Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Slaap - wat's dit? Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago
ogies toe Oktober 2026 saam gesels Voortrekker -3 hours ago
Hallo Deon Help met kamp beddens en… Rona du Plessis -4 hours ago
Len?? Verskoning Rona du Plessis -5 hours ago
Een dood Oktober 2026 saam gesels Johann L -5 hours ago
Geelvis Padlangs deur die RSA - Dis… Wessel Strydom -5 hours ago

Meyer's se droom toer.

Sedgefield
Submitted by Jan Meyer on
Forums

So breek die oomblik aan........................................en kon ons die toer begin in Durban.

Na harde werk om die huis netjies en ordentlik agter te laat is die sleutels Sondagoggend om 7uur aan die agent oorhandig. Daarna is die Classique gehak en ons die pad na Johannesburg aangedurf. Pad was redelik stil en na byna 57 jaar van werk jaag niks ons meer nie en het rustig gery. Kon dit sien aan die brandstof verbruik wat my nogal verbaas het want ons is swaar gelaai.

By ons dogter aangekom en  ons seun het Vrydag geland van Papua New Guinea af vir sy vakansie. Gaan 'n paar dae saam kuier. 

Droom toer

Worcester

Wildehont

Tue, 07/11/2023 - 17:28

Sterkte met die prosedure. Ry maar tot in Skukuza vir ‘n aand of twee, dan Satara vir ‘n aand of twee, dan Letaba vir ‘n aand of twee en dan Eiland Spa toe. Alles in die wildtuin natuurlik in vaste verblyf sodat mens nie die dr se opdrag verontagsaam nie.  

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 07/11/2023 - 17:47

Jan, ek sal jou aanraai om by kinders te gaan afpak. Hulle kan jou wa gaan haal, as dit nog nie by hulle in Nelspruit is nie.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 07/11/2023 - 18:11

Voorspoed Jan. 

Daar het n eenvoudige omie by my gewerk wat gereeld siek was. Dan kom hy met sy briefie en sê" Ek is weer onder dokters mishandeling" 

Vasbyt met die mishandling, dit gaan ook verby.

0
Worcester

Wildehont

Wed, 08/11/2023 - 12:22

Eiland Spa van Sondag af. Daarvandaan wil ons einde November begin om ons weg te vind na Knysna.

Nadat julle ‘n paar dae verloor het by Eiland Spa weens mediese redes, mag julle dit dalk oorweeg om ‘n paar dae langer te bly as oorspronklik beplan. Maak net seker julle is weg voor 4 Desember. Ek sien daar word ‘n matriekfees beplan van 4-8 Desember. 

0
Secunda

Sleep nou

Wed, 08/11/2023 - 14:06

Jan sterkte daar en ja desember maand is baie besig by ATKV Eiland hoop jy gesort binnekort.

0
Sedgefield

Jan Meyer

Thu, 09/11/2023 - 13:25

Eiland is uit..........................................................want moet tot Saterdag in hospitaal bly en dan vir 14 dae my baie stil gedra. 

Gelukkig het ek die Classique terug Nespruit toe gesleep toe ek erenstiger geword het en is nou by ons dogter. 

Operasie om prostaat opening groter te maak was ook uitgevoer deur genade. Dr. het my ingedruk want hy is volgende week nie hier nie. Gesukkel om bed te kry in hospitaal en is eers 14h00 gister opgeneem.  Narkotiseer het my besoek en wou nie die narkose doen nie omdat my rooibloedselle te laag was. Gelukkig het hy na my rekord op Lancet app gekyk en gesien dat daar nog nooit 'n probleem was nie. Nuwe toets gedoen - eerste een deur Ampath - by Lancet en resultant was baie beter. Uroloog my toe 17h00 gistermiddag gedoen en ontdek 8 × 8mm galstene en klompie gruis in my wat bygedra het tot my toestand.  Gelukkig Lazer gebruik en kon hy dit uitkry en die prostaat opening groter maak. 

Sal besluit neem nadat ek weer aktief is maar sal heel moontlik Karoo Nasionale park wees en dan Weskus. 

ATKV eiland sê hulle sal ons geld terug betaal nadat ons my saak gestel het. 

DANKIE ATKV.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 09/11/2023 - 15:03

...laat jy nou so 'n ander definisie gee aan "baie kilos gruispad gedoen".

Klink of jy 'n snorkel moet opsit om daai gruis en klippers uit jou uitlaatstelsel te hou.laugh

Grappies op 'n stokkie, dit kon veel erger gewees het, en op 'n baie afgelee plek ook. 

Kuier lekker by kinders, en dan vat julle dit klein spronge met N4, N1 huistoe. Dalk deur Meiringspoort na George om op N2 te kom. Die pad van BWes tot by Oudshoorn is in lieflike toestand, en baie stil. Die snelwee is darem die meeste pleek dubbel bane. 

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 09/11/2023 - 16:35

Ai Jan, jammer om van die gesondheid probleem te lees, baie sterkte vorentoe.

Dankbaar dat dit betyds op gespoor is en vertrou dat dit vorentoe net geter sal gaan🙏

0
Worcester

Wildehont

Mon, 13/11/2023 - 08:34

Sal besluit neem nadat ek weer aktief is maar sal heel moontlik Karoo Nasionale park wees en dan Weskus. 

Soos ek elders vertel het, was die N1 tussen Johannesburg en Drie Susters nie vir my goed nie. As mens baie tyd en geduld het en nie omgee vir die baie vragmotors nie is dit seker nie so erg nie. Maar ek sal eerder die N12 ry. Het dit in Julie gery Kruger wildtuin toe en terug. Klerksdorp deur vat ‘n rukkie en mens moet Kimberley se middedorp mis ry maar verder is dit baie stiller as die N1 en met BAIE minder vragmotors. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 13/11/2023 - 08:58

Môre Jan

Afhangende van jou eie gesondheid en "bestuur sit" faktor, en dan jou vrou se sleep vermoë, en hoe groot jy die spronge wil maak, kan jy ook oorweeg;

Kom met N4 tot by Pretoria, slaap oor by kinders

neem N1 tot by Bloemfontein, oorslaap by Aldam [voor Winburg] of Reynecke park in Bloemfontein

by Bloemfontein neem N8 na Kimberley, slaap oor by Riverside country lodge Ritchie op N12. Gemaklike sprong van Aldam af

sleep N12 langs tot by KarooNP, bly 2 aande om te rus

Van Karoo NP na Knysna jou keuse, maar jy gaan minste passe en trokke hê via Meiringspoort-George -Knysna.

Daar is geweldig baie trokke op N9 en N10 gebruik.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 13/11/2023 - 09:27

Sal graag die pad om Kimberly middedorp wil sien. My GPS vat elke keer " kortpad" deur die stegies, taxi ranks en ou trempaaie. Vra ek vir n alternatief, is dit deur die onderdorp, nog slegter.

Seker omrede die GPS trax for Afrika kaart in het. smiley

 

0
Sedgefield

Jan Meyer

Mon, 13/11/2023 - 09:39

Môre almal...........................................................dit gaan baie goed met my en is besig om te herstel. Kanaal is nou oop en die stroom is lekker sterk soos in my tienerjare.cheeky

Omdat die tyd ons nou inhaal is ons plan om Vrydag of Saterdag direk na Plettenberg Baai Forever oord toe te gaan. Ons wil daar bly totdat ons rondom 10 Desember in  Knysna wil wees. Dink daaraan om van Nelspruit by kinders in JHB te oornag en van daar af na Reyneke park in Bloemfontein te reis. 

As alles volgens plan verloop en ek goed voel sal ons van Reyneke park 'n weg vind na Plettenberg Baai. 

Chris - dankie jou inset gesien oor die padwerke en daarom besluit om Karoo Nasionale park eerder volgende jaar te doen want ons wil dan ook weer Kgalagadi aandoen.

Ons plan is om tenminste 3-4 weke op 'n plek te staan en lekker kuier en die omgewing verken. Verbaas my hoeveel kampplekke nou oop is in Karroo en Twee Revieren. 

 

 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 13/11/2023 - 09:50

Môre Herman

Chris S sal moet help met ompad as jy  van Kambro kant deur Kimberley wil ry Jan Kempdorp se kant toe.

Ek was aangenaam verras dat ons met afgelope toer;

1] vanaf N8 Bloemfontein 'n verbindingspad na die N12 gekry het, deur die nywerheidsgebied, suid van K.ley. Die pad se naam is "Landbou road" op google maps. Ek het heel veilig gevoel en geen kronkels nie.

2] Van die N8 Upington rigting ook met lieflike "nuwe" pad op N12 aangesluit sonder om deur K.ley te sukkel.  

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 13/11/2023 - 10:02

Jan, indien jy van Colesberg met N9 afry, sal jy moet aanhou daarmee om George om op N2 te kom.

Ek dink nie mens kan met 'n woonwa van Uniondale met kort paaie, grond en passe tot by Plett ry nie.

0
Sedgefield

Jan Meyer

Mon, 13/11/2023 - 10:16

Wessel.

 

Ja dit was die plan om van Uniondale na Plet te ry soos wat Google maps wys. Het Colesberg oor George na Knysna gery in Julie en die pad is lekker om te sleep. 

Na ons weer gepraat het soek ons ook oornagplek naby die N1 in JHB omgewing. Ons kinders het nie plek vir die karavaan nie en het ons laaste keer by hulle familie gelos maar vir net oornag is dit 'n probleem. Enige voorstelle sal waardeer word. 

 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 13/11/2023 - 11:10

Man, dit is verblydend om te hoor dit gaan goed met jou.

Jan, vanaf Uniondale na Plett is nie doenbaar nie. Dit is n ruwe stuk grondpad wat eintlik net geskik is vir bakkies. Moet nie eers probeer nie. Beslis nie met n karavaan nie, jy gan dit afskryf, sou jy deurkom.

Jy ry George om. Ons het al tyd gemeet, dit is nou net met Cruiser, en dit neem ewe lank om vanaf Uniondale George om te ry Knysna toe, as oor die Prins Alfred pas deur die agterpaaie knysna toe.

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus