting bygeloop
Alles is vas, maar moet nog Herman se ruk en pluk toets doen. Ek glo nie die wiel sal uitval nie, maar ek hou die loopvlak dop.
Dankie Len, ek sal dalk die Pine opsoek oppad Clanwilliam toe. Net vir gemoedsrus, want ek moet in wa slaap, my suster is in outehuis en ons staan weer in Van zylsrys. sit net asb Pine se straatadres vir my hier op, dan kan ek hom vind met GPS.
Chris S, dit is die regterwiel wat aan binnekant meer afloop. Ek weet dat ek nie slaggat getref het met daai wiel nie, nie vandat ek wa gekoop het nie. Dalk wa so gekoop en nou na minder as 15000km sien ek dit eers raak. Vorige eienaar het gereeld Mabuweshehuwe toe gegaan.
KarooNP is fantasties, met wind en al. Het vanoggend trop van 30 gemsbokke gekry. Ook rooi hartbeeste en natuurlik sprinbokke. Dit was op Potjielekker pad, naby sementdam. Gister 'n jakkals gekry op Lammerleegte roete, elande en kwaggas.
Moremiddag is alweer oppak tyd, dan skuif ons af na Jongensfontein, en daarvandaan na Bellville, arriveer daar 28ste.
Wessel....
.....ek het gou gaan kyk, daar is 'n Echo Centre ook in Okavango Park, omtrent een kilometer van Pine se besigheid.
echo Okavango park
Middag Len, ek het nounet met Echo daar gepraat. dit klink of hulle weet en kan ook die wielspring regstel.
Ek hoop dis paar ure se werk. dan doen ek dit die oggend as ons oppad Clanwillam toe gaan.
Baie dankie vir jou moeite, ek waardeer dit.
laaste dag in Karoo
So breek ons laaste dag in park aan. Wat 'n dag, baie wild gesien, tot 'n renoster op Potjielekker roete. Redelik naby die personeeldorp.
Groot ou bergskilpad het homself kom voorstel, lekker gevreet aan gras by ablusieblok.
Moreoggend vroeg in pad na Jongensfontein. Eers by bandeplek aangaan om band op velling te laat draai, dan is afgeloopte kant buite. Sommer die ruk en pluk toets ook doen.
Wessel. As jy nog die ruk en…
Wessel. As jy nog die ruk en pluk wil doen, moet die onderstel opgelig word sodat die suspensie raamwerk los hang.
Ek sien môre se weer is ok, maar teen Vrydag reen dit in Jongensfontein.
Gelukkig met die ou grote, hulle is maar skaars.
Julle's gelukkig
Wat 'n dag, baie wild gesien, tot 'n renoster op Potjielekker roete. Redelik naby die personeeldorp.
Dit is min mense beskore om hulle in die Karoo te sien. Ons het hulle darem al by vier geleenthede gesien.
Wildbesigtiging in KarooNP
Wessel, wel gedaan met julle wildbesigtiging in Karoo NP. Ons gaan al vir jare by hierdie wildpatk aan en was nog nooit beskore om 'n leeu of renoster daar te sien nie. Miskien is ons verblyf altyd daar te kort. MAAR, (en dit is die groot maar) op 30 April volgende jaar klok ons daar in vir twee dae en dan sal ek julle wys wat gedoen kan word !





winde wat waai.
Aan die kant van die Swartberg het ons n Noord Weste wind wat rof is, en tot woensdag middag aanhou. So vinnig geloer, en Beaufort Wes het lyk my ook so winderigheid vir n paar dae.
Wessel sal sulke lang stadige wildritte moet doen om uit die wind te kom. Sterkte Wessel.