Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Morganbaai en Yellow sands Oos Kaap oorde Wessel Strydom -3 hours ago
Wessel, Yellowsands is… Oos Kaap oorde Herman Goossens -3 hours ago
Herman G Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -4 hours ago
Johann.... Oos Kaap oorde Wessel Strydom -4 hours ago
VSA Oos Kaap oorde Johann L -4 hours ago
Ja, ons geniet die somerweer… Vakansiebeplanning 2026/27 Herman Goossens -5 hours ago

Kavango raad

Brits
Profile picture for user wessels
Submitted by wessels on
Forums
Môre vriende Die draad is nou eintlik vir die persone wat ook Echo Kavango's besit. Bloot omdat ons dieselfede probleme mag ondervind, en hopenlik mekaar van raad kan bedien. Ek wil graag weet of julle ook al gesukkel het met 1] julle waterpompe en die gepaardgaande "pressure switches". Vir een of ander rede pak myne baie gereeld op, dis nou die drukskakelaar, darem nie die pomp nie. 2] ek moes April 2019 my twee 105Amp.h batterye vervang, en in Augustus weer. Die ene het sy poeier by die pole uitgestoot/kook. Die' twee batterye is alweer daarmee heen. Dit behou nie lading nie. Ek kry dit nie met die sonpaneel of vanaf 220V volgelaai [> 12.9v] nie. Oornag, sonder dat iets krag verbruik, val die spanning na 11.8v. 3] Het julle [Chris, Pierre] al probleme ondervind met julle elektriese behaarpaneel? Ek begin wonder of myne korrek funksioneer, en of ek net ongelukkig is met die Duratec batterye. Ek het my 2016 Kavango Extreme 2de hands gekoop, en die vorige eienaar het baie ekstras laat aanbring, soos water-reguleerders , ekstra pype en selfs die beheerpaneel laat verander sodat die batterye vinniger kan laai. Dit wil voorkom dat al die veranderinge my nou dalk inhaal. Groete
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sat, 21/10/2023 - 10:27

Wildehont, die Prado stap seker nou naby aan R5.00 per kilometer vir brandstof.  As ek dink dat n dorp trip my hier, 100km heen en weer, R500.00 beloop, dan is vinnig brood en melk kry nie meer ń opsie nie.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 21/10/2023 - 10:57

As julle manne nou brandstof en reiskoste so opweeg, moet ek darem noem;

sonder woonwa loop Grompie dan teen ~R2/km

met Kavango op sleep teen R2.67/km

Grompie is dalk nou nie so luuks soos 'n Prado nie, maar .....

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 21/10/2023 - 12:45

Die Prado kos darem net geld wanneer dit beweeg, nie elke maand al staan dit stil nie devil

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 22/10/2023 - 11:37

Middag julle paplepel kandidate

Ek weet rerig nie waarna Chris verwys nie. Ek is dankbaar dat ek Grompie sommer kontant kon betaal, dus kos hy my nie 'n paaiement al staan hy stil nie.

Moet egter nie bekommer nie, ek sal steeds julle saamgesels verdra en geniet.laugh

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 22/10/2023 - 20:54

Ek het darem ook al ‘n paar karre kontant gekoop. Hier is ‘n foto van hulle:
 

A

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 23/10/2023 - 06:37

Môre Chris 

Ek het meestal match box se karretjies vir my klong gekoop, en net so lekker saamgespeel.

Ons het onder die afdak 'n deel van die dorp geteken, met sekere besoekpunte, strate en parkeerruimtes. Aldrie  kinders het te lekker karretjies gespeel. Dan praat ek nie eers van al die paaie wat in die tuinbeddings gebou is nie, damme en brue.

Koester tog jou tyd saam met jou kleingoed, tyd vlieg vreeslik vinnig.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 23/10/2023 - 07:50

Koester tog jou tyd saam met jou kleingoed, tyd vlieg vreeslik vinnig.

Dis waar, ek probeer die meeste daarvan maak.
 

Maar terug na die onderwerp. Alhoewel daar nou ‘n hele paar Rand aan jou Kavango bestee is, glo ek dis nou klopdisselboom en ek dink dis ‘n wyse besluit om maar die staalborstel in te span eerder as om te kyk na ander waens. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 23/10/2023 - 09:16

"Grompie sommer kontant kon betaal, dus kos hy my nie 'n paaiement al staan hy stil nie."

Ek wonder of die begrip "verlore geleentheidskoste" in die kernfisika bedryf inag geneem word ?

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 23/10/2023 - 10:19

Môre Chris S

Dit is nog nie die einde nie. Ek het nounet die Kavango in Schoemansville gaan aflewer. Echo het nooit nadat hulle alles teruggebou het, die wa se remme gestel nie. Ek hoop nou dat die ongeveer 100km met stoppe nie die inlooprem gebuig het nie, wat blykbaar kon gebeur het. Dit sal ek môre hoor as ek die wa gaan haal.

Echo het nie eers die moeite gedoen om net op hulle terrein die wa te toets nie. 

Op die oomblik is dit baie moeilik vir my om die Kavango as woonwa, nie te verwar met die swak diens gelewer nie.   

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 23/10/2023 - 10:21

Môre Len, jy sal asb moet omskryf vir die ou kern/materiaal-fisikus, wat bedoel jy met "verlore geleentheidskoste" ??

 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 23/10/2023 - 10:56

Het dit gaan oplees. Regtig iets wat ek nie eers weet bestaan het nie, maar tog bewus van was. Nou wonder ek of Wessel soos wat ek al gehoor het, eeder die bank se geld gebruik om voertuig te finansier, en sy cash eerder mee bitcoin te koop.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 23/10/2023 - 11:33

Ek hoop nou dat die ongeveer 100km met stoppe nie die inlooprem gebuig het nie, wat blykbaar kon gebeur het.

Dis swak diens van Echo so hulle moet maar opdok as daar skade is. Het die wa jou nie gestoot as jy rem nie? 
 

Ek stel voor dat jy vir Willie Grobler van Echo ook laat weet van die oorsig. Ek stuur sy kontakbesonderhede vir jou. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 23/10/2023 - 11:39

Ook nou gaan oplees. Finansies en ekonomie het net my pad gekruis wanneer ons gefokus het op kommersiële projekte. Dan het ons eerder gefokus op "return on investment", draaipunt, gelykbreekpunt en tyd verloop voordat winsgewend was.

Optimale benutting van neutron posisies, gemeet in Randwaarde/ neutron-bestraaltyd was/is die deurslaggewende parameter. Net soms het 'n ander parameter, genaamd "landsbelang" ook ter sprake gekom. 

  

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 23/10/2023 - 11:49

Middag Chris S

Dankie, ek het dit ontvang. 

Ek het hoofsaaklik snelweg gery, met beheerde stoppe by tolhekke en aansluitings. Ek het dus ooreenkomstig stadig spoed verminder en nooit hard/skielik gerem nie.

Dit is net met 'n doodstop dat jy die doef voel en hoor. Omrede daar nie lang steil afdraendes tersprake was nie, het ek nie 'n stoot gevoel nie. Ek het wel vanoggend teen die steil Silkaatsnek af, om regs af te draai na Schoemansville, alreeds bo op die bult begin afrat tot in 2de, indien die wa sou begin stoot. Sodra die inlooprem se stang ten volle ingedruk is, sonder dat die wa help rem , is die volle remaksie en massa die bakkie se baba. Kortstondig behoort die trokkie dit te kan hanteer, maar nie vir 'n lang periode nie. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 23/10/2023 - 12:09

Wessel, daar waar Grompie doodstil staan kos hy jou geld.  Die kontantgeld wat jy gestort het in die stilstaande Grompie kon dalk in 'n ander geleentheid belê gewees het wat jou 'n beter, lekkerder inkomste gegee het. ("There is never a free lunch" storie)

 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 23/10/2023 - 12:36

Goeie voorbeeld, maar dit hang af wie die somme maak en watter opsies en oorwegings geld. 

Ek kon seker die geld op belegging gehou het, MAAR dan het ek nie 'n nuwe Grompie gehad nie. Dan moes ek ook baie duurder km/l [R/km] oor die weg kom met 'n ou trokkie. Boonop het ek nou vir 9 jaar gratis dienste, wat ek nie gehad het nie. 

Die geld op belegging kan ook tot gevolg hê dat ek meer vir SARS sou moes betaal. Ek geniet eerder my eie geld, as om dit vir SARS te gee.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 24/10/2023 - 13:18

Vanoggend die Kavango gaan haal. Net betyds daar gekom om te sien hoe hulle remme effens af stel, nadat baas/eienaar van werkwinkel [nie Echo] die wa om die 10km blok gaan toets het.

Jis nou sleep ou Skillie sommer weer lekker, selfs Grompie kan dit aan die beweeg kry. laugh Die remaksie is net so lekker, lekker egalig sonder lawaai en stampe. Gelukkig was die inloopskokbreker nog reg.

Môre namiddag laat, en donderdag oggend DV [bedoel hier dou voordag] die was, poleer en stofsuig. Daarna bêre tot volgende jaar, met so paar battery laaie tussenin. 

Dalk sal ons darem Skillie gaan kampeertoets voor ons die Sanparke toer aandurf.  

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 24/10/2023 - 13:45

Dis goeie nuus dat die wa weer klopdisselboom is. Dit krap aan mens as ‘n voertuig lol, en mens raak mos sommer naar daarvoor en wil dit nie meer hê nie. Nou gaan julle weer lekker sleep en kampeer. Al wat my bekommer is dat julle nie wil gaan kampeer in die somer nie. Julle wa het dan lugversorging in!

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 24/10/2023 - 13:55

Middag Chris S

Ongelukkig maak dit net binne koel. As dit 38+C word, dan help diep skadu oor die wa en tent ook nie meer nie. 

Daarmee saam is die waarskynlikheid vir hael, saam met donderstorms net te groot. Versekering sal seker skade betaal, maar ek probeer dit vermy. Wat noem Len dit;

verlore geleentheids onkostes laugh

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus