Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -2 hours ago
Chris B... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Kennisgewing. Forum Herstel en terugvoering Johann L -2 hours ago
Kom ek probeer weer Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Dit is die eerste keer wat… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago

Kaskenades in die Kruger tuin

Durban
Submitted by dassie on
Forums
Jare terug is ons op ‘n rugbytoer in Mpumalanga. (Daardie jare was dit makliker om te spel) Ou ‘Dirty Harry’ bestuur die skoolbus. ‘n Negentien Te Min Model Bedford wat meer gerook het as wat hy gery het. ‘Dirty Harry’ is eindelik meneer Campher gewees maar hy het soos Clint Eastwood gelyk. Agter in die bus het , Spikkels, Gerrie en ek gesit. Dit was ons sitplek.
Altyd. Geen vrae nie. Spikkels en ek was die stutte in die span. Spikkels was ‘n lawaaierige laaitie met ‘n borselkop en sproete oor sy neus. So tipe van ‘n Trompie en ‘n Jasper in een gevleg. Hy was moer stout en as daar iewers iets verkeerd geloop het het ‘Dirty Harry’ eerste met Spikkels gaan gesels. Spikkels se ogies was altyd opsoek na iets om op te skroef. En hy het altyd gelag. Al was hy bang, soet of hartseer. Gelag het hy gelag. En die meisies het om een of ander rede om hom rondgehang. Vlam was agste man want hy was lank en maer. Gerrie was senter. Ons was groot pelle. Deel  van die toer het ‘n paar nagte se kamp in die Kruger Wildtuin ingesluit. Om dinge vir die ouers goedkoop te hou was daar besluit dat ons almal in tente sal slaap. Baie van ons het daardie tyd ‘n eenman of tweeman tent besit en dit is in die sleepwa wat ons agteraan gesleep het gepak. Spikkels het so lekker nuwe boogtent gehad waarin amper drie ouens kon pas. Niemand wou egter sy tent deel nie want Spikkels was lawaaierig tot as hy slaap.
Sy gesnork het geklink soos ‘n bad wat leegtap. So nat snotterige uitgerekte geroggel wat in ‘n mens se gat opgeklim het en jou mangels geknoop het. Ons slaap die aand in Letaba (As ek reg kan onthou) Dirty Harry en Haas het ‘n kampvuur tussen die klomp tente aan die gang gekry en ons het ‘hot dogs’ vir ete gehad. Haas was die wiskunde onderwyser en sy het sulke dik brille gedra.
Sonder die brille was sy so blind soos ‘n mol. Sy en Dirty Harry het ook ‘n ding met mekaar aangehad. Dit het ons later die aand uitgevind toe Spikkels almal in die kamp behoorlik wakker gemaak het. Om die vuur het Dirty Harry ons gewaarsku om ons skoene uit te skud voordat ons dit aantrek en ook om jou slaapsak uit te skud want daar is spinnekoppe en skerpioene wat amok kan maak as jy nie versigtig is nie. Vroeër die middag het Spikkels ‘n paar realistiese rubber spinnekop modelle aangeskaf en Gerrie ‘n rubberslang. Die rubberslang was bedoel vir Haas se bed. Net omdat hy wou sien of sy regtig so blind was. Na Dirty Harry se waarskuwing het Spikkels weggesluip en sy spinnekoppe oral in strategiese plekke gaan wegsteek. Skoene en kopkussings was sy voorliefde. Hy het vir Gerrie gehelp om die slang in Haas se slaapsak te plant. Wat Spikkels nie geweet het nie is dat ek en Vlam ander planne gehad het. Ons het gereken dit sal groter pret wees as die slang in Spikkels se slaapsak beland. En ons was reg. Dit was groter pret. Heelwat meer as waarvoor ons ooit kon hoop. Haas en Dirty Harry het in sy tent ‘kaarte’ gespeel terwyl hulle gewag het dat ons klomp begin bedaar en gaan slaap. Belinda, een van Haas se netbalspelers het eerste gegil toe sy een van Spikkels se rubber spinnekoppe in haar tent ontdek het. Gerrie, wat nogal ‘n ogie op haar gehad het, het met ‘n spoed haar tent ingevaar met ‘n rugby tok en die spinnekop plat geslaan en weggevat. Voordat hulle kon sien dit was ‘n rubber spinnekop. Sy was nogal dankbaar en het Gerrie ‘n drukkie gegee oor hy so braaf was. Gerrie was in die sewende
hemel. Die volgende slagoffer was Aalwyn en Spyker Maritz. Die tweeling het elk ‘n spinnekop in hul slaapsak ontdek. Amper gelyk. Hulle het woes uit die tent gestrompel en half oormekaar buite op die gras beland. Nadat hulle uitgevind het dit was rubber spinnekoppe het die ander twee spinnekop lokvalle nie heeltemal gewerk nie. Haas het al die meisies se tente deurgegaan en Spikkels ‘n kwaai kyk gegee waar hy langs die vuur gesit en glimlag het. Hy het net met ‘n frons gemaak of hy wonder hoekom sy nou eindelik na hom kyk. Later toe die vuur dood is en die meeste al geslaap het, het Spikkels ook besluit die nag raak lank.Haas en Dirty Harry
se tent was toe maar ‘n liggie het gebrand.   Wat ons nie geweet het nie is dat Spikkels skoon van Dirty Harry se waarskuwings vergeet het en het in sy slaapsak ingeklim sonder om dit uit te skud. Toe hy mooi in is het hy gevoel hy is nie die enigste besoeker in die slaapsak nie. Met ‘n luide gelag wat soos ‘n honger hyena gekruis met ‘n kwagga geklink het, het hy met slaapsak en al probeer om uit die tent te kom. In sy haas het hy nie kans gekry om te soek vir ‘n deur nie. Hy het binne die tent al begin hardloop. Hy het die klein tent uit sy tentpenne gehardloop en is met tent en al daar weg. Ons het dit alles gesien gebeur. Van buite was dit heel snaaks. Dit het gelyk asof die tent ‘n lewe van sy eie aangeneem het. Die tent het woes heen en weer gewaggel soos Spikkels binne probeer het om uit die slaapsak te kom. Teen die tyd het meer as een tent oopgegaan en
kinders het die lewendige tent raakgesien. Spikkels het nog steeds gelag blaf en is binnein Dirty Harry se tent in. Soos die noodlot dit mos maar wou hê. Dirty Harry se tent het oopgevlieg en juffrou Haas het sonder ‘n broek uitgespring. Sy het nie tyd gehad om haar brille op te spoor nie en het glad nie gesien dat die hele kamp haar dun beentjies onder haar hemp sien uitsteek het nie. Dirty Harry het ook met min klere onder Spikkels en sy tent uitgesukkel. Teen die tyd het Spikkels bedaar en agtergekom hy is nog nie dood gebyt deur die ding in sy slaapsak nie. Hy het ook uitgerol en teen Haas se bene te lande gekom. Spikkels het opgekyk en onder die hemp iets gesien wat hom vir die eerste keer nie laat lag het nie. Haas het uiteindelik agtergekom dat almal teen die tyd wakker is en het in sirkels na haar eie tent gesoek. Een van die netbal meisies het haar gehelp om in haar tent te kom. Toe sy buk om in te klim het ons ook gesien wat Spikkels van naby gesien het. Die juffrou het met die kaartspel haar onderklere ook verloor. Ons was dit eens. Ou Dirty Harry was ‘n goeie kaartspeler. Spikkels moes daardie aand woes verduidelik dat hy vir eens onskuldig was en dat iemand hom ‘n poets gebak het.  . Ons het hom nooit vertel hoe die slang in sy slaapsak beland het nie. Hy wou ons ook nie vertel wat hy gesien het toe hy tussen Haas se bene opgekyk het nie. Dit sal ‘n duister geheim bly.
Haas en Dirty Harry het nie weer op die toer kaart gespeel nie. Nie waarvan ons geweet het nie. NB Haas en Dirty Harry is na die toer getroud en sover ek weet hou hulle nog steeds skool Cheers  
Port Elizabeth

Frieps

Tue, 14/11/2017 - 04:31

Dankie vir die lekker-lees storie, Dassie.   Dirty Harry en Haas moes van beter geweet het.  Jy kan nie kaart speel met sulke sproetgesigte rondom jou nie.surprise

0
Secunda

Sleep nou

Tue, 14/11/2017 - 06:48

Ou Dirty Harry het aanbeweeg en flieks gemaak ou has nooit weer gesien lekke gelag nou

0
Pretoria

Kamp is Koning

Wed, 15/11/2017 - 23:17

Hahaha ja lekker gelag vir die storie.

Die spikkels karakter laat my nogals terug dink aan ou borsel n skool vriend van die skool jare met dieselfde geaardheid en borselkop. Hy het altyd seker gemaak dat daai borsel kop voor elke groot wedstryd vars en kort geskeer was as ons in daai voor ry sak.

Nie lank nie of die opponente begin by die ref kla oor die gekrap in hulle gesigte in die skrums en gewoonlik nie lank daarna nie sping daar een regop in die skrum en kla hy was geslaan.

Maar botter kon in die vroome borsel maater se mond nie smelt nie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus