Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Braai rots of net.... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -16 minutes ago
Lava Stone.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Die BOm program Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -4 hours ago
Graniet Oktober 2026 saam gesels neef Herman -4 hours ago
Lava stone vir kosmaak Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -5 hours ago
Hot Rock - steeds nie die einde nie.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -14 hours ago

Tsendze KNP

Brits
Submitted by wessels on
Forums

More alle kampers

Ek kyk so na die foto van Len, geneem van staanplek in Tsendze, en ek was nog nie daar nie. Ek sal dus graag wil hoor;

of dit aanbevole is,

hoe vergelyk dit met Balule

is dit omhein, elektrisiteit beskikbaar

indien nie, is daar ook gemeenskaplike gas vrieskaste 

Ek verkies mede kampers se indrukke oor 'n plek bo gloeiende advertensies van plekke op die internet of in tydskrifte.

Groete

Wessel

 

google kaart
Waar my wa staan

Arie

Fri, 12/10/2018 - 09:08

Wessel, stem sam met jou, party advertensie kan plekke soos hemel op aarde laat lyk.

Probleem wat ek het is dat kampeerders so hemels bree verskil in smake het, ek was al op plekke wat vir ons baie lekker was en ander mense reken jy moet wegbly daar. Dan ook andersom, ek probeer maar uitvind by mense wat ek weet selfde voor en afkeure het as ons?

0
Centurion

Voortrekker

Fri, 12/10/2018 - 16:11

Jammer oom Wessels maar ek ken nou ongelukkig nie die plek waarna jy hierbo verwys nie.  Miskien eendag sal ek ook weer 'n kansie kry om KNP toe te toer en dan al die plekkies bekamp en terugvoering gee.       Hopelik is my terugvoering darem oraait smiley

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 13/10/2018 - 09:53

Soos Arie tereg sê, is elkeen se verwagting en waarvan hy/sy hou verskillend. Ek is 'n Krugerwildtuin-mens deur en deur. Elke hou van elke kamp in die Krugerwildtuin - van sommige net meer as ander. Tsendze is wat ons aanbetref, die juweel van die Krugerwildtuin.

Om eerstens jou vrae te beantwoord:

Tsendze is beslis aan te beveel.

Ek het jare gelede laas in Balule gebly (dit is grootliks die stuk gruispad na Balule wat my daarvan weerhou om daarnatoe te gaan) en kan nie die twee kampe vergelyk nie.

Ja, Tsendze is omhein, maar beskik nie oor elektrisiteit nie. Jy maak self die kamp se hek oop en toe. Ons het aangepas om met 'n gewone konvensionele padkaravaan met gemak vir 7 nagte op 'n keer in Tsendze te bly. Ek gebruik 'n Snomaster vrieskas wat in my bakkie bly terwyl ons daar is. Verder gebruik ons 'n Coleman koelhouer om dié goed wat jy net koel wil hou, in te berg. "Ice bricks" word elke oggend en aand geruil. Ons koop ook ys by die naby-geleë Mopani. En ja, daar is gemeenskaplike vrieskaste.

Ons is in 2015 aan Tsendze voorgestel toe ons besoek gebring het aan die aangrensende Mooiplaas piekniekplek. Ons het 'n geselsie aangeknoop met 'n paartjie wat op daardie stadium in Tsendze gekamp het. Hulle het ons aangemoedig om 'n draaitjie deur die kamp te gaan ry - wat ons toe (teen die reëls vir dié wat nie daar bly nie) gaan doen het. Daar en dan het ons besluit dat Tsendze sal die volgende jaar deel van ons wildtuin-reisplan wees. Nadat ons vir twee agtereenvolgende jare vir 7 nagte elk in Tsendze gebly het, het ons besluit dat geen kampeer-besoek aan die wildtuin hierdie juweeltjie sal uitsluit nie.

Jy kan jou staanpleknommer vooraf (sodra jy jou besprekings-verwysingsnommer ontvang het) by Mopani se ontvangs (waar jy moet aanmeld) bespreek. Die eerste jaar (2016) het ek my verlaat op die aanbevelings van deelnemers op Sanparke se forum. Ek kon nie die eerste paar keuses kry nie, maar No 13 was klaarblyklik ook gewild. En watter fantastiese staanplek was dit nie. Dit is asof jy op jou eie in die bos staan. Hier is twee foto's daarvan.

Tsendze

Tsendze

Die ablusies en kombuisgeriewe word deur die opsigterspaar, Rodger en Elinah, netjies onderhou. Alhoewel daar ook storte binne die ablusies is, beskik elkeen van die twee ablusiesblokke oor twee buiteligstorte elk vir mans en vrouens.

Tesndze

Tsendze

Die kombuis-fasiliteite.

Tsendze

Ons het twee herlaaibare LED lanterns aangeskaf en die wa se ligte met LED's vervang. Sodoende kom ons met gemak oor die weg vir 'n hele week sonder 220V elektrisiteit.

Ons kon nie in 2017 weer staanplek No 13 bekom nie. Maar No 26 word hoër ge-"rate" deur gereelde Tsendze-gangers. Ons was gelukkig om laasgenoemde te bekom (ook vir volgende jaar). Dit is 'n fantastiese staanplek teen die draad en baie naby aan die een ablusieblok.

Tsendze

Ons het verlede jaar die twyfelagtige voorreg gehad om 'n mamba in die appelblaarboom (wat net-net nie op die foto sigbaar is nie - voor die karavaan se neus) dop te hou wat besig was om die boomrotte behoorlik die skrik op die lyf te jaag.

Tsendze is geleë in die struik-mopanieveld gedeelte van die wildtuin. Die meeste van die toeristepaaie deurkruis dan ook dié ietswat ongewilde tipe habitat. Ons geniet egter die struik-mopanieveld omdat jy die meer skaarser wildsoorte hier te siene kry. Olifante en buffels is volop. Ons het al die groter roofdiere al hier gesien - leeus, luiperd, jagluiperds, wildehonde, hiënas en selfs 'n rooikat. Tropiese grysbokkies, tsessebe's en elande word gereeld gesien. Ons was verlede jaar gelukkig om 'n troppie van 8 bastergemsbokke te kry.

Die naby-geleë Shipandane-skuiling (waar jy ook kan oornag) is een van ons gewilde plekkies om te besoek. Hier word jy gereeld voorgekeer deur olifante wat die laagwaterbruggie benut om water uit die Tsendze-spruit te drink.

Tsendze

Ons is DV weer op staanplek No 26 vanaf 20 tot 27 Mei 2019.

0
Vaalpark

Johann L

Sat, 13/10/2018 - 12:23

Chris, dankie vir so deuglike verslag, ek het dit geniet om dit te lees, en is sommer opgewonde vir Wessel se part.

Wessel, nou jan jy mos sommer lekker daar gaan kamp, met staanplek nos om van te kiesyes

 

0

More Chris en ander

Baie dankie

Dit is nou wat ek noem sekerlik die mooiste kamp en besksrywing.

Ek sal dit rerig moet gaan besoek. Die wederhelfte moet net die deel oor die mamba mislees in jou beskrywing.

Ek is ook hheltemal 12V ingestel, met 'n 160 watt sonpaneel, gekoppel aan 2 batterye van 105Ahr. Die lekker van die gemeenskaplike vrieskaste is dat mens jou gevriesde goete daar kan berg.

Groete

Wessel  

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 07/05/2024 - 08:06

... was destyds die plaaslike veldwagter. 'n Ou skoolmaat van my, Franci Krone, was goed bevriend met Oelie (soos wat hy onder vriende bekend was). Franci en sy vrou Mariaan het verskeie kere by Oelie gaan kuier. Hulle was ook daar tydens die bouproses van Tsendze en het saam Oelie daar gaan bly in die nagte om olifante te verwilder. Franci ken ook vir Elinah van daardie tyd af.

Franci gaan sedertdien jaar na jaar Tsendze toe gedurende Mei waar hy altyd op No 25 kamp. Hy't my al baie staaltjies vertel van dae in die veld saam met Oelie asook die aande in 'n "rou" Tsendze.

Elinah vertel in die video van die Mosambiekse spoegkobra in die dak. Ek het o.a. vir Rodger gevra of daar nie baie slange is in Tsendze nie - a.g.v. die ruig plantegroei. Hy't my die versekering gegee dat hulle geen probleme met slange het nie.

En toe kry ek en Ralie die mamba in die appelblaarboom bo ons karavaan op No 26. Ons het die buurman (op No 27) geroep om te kom kyk. Hy't o.a. 'n video van die mamba geneem en natuurlik vir Rodger daarvan vertel. Ons het nie die betrokke aand vir Rodger en Elinah op hulle gebruiklike aandrondtes gesien nie. Die volgende oggend toe Rodger die braai kom skoonmaak, sê ek hom dat hy weet te vertel daar's nie slange in Tsendze nie. Nog voordat ek verder kon praat, kom hy met die "witty" antwoord dat hy die vorige aand op News24 verneem het dat daar 'n mamba by No 26 was.

Twee wonderlike mense - Rodger en Elinah. As ons in die kamp is wanneer hy 'n skopsuil of gebande uil se slaapplek deur die dag vind, kom roep hy my om te kom kyk. Hy't ook al vir my die pragtigste foto's gewys van "sightings" wat hy afgeneem het wanneer hy met sy aftye huistoe ry of terugkeer.

Ek het nou só 'n groot hunkering na Tsendze waar ek in 2021 laas was.

0
Pretoria

Geert

Tue, 07/05/2024 - 15:36

Ek was nie bewus dat dit nog so n jong kamp is nie. Elinah lyk ook of sy n trots in haar werk het en n aanwins is vir KNP

0
Worcester

Wildehont

Tue, 07/05/2024 - 20:49

Dankie vir die video Geert. Dis een van ons gunsteling kampe. Ek en Salomien was die eerste keer saam daar in Desember 2008. Dit het gewemel van mopaniewurms. Ons stoele en seil boogtent was heeltyd oortrek van hulle. Toe ons daar kom was daar ‘n bynes in die appelblaar naby ons staanplek. Rodger het hulle probeer uitrook maar hulle net die hel in gemaak toe steek twee Salomien in haar nek. Een middag het ‘n paar olifante ons voorgekeer oppad terug kamp toe, en was ons bietjie laat. Mooiplaas piekniek plek was toe nog ‘n nes van taxi’s waarvan die passasiers geraas en gedrink het. Ons kon hulle van ons staanplek af hoor.

Ons eerste besoek was dus nie so lekker nie, maar ons was intussen klomp keer terug en het elke keer terdee geniet. 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 07/05/2024 - 21:24

Pragtige kamp. Ons sal net nie weer in 'n November daar bespreek nie. In 2022 sou ons vir 3 dae daar oorstaan. Tussen daardie bome het die hitte absoluut dooie-rus gevat - geen roering van 'n luggie nie. Wat ons egter in die kampie laat omdraai het was die allerverskriklikste geskree van sonbesies (nie 'n paar soos mens dit bv. in die Bosveld ken nie, miljoene!). Ons het toe die 3 nagte by Shingwedzi gekry, waar ons dan 5 aande oorgebly het. Hier het die Mopaniemotte dit ook nie prettig gemaak nie. So, miskien die wintermaande in die vervolg.

0
Pretoria

Geert

Mon, 02/06/2025 - 07:58

Ek lees op die ander drade dat julle spesifieke staanplek nommers bespreek. As ek byvoorbeeld 1-4 Junie bespreek en môre kry ek kanselasie vir 4-5 Junie en later miskien nog n dag. Kanse is baie groot dat dit almal op verskillende staanplekke gaan val.....beteken dit as ek n bespreking op maak uit n klomp kanselasie dae dat ek heeltyd sal moet rondskuif in dieselfde kamp?

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 02/06/2025 - 09:26

....ek dink jy is 100% korrek. 

Ek vermoed ook dat kort kennisgewing bespreking van pleknommers, 'n probleem kan wees. Jy gaan dalk nie kry wat jy graag wil hê nie.

Ek het verlede jaar, met oopmaak van bespreking, my kampe bespreek vir vanjaar Meimaand. Twee dae nadat ek my besprekingsnommers gekry het, kon ek NIE meer my voorkeur staanplek kry nie. Ek moes tevrede wees met my 3de keuse. Gelukkig was dit ook van die beteres, vir my doeleindes.  

0
Worcester

Wildehont

Mon, 02/06/2025 - 09:47

Dit moet vrek moeilik wees om die staanpekke by Tsendze toe te ken. Sodra jy jou bespreking gemaak het kontak jy Mopani se ontvangs met jou voorkeur staanpleknommers. Hulle sê dan wat is beskikbaar, en jy bespreek ‘n spesifieke een. Die gewilde staanplekke soos nr 3 is al moeilik om te kry op daardie tydstip. Teen die tyd gaan jy maar moet vat wat jy kry, en as dit saamgeflansde kansellasies is, is die kanse seker baie goed dat jy nie al jou dae op een staanplek gaan kry nie. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus