Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
13 Oktober - nm Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Lapskag dit is foto's wat ek… Uitsig Agri Voortrekker -13 hours ago
Baie mooi fotos Anton,… Uitsig Agri Lapskag -13 hours ago
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -17 hours ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -21 hours ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -22 hours ago

Lapskag se Krugerwildtuin kuier toer

Jeffreys baai
Submitted by Lapskag on
Forums

Goeie dag julle almal wat nie saam op toer is nie, maar wat ook iewers 'n beurt gehad het of dalk weer ene gaan kry. Met die wat Len en Chris so baie gespog het om te kom toer het ek en Nellie ook die gier gekry om saam te kom toer en het toe ook so bespreek om op 'n paar plekker te kan kom kamp. Met die doel om vir Len en Chris Boucher raak te kamp. 

Ons het toe bespreek en begin by ;

Malelane hek die 6de (reeds verby en kuier oor 'n wyntjie saam Len en Anetjie)

Berg en dal van 7Mei tot 12de

Skukuza van 12 Mei tot 19de

Onder Sabie van 19 Mei tot 24ste

Krokodil brug van 24ste tot 1ste Junie

Ons sal saam Len hulle kuier op Skukuza en wou saam Chris hulle kuier op Onder Sabie, maar toe kry die ver kinders voorkeur (wat reg is) en ons gaan nou maar alleen daar kuier. In Krokodil brug sal ons saam met swaer van Mosambiek kuier en hoop om dalkies 'n vissie te braai.

So hier is ons program vir die volgende paar dae en sal probeer om fotos by te sit sodra geneem is.

Vaalpark

Johann L

Fri, 31/05/2024 - 13:28

Veilig terug ry, ja maat alles kom alles tot 'n einde maar dit was die moeite werd as mens terug kyk.

Dankie vir die gesêls en deel met ons huis sitters.

Lyk nie of dit nodig is om daai pot eers te was nielaugh

En so verorber jy die pot tot hy leeg is

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 31/05/2024 - 17:15

baie dankie vir al die foto's en meer,,,dit was lekker saam met julle in die wildtuinlaugh

Sal net nog alpad wonder of jy meer te wete kon kom oor die leeus en benoude buffel van gisteraand?

Hoop julle het 'n veilige pad tot by die huis.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 31/05/2024 - 17:46

Lapskag - ek is so bly om te lees dat daar nog mense is wat reken dat seekos innie bos is lekker. Ekself is nie 'n groot "fan" van mossels nie, maar sal tog lekker saameet - veral met 'n lekker varsgebakte potbrood wat jy in die sous doop.

Ek dink sommer onwillekeurig aan die laat 90's by Eiland - toe nog Aventura Eiland. My seun was nog op skool en was toe 'n ywerige perlemoenduiker (toe dit nog wettig was). Ons het perlemoen saamgeneem Eiland toe en dit een aand saam met vriende as voorgereg bedien.

Die perlemoen is in dun skyfies gesny en gekap met 'n vleishamer om op 'n gietysterplaat te bak. Synde die kampeertafels nie stewig genoeg is vir 'n kappery nie, het ek dit na die kombuisgeriewe geneem om daar op 'n stewige blad te kap.

'n Tante kom toe by die dames-ablusies uit en bekyk die spulletjie so - vra toe wat dit is wat ek kap. Perlemoen gee mos maar 'n melkerige sap af as jy dit kap. Met 'n uiters "disgusted" kyk in haar hele gesig, vra sy of ons dit eet - waarop ek bevestigend antwoord. Met die wegloop sê sy: "Lyk my julle Kapenaars sal ook enigiets vreet".

Maar 'n mens hoef nie net vleis te "vreet" as jy in die bos kamp nie. As ons mekaar dalk eendag weer raakkamp sal ek jou vooraf herinner om 'n mosselpot te maak. Ek sal die potbrood bak.

0
Jeffreys baai

Lapskag

Fri, 31/05/2024 - 19:04

So 'n stukkie getuienis, ons vra al die hele week vir Liewe Jesus of ons nie maar 'n volwasse luiperd kan sien nie. Vanoggend is ons mos so met die koffie in die hand hier weg om maar vir oulaast te gaan kyk wat ons kan sien. Op die H5 besluit ons maar om in te draai vir so 'n wyle en dan terug te gaan. Net so voor die rivier loop staan 'n paar karre, maar sien nog niks. So skuif die ene om te ry en ons skuif vorentoe, kyk maar sien nog niks want die een bos is nog so half in die pad. My oog vang 'n beweeging en ek skuif nog so raps vorentoe, en siedaar, daar sit /lê ta in die boom besig om te smul aan 'n rooibok. Moes eers mooi kyk, maar ons is toe beloon. Dankie Liewe Jesus wat ons gebede verhoor het. Dit is lekker om dit met julle te deel. In die proses het die hiëna ook nader gestaan om so paar stukkies op die grond te kom op tel. Voorwaar 'm baie geseënde dag vir ons.

 

,

,

,

,

,

0
Pretoria

Geert

Fri, 31/05/2024 - 19:10

Mooi afsluiting Lapskag. Dankie vir deel van jou foto's en ervarings. Veilig terug sleep 

0
Jeffreys baai

Lapskag

Fri, 31/05/2024 - 19:11

Hi Rona, ja ek het gaan probeer uitvind oor die onaartse geluide maar niemand kon met my bevestig nie. So ja ons dink wat ons wil maar kan dit nie hardop sê nie.

En so het die son dan ook vir die laaste keer gesak vir ons hier in die wildtuin. Dankie vir almal se saam lees en kommentaar. Nou vir die terug ry so kuier kuier en dan is ons weer rustig tot die volgende toer wat eendag sal plaas vind. Van hier tot in Parys (Vrystaat), Bothaville by my Sus en dan oupa en ouma dag in Bloem dan vat ons weer pad daar waar die wind waai.

,

,

0
Pretoria

Geert

Fri, 31/05/2024 - 21:51

Laasjaar het ons ook geluide gehoor vanaf personeel huise by Krokodilbrug. Ook gedink fie ouens op nag besigtiging gaan iets mooi sien. Daar was niks. Wonder of daar nie mense met speakers speel nie

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 01/06/2024 - 06:52

Klassieke luiperd toneel, so in boom met bok. Ek verstom my altyd hoe hoog hulle met daai karkas kan klim. 

Julle het voorwaar 'n lieflike tyd in Kruger gehad.

0
Vaalpark

Johann L

Sat, 01/06/2024 - 06:58

Fantastiese fotos, dit moet ek nog beleef, herinnerings wat julle gaan behou.

 

0
Worcester

Wildehont

Sat, 01/06/2024 - 09:51

Dis die lekker as hulle met ‘n vangs in ‘n boom is. Hulle verdwyn gewoonlik nie dan sommer nie. 

0
Jeffreys baai

Lapskag

Sat, 01/06/2024 - 16:55

Veilig gery op 'n baie besige pad, die ander mense was oppad sokker toe in Nelspruit en trokke oppad huistoe.

Hier staan ons huisie nou by Eastco in Parys. Aansienlik kouer hier as in die wildtuin. 

'

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 01/06/2024 - 19:09

Hoe lank beplan julle om daar te bly. Jy slaan darem netjies op vir net 1 aand se oorslaap.

Vrystaat temperature, veral oggende is Baie kouer as wildtuin temperature.

0
Jeffreys baai

Lapskag

Sat, 01/06/2024 - 19:56

Hi Wessel, ons gaan so 5 aande oorstaan. Dankie vir die kompliment, ons probeer maar elke keer mooi opslaan want daar is nog FS nommerplate op my kar en karavaan. Moet ons naam hoog hou. wink

0
Jeffreys baai

Lapskag

Mon, 03/06/2024 - 15:34

Sjoe, dit het redelik koud geword so oornag na gister se reën. Het maar 'n kerrie gereg gemaak om die innerlike te versterk. Ek sien môre oggend is dit minus, dus kan dit maklik ryp ook. Groot temperatuur verskil tussen wildtuin en hier. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 03/06/2024 - 16:10

middag Johan, ek kan glo dis koud daar naby Parys en die Vaalrivier. Selfs hier in Brits het die temperature gedaal na lekker aanvaarbare 19C.

Julle moet nou maar soos soet kindertjies in die bed bly en soos komete, net uitkom om te eet.laughdevil 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 03/06/2024 - 16:23

Lyk my ons is net betyds weg doer onder vanaf Cradock en Graaff Reinett omgewing. Daar word blykbaar van môre af selfs sneeu op bergtoppe voorspel. 

0
Jeffreys baai

Lapskag

Tue, 04/06/2024 - 19:13

So met die ryp saam vanoggend kon ek die foto neem van son strale en mis in die bome op die eiland in die Vaal rivier. 

'

0
Jeffreys baai

Lapskag

Thu, 06/06/2024 - 07:52

En so kom ons ook aan die einde van die kamp toer. Slaan vir die laaste keer kamp op en slaap by my Sus en die kinders in die huis van hier af. Ons moet nog die pad huistoe vat maar na die kuier, maar is nie kamp nie. Dit was nou baie lekker gewees. Nou sal ons maar versigtig aan die volgende kamp / toer moet beplan. Reeds 4 so in die lugkasteel gesit. Groete eers vir nou, sal laat weet wanneer ons weer tuis is vir die wegpak en skoonmaak. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus