Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Stem heeltemal saam Wessel… November 2026 neef Herman -4 hours ago
Herman... November 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Wessel, hierdie is n… November 2026 neef Herman -7 hours ago
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -12 hours ago
November brandstof prys November 2026 Geert -12 hours ago
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -18 hours ago

Strydoms se SANPARKE toer

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Môre vriende

Ons finale toerprogram en datums is as volg;

Aldam oorslaap--------5 Mei

Mokala NP--------------6 tot 11 Mei

Karoo NP---------------11 Mei tot 16 Mei

Camdeboo NP----------16 Mei tot 22 Mei

Bergkwagga NP---------22 Mei tot 27 Mei

Aldam oorslaap----------27 Mei

Tuis------------------------28 Mei 

 

 

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 30/09/2023 - 11:55

... klink vir my na 'n beter opsie.

Verskoon my puristiese neiging. Die Engelse naam was nog altyd "Mountain Zebra National Park", maar die Afrikaans was (en ek glo is steeds) "Bergkwagga Nasionale Park". Maar dit maak nie saak nie, ek weet van watter park jy praat. Amper soos ouens wat praat van "Laer-Sabie" (Engels: "Lower Sabie") terwyl die Afrikaanse naam inderwaarheid "Onder-Sabie" is. Aag, dalk sommer net 'n klomp nuttelose inligting (of noem dit 'twak').

Maar om terug te kom na jou beplanning - dit klink bakgat. Aan watter tyd van die jaar dink jy?

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 30/09/2023 - 13:03

...wat ons besig. ek skaam soms myself vir die swak afrikaans wat ek kwytraak. Vloek suiwer afrikaans soos 'n matrooslaugh

Ek sal beslis die titel Bergkwagga aanleer en gebruik. 

Ek wil dit probeer inpas in die maande April en Mei. Dit gaan hoofsaaklik bepaal word deur die meulsteen om my nek, die vervloekte boeke/oudit in dokumentasie indiening by die CSOS oorkoepelende liggaam.

Andersins sal dit gedurende Augustus/September wees. Ek is oop vir goeie klimaat inligting en raad daaromtrent.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 30/09/2023 - 14:39

... is ek so 'n bietjie soos 'n uil op 'n kluit wat verdere vakansie-beplanning aanbetref. Ek sal graag só 'n toertjie wil beplan - sommer net omdat vakansie-beplanning so lekker is. Maar ek laat dit maar eers daar.

Oor 5 weke gaan ons saam met vriende Prins Albert toe om o.a. vir hulle Die Hel, oftewel Gamkaskloof, te gaan wys. Andersins is dit maar Jan Tuisbly tot Februarie wanneer ons vir 16 aande by Ebb & Flow gaan kamp. Hierdie spruit nog voort uit ons gekanselleerde Kgalagadi-trippie, van afgelope April, wat in die hek geduik het. Dan lê daar nog ons beplande tentkampding gedurende Mei in die wildtuin voor.

En daar is nog 'n sterk moontlikheid dat my ver kinders ook end-Maart tot vroeg-Junie Suid-Afrika toe kom. En hulle het 'n begeerte om Namibië te besoek. Dus plaas ek enige verdere beplanning op ys.

Maar jy moet jou beplanning geniet Wessel. Ek geniet só-iets moerske baie.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 30/09/2023 - 15:15

Stem saam met Chris B, opsie drie klink na 'n beter, meer omvattende  "toer".

Mokala is 'n wonderlike park, veral vir julle ouens met boswaens. Terwyl jy nou aan de toer is, moenie waardevolle plekke mis nie.laugh

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 30/09/2023 - 15:26

Johann, was julle dan al daar, met padwa en al. Waarom seg jy dis 'n wonderlike park. Lees ek SANPARKE se info korrek, het elke staanplek sy eie ablusie/kombuisie??

Ek moet erens oorslaap tussen Aldam en KarooNP, dit kan dus netsowel Mokala wees. Die vraag is, bly mens  1 aand of tenminste 3 aande

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 30/09/2023 - 16:20

Ons was menige keer in Mokala. Ek het dié park gewoonlik as oornagplek gebruik toe ek nog gereeld by GWK se saad-afdeling by Modderrivier gaan werk het. Ons het meestal by Mosu Lodge gebly, maar ook enkele kere by Lilydale. Ek het gewoonlik werk en plesier gekombineer deur Ralie saam te neem en vir twee aande oorgebly. Enige spaartydjie tot my beskikking is gebruik om in dié wonderlike park rond te ry.

Die oorspronklike kampterrein was Haak-&-Steek, wat maar baie basies was. Later is die nuwe kampeerterrein, Motswedi, geopen. Alhoewel slegs kampeerders in dié kamp toegelaat is, het ek tóg eenkeer die goedkeuring van die destydse parkhoof, Deon Joubert, gekry om darem daar te gaan inloer.

Jy is reg Wessel - elke kampeerplek het sy eie badkamer en kombuis (met 'n groterige gas-ys/vrieskas). Voor die kamp is 'n kleinerige dam wat dien as suiping vir die wild. Die enigste "heining" is 'n lae geëlektrifiseerde draad (omtrent kniehoogte) om die buffels en renosters uit te hou. Die twee lodges, Mosu en Lilydale, het soortgelyke elektriese drade rondom.

Ek het een aand by Mosu staan en braai met die buffels skaars 30 meter van my af, met slegs daardie lae draad as versperring tussen ons. Dit was maar 'n ongemaklike gevoel met 'n paar van hulle wat my aangestaar het.

Enige persoon wat oor 'n wa beskik wat geskik is vir gruispaaie, MOET hierdie wonderlike park op hulle te-doen lysie hê. En 'n minimum van 2 nagte se oorbly hoort deel van die reisbeplanning te wees - verkieslik langer.

Ek sit tans hier op my foon en tik, maar sal later 'n foto of twee plaas (wat op my rekenaar is). Ek sit eers en rugby kyk.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 30/09/2023 - 16:33

Wessel, nee, ek was nie daar met 'n padwa nie, die grondpad van so amper 25Km is te rof vir my.

Ons het sooheentoe gery vir 'n dag besoek toe ons by Ritchie, suid van Kimberley, oor gestaan het, daar is pragtige natuurskoon,  en ons het ook sommer gou 'n renoster raak gesien.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sat, 30/09/2023 - 17:42

Was al daar vir n paar dae met Jurgie, en die park regtig geniet. Die pad was skurf, en ek glo sal maar gereeld van toestand wissel. Niks wat n bakkie en n Kavango nie met gemak sal hanteer nie. Ons gaan dalk oor twee weke vir n aand oorbly. Op pad terug van die Noord Kaap kuier. Jy kan dit maar op die lys sit Wessel, sal nie spyt wees nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 30/09/2023 - 19:41

Naand Chris, Johann en Herman

Julle skrywes, en die foto's is net wat nodig was om die Strydom met veto -reg te oortuig om paar aande daar te bly.

Die ablusie/kombuis met die riet afskorting laat my baie dink aan Kroon lodge se uitleg. Hier egter, lyk dit nie so beknop nie.

Ek kan verstaan waarom die prys/nag so effe duurder is as die ander Sanparke.  

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 30/09/2023 - 21:34

......dan sou ek dit gedoen het.  My lus vir Mokala hang ver uit, maar met my ou teerpad-waentjie sal dit moet oorstaan tot die toegangspad geteer is  -  en ek weet dit gaan nie in my kampeerleeftyd gebeur nie.

Wessel, my toerkeuse sal ook jou nr. 3 keuse wees, behalwe ek sou nooit so naby aan Addo omdraai en nie ook daar gaan kamp nie.  (Ek weet ChrisB hou nie van die plek nie, maar ek verskil beslis.  Jy sal nooit weet as jy dit nie self beproef nie.) Ek het dit ook iewers genoem dat die olifante in die park geen bedreiging inhou vir karavaan-sleepers nie omdat die hoofkamp by die ingangshek is.  Jy ry dus nie deur die park met jou karavaan/boswa nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 01/10/2023 - 07:04

Môre Len en ander, ek het mos nou jou hele aanbeveling hierbo mis gelees. 

Ek het 'n fobie oor olifante, of ek solo ry of erger met woonwa op sleeptou. die diertjies ruik sekerlik dat ek nie van hulle hou nie. 

Ek voel oor olifante soos Marie oor Kuruman en Vryburg voel. Ek sal 'n 500km draai moet sleep, as ons weer Kalaghadi toe wil gaan.  

 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 01/10/2023 - 07:11

Len, jy moet nou nie die 2 plekke verwar nie. 

Mokala naby Ritchie, is wel die park met die ongeveer 20-25km grondpad. Berg Kwagga park is by Cradock, en volgens padkaart, teerpad tot by hek.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 01/10/2023 - 08:12

Ek beskik nie oor die korrekte afstand nie, maar dit is seker minstens 10 km gruispad vanaf Bergkwaggapark se afdraai totdat jy by 'n kort gedeelte teerpad 'n entjie vanaf die ruskamp aansluit. Ek het enkele jare gelede dié pad met die "ou lady" gesleep (nog met die 13" wiele) - en toe het die stuk gruispad amper soos 'n teerpad gery.

Maar vanjaar, toe ons in 'n chalet gebly het, was dié pad maar in 'n vrotterige toestand. En die dag toe ons die park verlaat, het ons in gietende reën gery. Dit was een groot modderspulletjie. Ek was so dankbaar dat ek die "ou lady" nie daaraan blootgestel het nie.

Die meer as 20 km vanaf die N12 na Mokala se hoofhek kan ook van tyd tot tyd maar rof wees - dit is 'n publieke pad. Vanaf die hek tot by Mosu Lodge, waar jy inboek vir Motswedi, is dit net meer as 6 km redelik aanvaarbare gruispad. Die paaie in die park is oor die algemeen "okay", maar kan ook maar haglik wees na reën. Maar soos ek in 'n vorige inset genoem het, sal ek nie hierdie park "skip" as ek 'n boswa sleep nie. Dieselfde geld vir Bergkwagga.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 01/10/2023 - 10:34

Moet jy mens nou so jaloers maak met jou beplanning? Jy is amper so erg soos Hennie wat elke naweek by my spog hoe lekker hy met doringhout vuur maak terwyl ek met nat wattel spook. Kyk bv die foto wat hy gister vir my stuur:

A

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 01/10/2023 - 11:10

Jy is amper so erg soos Hennie wat elke naweek by my spog hoe lekker hy met doringhout vuur maak

Is dit ons Hennie Botha van dié forum wat so ongevoelig (lees: 'ongeskik') optree?

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 01/10/2023 - 11:47

....om alweer te begin dink aan toer met die Kavango.

Ek en Marie praat nounet hoe ons deur afgelope 2 vakansies, met baie ry/slaap/ry gemor het. Wragtig, daar begin ons alweer dink aan die volgende ene.

Dis amper makliker om net 1 aand oor te slaap, as om by 4 parke vir net 3 tot 4 aande per oord te kampeer. Langer as 3 aande dan moet mens maar sykant opslaan en beskutting maak vir kombuis en koelkaste. 

Dit maak dat ek sommer uitsien na Mokala met daardie gerieflike onderdak kombuis, tot gasplate ook. Dit is juis daardie onderdak ensuite kombuis wat KroonLodge so gerieflik gemaak het.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 01/10/2023 - 13:11

Is dit ons Hennie Botha van dié forum wat so ongevoelig (lees: 'ongeskik') optree?

Dit is net hy ja. Ek het vir hom gesê hy moet dit maar geniet voor hy Kaap toe trek.  

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 01/10/2023 - 23:46

Wessel, ek verwar beslis nie die twee wildtuine nie.  Bergkwagga se grensheining is reg langs die teerpad waar jy indraai soos deur ChrisB hierbo uitgewys.  Vandaar is dit ongeveer 10km se grondpad (wat soms baie sleg kan wees) tot voor jy by die ruskamp se hek en die kampeerterrein uitkom.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 02/10/2023 - 06:17

Môre, ek het jou titel van 30/9/23 hierbo, en jou opeenvolgende sinne verkeerd vertolk. Volgens Marie lees ek selektief, en luister ook selektief, veral in die kerklaugh

Ek lei af van bostaande dat julle al Bergkwagga besoek het, maar nog nie Mokala nie. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus