Forums
Dis vandag my jongste Marlize se laaste skool dag vanaand matriek afskeid en dan eind eksamen. Ek kan nie glo tyd vlieg so nie nou die dag was sy in graad een die eerste nedbal / hokkie / landsdiens/ krieket game was ek en Berdien daar was ook by die laaste games gewees eish my kind jy word groot lief jou baie Liefde jou Pa
Sleep nou, ja tyd vlieg en…
Sleep nou, ja tyd vlieg en leer mens om elke sekonde saam met jou kinders so veel as moontlik te geniet en om hulle op te bou!
Shaun, dit is soos Freda sê,…
Shaun, dit is soos Freda sê, gemengde gevoelens.
Sterkte met die pad vorentoe.





Shaun & Berdien
Ai, dit is 'n tyd van gemengde gevoelens. Blydskap dat sy die mylpaal bereik het maar ook hartseer. Alles wat mens saam met jou kinders op skool doen, veral sportbyeenkomste, bly van mens se mooiste herinneringe.
Julle weet julle het haar voorberei vir die grootmenslewe. Ek hoop sy het baie mooi gelyk en die matriekafskeid geniet. En alle sukses aan haar vir die eindeksamen. Mag dit met haar goed gaan en ook op haar pad vorentoe.