Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Smokey Joe Braai met 'n Weber Geert -1 hour ago
Tyd tot Junie'27..... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -10 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -11 hours ago
Afrikaanse Forum Afrikaanseforum.co.za Maria Lock -15 hours ago
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -23 hours ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -23 hours ago

Sein in die wildtuin

Pretoria
Profile picture for user Geert
Submitted by Geert on
Forums

Jammer....hierdie vraag is seker al bespreek, maar ek het toe nie mooi opgelet nie. Met ons besoek aan KNP Julie maand het my seun redelike goeie data sein nodig om werks opdragte deur te stuur. Ek het byvoorbeeld by Satara relatiewe sein met cell-C gehad, maar weet nie of dit voldoende is vir sy werks opdragte nie.

Is daar byvoorbeeld by Satara se restaurant en ontvangs n "signal booster" waar mens beter sein gaan optel?

Kampe wat ons gaan besoek is Berg en Dal, Skukuza, Satara en Lower Sabie

Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 29/04/2024 - 15:07

Toe ons onlangs by Wagonsdrift was, het niemand van ons 9 mense data sein in kampeer area gehad nie.....behalwe een vriend wat LTE gehad het. Ons almal het toe via sy wifi hotspot gewerk sonder probleme. Dink julle LTE sal n oplossing in wildtuin wees?

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 29/04/2024 - 15:18

Geert, ons het 'n draadlose D-Link rooter wat ons in huis gebruik, en oral saamry. Daarin het ons 'n gewone Cell-C simkaart. 

Ons het oral sein gehad in Kruger, dalk effe swak in Punda. Of dit vinnig genoeg vir 'n student is, sal ek nie weet nie.

Wat en waar studeer jou seun, ekskuus sommer nuuskierig

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 29/04/2024 - 15:24

...ek het gou op die boks gekyk. Die D-Link rooter is 'n 4G LTE router. Volgens die boks is dit 300Mbps in WiFi hotspot.laugh

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 29/04/2024 - 15:27

Salomien het ook altyd sein nodig vir haar besigheid. By Mopani is daar WiFi te koop by die konferensiesentrum. Of dit beskikbaar is in die kampe wat julle gaan besoek sal ek nie sê nie. 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 29/04/2024 - 16:44

Wessel. Dankie...sal na die opsie kyk...werk dit beter as n sim in n selfoon?. Hy studeer Game Design. 

Wildehont. Dit klink na goeie opsie. Daar waar ons afgelope naweek was, was ook geen sein nie en moes deur oord se wifi gewerk het wat baie nice gewerk het vir ons. Sal uitvind by Satara of hulle so iets het

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 29/04/2024 - 16:50

....ek verkies om op 'n PC of skootrekenaar te werk, bloot omdat vir my oge werk die normale skerm beter as die ou piepklein skermpie van 'n foon.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 29/04/2024 - 17:52

... ek weet vir 'n feit dat Berg-&-Dal het vir alle praktiese doeleindes amper geen sein nie. Ons ry gewoonlik Malelane-hek toe vir dringende internet "dinge".

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sun, 09/08/2026 - 16:06

Ek weet nie of wildtuin sein versterkers aangebring het nie, maar met afgelope kuier in die wildtuin het ons goeie sein in al die kampe waar ons was gehad. Dit is nou Satara, Skukuza, Lower Sabie, en Malelane.....laasjaar se besoek aan Berg-en-Dal. Laasjaar het ons nog gesukkel met sein by Lower Sabie....kon eintlik nie eers n WhatsApp deurstuur nie, maar hierdie jaar was sein geen probleem nie...kon alles doen en spoed was vinnig. Die wifi opsies het ek net by Skukuza en Satara gesien. Ek het dit nog nie gebruik nie, maar jy kry lyk my die eerste 30min gratis....daarna moet jy gaan aankoop by ontvangs. Weet ook nie wat die tariewe, betroubaarheid en kostes daarvan is nie. Jy moet inlog met jou besprekings nommer....dis hoe hulle seker kan monitor of jy reeds jou gratis 30 minute gebruik het. Password word seker aan jou besprekings nommer gekoppel sodat nie hele kamp kan inlog as jy password kry nie. Sal graag wil hoor hoe mense wat dit reeds gebruik het, dit ervaar.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus